Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Volkshulp 2011  (Read 2151 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig archie

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #40 op: November 30, 2011, 11:29:33 AM »
Askuus dis net dit maak my so vies!! nie te min ek het 3 van die manne werk aangebied maar dit het nie uit gewerk nie. n te lang storie en onvertroubaar!!!! ekt darm nou mense wat pad konstruksie ondervinding het en ek bly net voorentoe gaan.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #41 op: November 30, 2011, 12:59:08 PM »
Archie, ek verstaan jou frustrasie en dit is juis omdat ons bewus is van sulke tipe misbruike, dat ons op 'n  ander manier te werk gaan. Ons skenk nooit geld nie, maar goedere en ons kies 'n area, doen bietjie navorsing oor hoe dit hanteer word, alvorens ons besluit wie waar gehelp word.

Dit wat jy noem, is ongelukkig 'n werklikheid en dit is goed as sulke wanpraktyke ge-identifiseer word en aangespreek word.
Moed Vryheid Eer

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #42 op: November 30, 2011, 01:03:42 PM »
Archie, ons doen volkshulp en doen elke jaar 'n uitreik. As jy die hele draad lees sal jy agterkom waar die skenkings heengaan. Die plek het 'n gesamentlike kombuis en die dames daar kry almal diensbeurte. Almal eet saam en daar word nie afsonderlik kos gemaak nie, dus kan geen een hom bevoordeel bo iemand anders nie.
Ek is jammer om van jou ervaring te hoor, maar dit beteken nie alle organisasies is sleg nie.
Vele persone hier gebruik slegs volkseie arbeid en kan almal vir jou stories vertel. Die feit is dat ons nie meer met volkseie arbeid sukkel as met volksvreemdes nie. Elke persoon moet maar besluit met wie hy wil saamwerk.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 372
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #43 op: December 01, 2011, 04:17:32 AM »
More
Ek gee nie vir mense sommer geld nie maar ek kan vir julle blikkies kos stuur, waar en hoe wil julle dit he
Ek en my huis ons sal die Here dien

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #44 op: December 02, 2011, 03:46:46 AM »
Henk , mag ek 'n persoonlike vraag vraag vra ?
Ek sien jy het nou die dag 'n werksgeleentheid geplaas vir die Springs varsproduktemark ; is jy daar betrokke en hoeveel ? Sien hoekom ek vra is : Lochvaal - die plek wat ons wil help in hierdie volkshulpaksie is 'n geregistreerde artikel 18 maatskappy ; m.a.w. as die produktemark skenkings aan hulle lewer is dit belastingaftrekbaar .

Dink jy jy sal iets kan reël indien jy by die mark betrokke is ?

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 372
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #45 op: December 02, 2011, 04:22:27 AM »
Sanderis
Kan gereel word. Moet eerlik wees ek nie versot op die idee nie, het al in te veel slaggate getrap met donasies wat "misbruik" word. Ek sal die plan eers mooi deurkyk. Ek bedoel dit nie lelik. As julle sien hoeveel "behoeftiges" elke dag hier aankom  :o

Ek werk op die mark en baie goed kan gekry word. Dit is bietjie gekopliseerd en Lochvaal is n hele paar dae te perd van hier af.
Ek en my huis ons sal die Here dien

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #46 op: December 02, 2011, 04:27:55 AM »
Ek werk op die mark en baie goed kan gekry word. Dit is bietjie gekopliseerd en Lochvaal is n hele paar dae te perd van hier af.

Het ook daaraan gedink , maar in elk geval gedink om die vraag te vra en die voorstel te maak . Natuurlik Henk , ek verstaan volkome . Ek kan egter net herhaal wat Alwyn en KB reeds gesê het en dit is dat skenkings aan hulle goed bestuur word . Dit sal die derde jaar wees wat ons 'n aksie daar doen juis omdat die plek goed bestuur word .

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #47 op: December 02, 2011, 06:23:09 AM »
Sanderis
Kan gereel word. Moet eerlik wees ek nie versot op die idee nie, het al in te veel slaggate getrap met donasies wat "misbruik" word. Ek sal die plan eers mooi deurkyk. Ek bedoel dit nie lelik. As julle sien hoeveel "behoeftiges" elke dag hier aankom  :o

Ek werk op die mark en baie goed kan gekry word. Dit is bietjie gekopliseerd en Lochvaal is n hele paar dae te perd van hier af.

Henk, ek wil mooi vra dat jy die uitreik aksie bywoon en vir jouself sien hoe die plek bestuur word. Jy sal dan besef hoekom ons juis daardie mense help al is hulle baie verder as ander behoeftiges wat hier naby ons is.  Ek weet jy sal dan in die toekoms nie huiwer om te help nie.

Groete.

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 372
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #48 op: December 02, 2011, 11:35:58 AM »
Sjarko

Jy maak dit moeilik vir n mens

Dankie vir die uitnodiging. Ek is nie juis een vir uitreik aksies nie. Noem dit volstruis sindroom as jy wil. Ek weet daar is mense wat sukkel en ek sal gee as ek oortuig is. Ek wil dit net nie graag sien nie.  Ek sien die datum wat julle ophet is  3 Desember. Is dit nog die datum? En waar presies is dit? Dalk net dalk sal ek daar wees
Ek en my huis ons sal die Here dien

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #49 op: December 02, 2011, 01:39:18 PM »
Ons beplan dit nou vir die 17de Desember. Dit is naby Vanderbijlpark.

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 372
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #50 op: December 03, 2011, 04:08:32 AM »
More Sjarko
Ek verstaan dit is naby Vandervuilpark  ;D Ek werk net vroeg oggend daai dag. Hoe laat wil julle begin? Is seker so uur se reis vir my
Ek en my huis ons sal die Here dien

Afwesig Oranje Vrystaat

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 252
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #51 op: December 06, 2011, 11:08:15 PM »
As julle vir my die ouderdomme van die kinders kan gee sal ek Afrikaanse Boeke skenk vir die kinders.

www.storietyd.co.za

Vir Volk en Vaderland

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #52 op: December 06, 2011, 11:19:36 PM »
Vanaf 1 - 16 dankie Oranje Vrystaat .

Die adres :

Hoewe 161  , Nanescol , Rusticana pad , Lochvaal

Posadres :
Posbus 14592
Zuurfontein
Vanderbijlpark
1912

Afwesig Oranje Vrystaat

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 252
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #53 op: December 07, 2011, 07:38:11 AM »
Dankie Sanderis

Ek sal n pakkie bymekaarsit

Groete
Vir Volk en Vaderland

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #54 op: December 14, 2011, 03:34:28 PM »
Die fondsinsameling het hierdie jaar nie nawense verloop nie. Daar is slegs 'n beperkte hoeveelheid geld ingesamel vir die uitreik aksie. Die min fondse wat beskikbaar is regverdig nie 'n aksie nie. Bravoland sal dus geen aksie hierdie kersfees aanpak nie. Dankie aan almal wat wel fondse geskenk het. Hierdie geld sal in die BOK rekening bly. Ons hoop om volgende jaar 'n winter uitreik te hou en om komberse en dies meer aan 'n volkseie organisasie te skenk.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #55 op: December 14, 2011, 05:27:48 PM »
Kan ek 'n voorstel maak? Met ons beplande Bravoland Kunstefees, kan ons vroegtydig 'n gesamentlike advertensie loods vir insamelings. Ons kan dan houers op die terrein beskikbaar stel, waarin mense hul skenkings kan plaas.

Ek verstaan daar is Kleinfonteiners wat ook swaar trek, kan ons dan so, na afloop van die kunstefees, 'n aksie hou?
Moed Vryheid Eer

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #56 op: December 15, 2011, 08:01:26 AM »
Christa, dis 'n baie goeie voorstel.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #57 op: February 20, 2012, 03:24:40 PM »
Dag Bravolanders,

Ons beplande aksie vir Desember 2011 het toe nie plaasgevind nie. Ons het eenvoudig te min fondse ingekry om dit te kon doen. Nou gaan ons weer probeer. Ons beplan nou 'n winter uitreik na Lochvaal deurgangshuis. Die mense het ons hulp dan selfs meer nodig as in Desember aangesien mense se hande oor die algemeen meer oop is tydens die feesseisoen en hulle dus meer bydraes ontvang. Die winter is egter 'n heel ander storie en is ook 'n baie moeiliker tyd vir die inwoners weens die koue.

Ek besef die ekonomie is swak en ons almal sukkel om kop bo water te hou, maar ek smeek julle om hierdie keer die aksie te ondersteun. Begin nou al om elke maand 'n bydrae te maak. Kom ons maak dit hierdie jaar weer iets groots.

Ek plaas 'n artikel van 2010 hieronder. Dit is nou selfs meer van toepassing as in 2010:


Hoop vir armes in die ysige winter

Posted on31 July 2010.


Talle mense in die Vaaldriehoek sit steeds vasgevang in die greep van armoede en werkloosheid, wat die snerpend koue wintermaande 'n bitter ervaring vir die in nood maak. Die Lochvaal Emfuleni Welsyn en Gesinsorg se hooftaak is om sulke mense te help, maar die ondersteuning van die publiek wat ‘n helpende hand kan uitreik, is dringend noodsaaklik. Carpe Diem en Vaalweekblad se fonds om minderbevoorregtes, veral kinders by te staan, is steeds in volle gang.
 
Met die stygende koste kan al minder mense voorsien in hul eie of hul gesin se basiese behoeftes. Al meer arm, honger mense wat talle babas en kinders insluit, mishandeldes, verwerptes en bejaardes bevind hulle by die sentrum van hoop.
 Meeste van die mense kom yskoud en honger daar aan met hulpelose oe wat opkyk na die sentrumwerkers vir uitkoms en hulp. Hoewel die welsyn alles in hul vermoens doen om in die reuse behoefte te voorsien, sal die diens onmoontlik wees sonder die publiek se finansiele steun.
 Elke bydrae help hulle om hul werk beter te kan verrig en hoop te bied aan talle. Geen donasie is te klein nie en enigiets van babadoeke, vuurmaakhout en blikkieskos tot skoonmaakmiddels kan ‘n groot verskil maak in die mense se lewens. Reik uit, gaan koop iets, lewer dit af by die sentrum en help iemand in nood.
 Die volgende items word veral dringend benodig:
 * Vuurmaakhout en steenkool vir die gaarmaak van voedsel.
 * Babamelk (S26 nr. 1 asook Lactogen 1 & 2 of NAN 1 & 2).
 * Babadoeke (medium, groot en ekstra groot), volwasse doeke (medium en groot) en Ensure-voedseldrankies vir die verswakte bejaardes.
 Verder is daar regdeur die jaar 'n behoefte aan:
 Groente, vleis, sopmengsel, soppoeier, rys, macaroni, brood, toebroodjiesmeer, kruideniersware, skoonmaakmiddels, toiletware, komberse, gordyne en beddegoed.
 

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #58 op: February 20, 2012, 03:44:52 PM »
Dankie vir die plasing, Sjarko. Ek kry gedurig voorraad klere, omdat mense weet ek gee dit slegs aan blankes. Vir wie kan ek dit aanstuur, dat dit deel uitmaak van Bravoland se bydrae?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 372
Re: Volkshulp 2011
« Antwoord #59 op: February 21, 2012, 04:27:31 AM »
Wanneer wil julle die skenkings gee? Ek het klomp blikkies kos (meestal ertjies) wat ek kan aanstuur
Ek en my huis ons sal die Here dien


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal