Afdeling van die Volksraad Verkiesing Kommissie > Algemene Besprekings

DA en AVP het iets in gemeen!

(1/2) > >>

Bittereinder:
Uit nuuskierigheid gaan loer ek netnou in by die AVP se webblad. Dit was 'n fout, want die besoek het my gesondheid effens aangetas. Dis eintlik 'n baie dom fout! Aangesien elke besoek aan hul webblad my gesondheid aantas, ek leer net nie my les nie.

Terwyl hul leier (wat glad nie 'n hoë dunk van homself het nie aangesien sy foto seker per abuis langs ware volkshelde uit ons geskiedenis geplaas word op hul voorblad) kerm en kla oor die mislukking wat die verkiesing kamstig was, sit en wonder ek maar weer, wat doen jy vir ons volk se vryheid? Skielik tref dit my, die DA was mos so vyandig teenoor 'n VVK-registrasiepunt in die ooste van Pretoria in Februarie vanjaar. Amper net so vyandig soos die einste AVP dan is! Miskien kan die twee partye mekaar vind, veral met 'n gemeenskaplike vyand, die Boerevolk! Die hele idee van vryheid grief beide hierdie groepe, dis eintlik so klein bietjie pateties en slapperig.

Aan die ander kant van die muntstuk lees ek in die nuutste "Afrikaner" dat oom Manie Maritz ook sy deel op stemdag gedoen het. 'n Ware volksman, en miskien vreemd aan die AVP, 'n man wat vryheid nastreef! Miskien moet die selfverhewe heer van die AVP self gaan kyk in watter hoek hy staan, mits hy nie 'n draadsitter is nie.

Ons volk, of dit nou 2463 of 22826 mense is, is op pad na iets buite hierdie duiwelse bestel. 24 September 2011 het dit duidelik bewys. Ek glo met alles in my dat die God van Bloedrivier en Majuba, en steeds die God van vandag met ons is. Ek glo dat ons self skouer aan die wiel moet sit, en na afloop van die harde werk moet beken: "ALLE eer aan God!"

Sanderis:

--- Aanhaling van: Bittereinder op October 04, 2011, 12:59:56 PM ---Ek glo dat ons self skouer aan die wiel moet sit, en na afloop van die harde werk moet beken: "ALLE eer aan God!"

--- End quote ---

Hy alleen bied ons die krag wat ons nodig het om te doen wat gedoen moet word . Volhard in jou Geloof .

Adri van Staden:
Dankie Leon. Ek wil jou laaste paragraaf met "eksklamasie" steun!

Bittereinder:
Jan Beyers, Ek sien jou AVP-leier vriend het jou briefie op hul webblad geplaas. Hy sê nou wel dat die trant van jou skrywe baie van jou karaktersamestelling verraai. Maar Jan, verraai eerder jou karaktersamestelling as jou Volk, die feit dat hierdie heer 'n volksverraaier is dui op sy karaktersamestelling. Ek dink jou skrywe was in die kol! Dis presies hoe 'n Boer met 'n verraaier moet praat!

Clem de Klerk:
Vriende, moet nou nie te veel aandag aan die paar verlooptes gee nie - hulle is werklik van geen belang nie en die begrip volksvryheid is vir hulle net so vreemd as wat dit is vir die DA.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version