Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Volkshulp 2011  (Read 2151 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Op kantoor Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Volkshulp 2011
« op: October 15, 2011, 10:17:12 AM »
Bravolanders,

Dit is weer tyd vir 'n Volkshulp aksie. Bravoland probeer ten minste een keer 'n jaar volksgenote in ernstige nood help. Ons het in vorige jare die Lochvaal deurgangshuis gehelp, en beplan om dit hierdie jaar weer te doen. Die skenkings aan hulle word baie goed bestuur.

Ons vra u om asb te help met enige skenkings (klere,kos,beddegoed,boeke - hulle het 'n biblioteek, Bybels, enige iets). Julle teenwoordigheid op die dag van die hulpaksie sal ook hoog op prys gestel word indien julle dit kan bywoon. Dit beteken baie vir die inwoners en doen 'n mens se hart goed om ander te kan help, al is die bydrae ook hoe gering.

Ek dank u by voorbaat vir u hulp, ondersteuning en gebede in verband met hierdie projek.

Geld skenkings wat gebruik gaan word vir aankope van voedsel ens. kan inbetaal word in BOK se rekening:

Naam:          Oranjekas
Bank:          Standard Bank
Tipe:          Tjek
Rek nr:            271240490
Takkode:          010545
Verwysing:     0133576533

Dankie.

Sjarko.

Op kantoor Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #1 op: October 17, 2011, 05:39:30 PM »
Ondersteun asseblief hierdie aksie. Meer inligting aangeheg.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #2 op: October 17, 2011, 09:15:44 PM »
Nog iets wat (veral) ons vroue kan skenk, is daardie lyfroom, seep, badskuim, ens. wat ons vir ons verjaarsdae en Kersfees kry wat net in ons kaste staan en opgaar. Dink aan dinge wat jyself elke dag gebruik, dit is ook die dinge wat hierdie mense nodig het.

Ek sal kyk wat ek hierdie kant bymekaar kan maak, as ons genoeg goed kry dan gaan kuier ons dalk weer einde van die jaar in die Transvaal.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #3 op: October 18, 2011, 04:53:34 PM »
Vir wanneer word die dag beplan ? En is skenkings per pos moontlik , indien wel wat is die posadres ?

Op kantoor Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #4 op: October 19, 2011, 09:07:29 AM »
Daar is nog nie op 'n spesifieke datum besluit nie, maar ek beplan dit vir vroeg in Desember.

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #5 op: October 21, 2011, 05:34:00 PM »
Ek sien Lochvaal is 'n NWO , Art 18A - dit ontvang geen subsidie van die staat nie .
As mens kyk na die dokument benodig hulle baie goed ; vir ongeveer 97 mense wat kinders , bejaardes en gestremdes insluit .

Op kantoor Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #6 op: October 24, 2011, 09:03:30 AM »
Ek wil net graag weer hierdie onder almal se aandag bring.

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #7 op: October 25, 2011, 10:34:09 AM »
Ek het paar dom vrae .

1.) Hoekom maak hulle gebruik van 'n volksvreemde woord/naam in hulle naamsbeskrywing ? Emfuleni - wat beteken emfuleni ? Is dit Vanderbijlpark se nuwe naam (verskoon die onkunde ek is onbekend met NSA plekname )

2.) Wat beteken dit :
"Ons beskik oor 'n BBBEE sertifikaat vlak (4) met telling 65 en 75 ." ?

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #8 op: October 25, 2011, 05:20:25 PM »
Sanderis, Emfuleni is onderdaad die munisipaliteit wat Vereeniging insluit se NSA naam.

Indien 'n maatskappy 'n kleinerige omset het, val hulle outomaties in daardie kategorie. Ek het die plek al twee keer besoek met Bravoland uitreike en kan met rustigheid noem dat daar geen volksvreemdes daar bly of werk nie.
Miskien word dit genoem om skenkings te kry van besighede wat daarvoor vra.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #9 op: October 26, 2011, 08:59:27 PM »
Sanderis, Emfuleni is onderdaad die munisipaliteit wat Vereeniging insluit se NSA naam.
Dit maak vir my sin .

Indien 'n maatskappy 'n kleinerige omset het, val hulle outomaties in daardie kategorie.
Dankie , nou weet ek ook . :)

Ek het die plek al twee keer besoek met Bravoland uitreike en kan met rustigheid noem dat daar geen volksvreemdes daar bly of werk nie.
Miskien word dit genoem om skenkings te kry van besighede wat daarvoor vra.

Ek twyfel nie oor hulle volkseie karakter en identiteit nie Alwyn , hulle stel dit tog duidelik dat hulle geen subsidies van die Staat ontvang nie wat 'n goeie aanduiding is dat hulle volkseie is , ek het maar net gewonder hoekom en ja dit maak sin wat jy sê - ek self het ondervinding daarvan ; ek dink hulle kan dit ook moontlik gebruik om verwarring uit te skakel .

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #10 op: November 17, 2011, 04:03:47 PM »
Daar is nog nie op 'n spesifieke datum besluit nie, maar ek beplan dit vir vroeg in Desember.

Is die datum al vasgestel Sjarko ?

Op kantoor Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #11 op: November 17, 2011, 05:51:22 PM »
Daar is nog nie op 'n spesifieke datum besluit nie, maar ek beplan dit vir vroeg in Desember.

Is die datum al vasgestel Sjarko ?

Ek wil dit 3 Desember doen indien ons genoeg fondse ontvang voor dan.

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #12 op: November 17, 2011, 05:55:27 PM »
Is daar 'n aanduiding van hoeveel fondse al ingekom het ?

Op kantoor Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #13 op: November 17, 2011, 08:02:43 PM »
Is daar 'n aanduiding van hoeveel fondse al ingekom het ?

Kleinbekkie ?

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #14 op: November 17, 2011, 10:10:57 PM »
Sjarko, ek is glad nie op hoogte van hoe die bank se sake tans is nie. Ek sal kyk of ek more vir tannie Elsie in die hande kan kry. Jan Bank of Ben, julle weet nie dalk wat daar aangaan nie?
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #15 op: November 20, 2011, 10:05:41 PM »
Dankie Ben .
Sal dit prakties uitvoerbaar wees om 'n fondsinsameling vorm op te stel en te gebruik d.m.v. "direkte bemarking" (as jy dit so kan stel ) ?
Daar is nie veel tyd tot die 3de toe nie .

Op kantoor Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #16 op: November 22, 2011, 09:44:00 AM »
Ek wil net weer mooi vra vir die Bravolanders om hierdie projek te steun. Die tyd raak min en ons het nog maar baie min fondse.

Dankie.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #17 op: November 22, 2011, 11:50:05 AM »
Ek het 'n afspraak more-aand om mense in verband hiermee te spreek. Ek hoop dit werp vrugte af.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #18 op: November 23, 2011, 12:06:24 PM »
Sterkte KB , ek hou altwee duime vas .

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #19 op: November 23, 2011, 08:57:40 PM »
Dit wat aan my vertel is en dit wat op die ou end bespreek is, is toe ietwat verskillend.

Dit is blykbaar U-Care. Jy werf lede wat weer op hul beurt lede werf en so kry jy 'n maandelikse inkomste. Twintig persent van die maandelikse fooi gaan dan na die welsynsorganisasie van jou keuse. (Die keuse dui jy aan die dag as jy kontrak teken en die genomineerde begunstigde kan enige geregistreerde organisasie wees, soos bv. 'n Kerk, welsynorganisasie of iets dergeliks.) Ek weet darem nie, ek is nogal skepties oor sulke dinge, maar as dit werklik is soos wat hulle voorgee dit is, dan kan 'n mens nogal goed geld insamel vir die VVK, Volksraad en Bravoland Volkshulp.
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal