Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Amerikaanse gas  (Read 385 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 72
Amerikaanse gas
« op: October 17, 2011, 07:53:18 PM »
Hallo,

Ek is vir geruime tyd in gesprek met ’n Amerikaanse skrywer/joernalis wat oor Desember hier by ons kom besoek af lê. Hy is vanaf die 11de tot die 18de Desember hier in die Jhb./Pta. omgewing om Geloftedag vieringe by te woon. Ons het buide gedink dat dit belangrik is vir hom om so veel as moontlik Afrikaners in die tyd te ontmoet en die realiteite waarin ons leef mee te maak om ’n ingeligte opinie te kan lewer afgesien van die magdom navorsing waarmee hy homself tans besig hou.

Hy skryf hoofsaaklik vir ’n gewilde aanlyn regse-koerantjie en ons raak almal boos vir die uiters eensydige buitelandse beeld wat ons maar nog steeds kry. So laat ons gasvryheid betoon aan die wat aan ons kant is en ons wil help met die daarstel van ons saak. As enige bravolander in die Gauteng area belangstel om ’n baie interessante ou te ontmoet of selfs as gas vir ’n dag in jou huis te ontvang laat my weet.

Groete,
Attie
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Amerikaanse gas
« Antwoord #1 op: October 17, 2011, 08:31:21 PM »
As hy Kleinfontein wil ervaar, kan jy my kontak.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 72
Re: Amerikaanse gas
« Antwoord #2 op: October 18, 2011, 07:27:06 AM »
Ek gaan beslis so maak Ben.
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Amerikaanse gas
« Antwoord #3 op: October 18, 2011, 10:16:11 AM »
Hallo Attie,

Soos reeds telefonies bespreek sal ek hom bietjie rondwys in die SENTRAAL TRANSVAAL omgewing :)

Dit is eintlik jammer hy is nie aan die einde van Februarie hier nie aangesien ek hom graag Majuba sal wil wys.

Groete,

James

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Amerikaanse gas
« Antwoord #4 op: October 18, 2011, 11:18:41 AM »
As hy Paardekraal wil sien, is jy welkom om my te kontak.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 72
Re: Amerikaanse gas
« Antwoord #5 op: October 18, 2011, 05:23:12 PM »
Dankie SP,
Ek gaan so maak.

James,
Baie dankie ook aan jou dat jy aangebied het om te help, dit is nou maar so dat groot linkse koerante baie geld het om joernaliste lank oorsee te stuur, terwyl n regse koerantjie soos ons al te wel weet altyd onder-befonds is. So hy moet met beperkte tyd en geld hier so veel as moontlik Afrikaners ontmoet en waarneem, ek dink hy sal seker maar in elk geval sy eie opinie vorm. Wat vir my belangrik hiervan is nie net die trefkrag wat ’n goeie artikel of twee in ons guns kan hê nie maar ook die feit dat daar tog skrywers is wat gretig is om vriendskappe te smee en ons te help om ons saak te stel en omstandighede op ’n verstaanbare wyse aan hul gehoor verduidelik.
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Amerikaanse gas
« Antwoord #6 op: October 19, 2011, 08:07:13 AM »
Attie,

Op die 15de Desember gaan daar gekamp word op Paardekraal en daar gaan 'n kampvuur kuier wees. Dan is die kampeerders sommer daar vir Geloftedag se verrigtinge. Julle is welkom om saam te kom kamp en kuier. Dit sal hom in staat stel om sommer lekker gesellig met n klomp mense om te gaan. Ons kan selfs 'n tent reel as julle dit benodig.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Amerikaanse gas
« Antwoord #7 op: October 21, 2011, 03:35:29 PM »
Dan is die kampeerders sommer daar vir Geloftedag se verrigtinge.

Dit sal hom bietjie wys van ons kultuur ook .

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Amerikaanse gas
« Antwoord #8 op: December 05, 2011, 12:16:35 PM »
Attie het my laat weet dat ons gas vanaand land. Hy is hierdie week in die Pretoria / Johannesburg omgewing. gaan dan vir `n rukkie Orania toe en is dan weer die 11de tot die 18de terug in die noorde.

Alwyn, dit klink vir my die plan is om wel op 15 Desember saam met julle te kamp.

Is daar enigiemand wat kans sien dat hy `n aand by julle oorbly en die gevoel van `n Afrikaner-gesin ervaar? Laat weet sommer op die forum of e-pos my by posjames@gmail.com


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal