Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria  (Read 663 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1622
  • Verkenner
Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« op: October 05, 2011, 09:27:26 AM »
Goeie dag Willie,

Na my aanvanklike teleurstelling dat Radio Pretoria nie die nuuskonferensie waar die Volksraad aangekondig is, direk uitgesaai het nie, wil ek graag ’n beroep op die Radiostasie doen om wel die inhuldiging eerskomende Maandag 10 Oktober 2011 direk uit te saai.

As na die stem persentasies in Radio Pretoria se opvangsgebied gekyk word, kan ’n mens sien dat die radio ’n groot impak op die aantal stemmers in daardie streke gehad het. Dit beteken dus dat die radio se luisteraars ook ondersteuners van die VVK was. Omdat almal nie fisies by die inhuldiging kan wees nie, sal hulle dit sekerlik waardeer as hulle die stukkie geskiedenis op die radio kan volg.

Ek sal verheug wees as dit die geval is.

Boere groete,

Alwyn de Klerk
Staatspresident: Bravoland

Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1622
  • Verkenner
Re: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« Antwoord #1 op: October 05, 2011, 09:29:18 AM »
Bravolanders, indien julle my mening deel kan julle soortgelyke e-posse stuur aan bestuur@radiopretoria.co.za of willie@radiopretoria.co.za
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« Antwoord #2 op: October 05, 2011, 01:22:00 PM »
Ek het baie vrae aan RPTA , ongemaklike vrae wat ek nie rerig hier wil bespreek nie en die ergste is dit is nie eers my eie vrae nie maar vrae van mense wat my vra wat nou aangaan met RPTA . Nou wat moet ek hulle antwoord ?

Ai ....

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« Antwoord #3 op: October 06, 2011, 04:56:22 AM »
Ek het min vrae aan die Radio te vra, maar baie vrae wat die direksie moet antwoord - maar hulle verkies om volstruis te speel - reageer nie daarop nie !!
Kennis is mag

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« Antwoord #4 op: October 06, 2011, 05:01:30 AM »
Kyk weer na die Missie van Radio Pretoria en toets die uitsendings daaraan:

Missie van Radio Pretoria
 Om die samehorigheid van Boere-Afrikaners te versterk en die handhawing en uitbouing van die volksidentiteit te bevorder, deur radio-uitsendings aan diegene wat toegewyd is aan die behoud van:

 Sy Protestants-Christelike herkoms en Wes-Europese taal en kultuur-erfenis, wat hom onderskei van ander Afrika-kulture, d.w.s. sy Westerse eiesoortigheid in Afrika, ook ten dienste van sy buurvolke in Afrika.

 Die unieke merktekens van sy groei uit Afrikagrond wat hom van ander Westerse kulture onderskei, dit is, sy Boere-Afrikaner-identiteit in die wêreld.

 Die vryheids- en selfbeskikkingselemente van sy kultuur, wat oor 350 jaar in Afrika gegroei het, wat internasionaal bekend is, en wat vir hom wêreldwyd agting afgedwing het.

 Afrikaners wat hulle met bogemelde vereenselwig is Boere-Afrikaners. Hulle trek duidelike grense tussen beproefde waardes en degraderende verskynsels van populêre maar verbygaande aard.

Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Re: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« Antwoord #5 op: October 06, 2011, 02:18:54 PM »
Afrikaners wat hulle met bogemelde vereenselwig is Boere-Afrikaners. Hulle trek duidelike grense tussen beproefde waardes en degraderende verskynsels van populêre maar verbygaande aard.

Standvastigheid ; dit help nie om 'n huis op dryfsand te bou nie .

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« Antwoord #6 op: October 07, 2011, 07:08:25 AM »
Sopas gehoor dat die inhuldiging wel gedek gaan word, en wel deur Mariaan Roos. Interessant. Baie interessant!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« Antwoord #7 op: October 07, 2011, 07:58:52 AM »
Oomdoom, ek ken nie eintlik RPT se omroepers en verslaggewers nie. Kan u asb so klein bietjie uitbrei, want die nuuskierigheid het my nou beet  ;)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« Antwoord #8 op: October 07, 2011, 08:02:58 AM »
KB,

Mariaan Roos is Oom Andries Breytenbach se dogter.

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« Antwoord #9 op: October 07, 2011, 08:35:19 AM »
Dankie Ben!
Moed Vryheid Eer

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1622
  • Verkenner
Re: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« Antwoord #10 op: October 07, 2011, 09:42:55 AM »
Sopas gehoor dat die inhuldiging wel gedek gaan word, en wel deur Mariaan Roos. Interessant. Baie interessant!

Dis uitstekende nuus! Miskien het die paar e-posse gehelp.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Volksraad inhuldiging op Radio Pretoria
« Antwoord #11 op: October 07, 2011, 10:12:00 AM »
KB,

Mariaan Roos is Oom Andries Breytenbach se dogter.

Is dít so? Nooit geweet nie. G'n wonder ek is so mal oor haar nie!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal