Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Bravoland Kunstefees  (Read 2089 times)

0 Lede en 4 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #40 op: November 14, 2011, 08:34:14 PM »
Sjoe Sanderis, jy vra nou die verkeerde ou. Ek sal aan 'n paar idees dink en jou e-pos. Jy's ook heeltemal reg dat Ben sy roeping as grafiese ontwerper gemis het. Dink jy ons kan die oud-SP vra om hand by te sit?

Afwesig Jankejan

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 231
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #41 op: November 14, 2011, 08:40:02 PM »
Ja as dit 'n kunstefees is sal die Pta Verkennersjeug die Boeresport aanbied, maar ons sal mooi kleurvolle strikkies om die tou vir toutrek vasmaak. En die eiers vir eiergooi mooi versier.
Apartheid is Liefde

Sanderis

  • Gas
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #42 op: November 14, 2011, 08:47:05 PM »
Dink jy ons kan die oud-SP vra om hand by te sit?

Natuurlik James . Dit klink na pret Jankejan . :)

Sanderis

  • Gas
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #43 op: November 25, 2011, 12:29:53 AM »
James moet ek vir jou 'n video speel om jou denke te stimuleer ?  :)

Laurika Rauch - My Ou Tante Koba

Sanderis

  • Gas
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #44 op: January 03, 2012, 01:36:18 PM »
Sal dit werk om 'n tema vir die kunstefees te hê ?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #45 op: January 04, 2012, 01:46:05 PM »
Dit is nogal 'n idee, Sanderis.
Moed Vryheid Eer

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #46 op: January 05, 2012, 05:19:48 PM »
Die datum val saam met die internasionale viering van vryheidsdag. Miskien kan ons in daardie rigting dink? Of wat het julle in gedagte?

Sanderis

  • Gas
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #47 op: January 12, 2012, 10:25:31 PM »
Die datum val saam met die internasionale viering van vryheidsdag. Miskien kan ons in daardie rigting dink? Of wat het julle in gedagte?

So iets James , maar waarvoor ek skrikkerig is dat dit dalk die verkeerde indruk of verwagting by sekere mense sal kweek .

So wat kan ons die tema noem sonder om die ongewenste ook te betrek ?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #48 op: January 13, 2012, 08:45:30 AM »
Die pad na vryheid of 'n trek na vryheid? Uitbeeldings in verskillende mediums van die 'pad', soos deur ons ervaar.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #49 op: January 25, 2012, 12:03:34 AM »
Mmm , ek dink dit kan werk .

James , hoe lyk jou dagboek ; sal jy een of ander tyd by my kan uitkom sodat ons die bemarking bietjie bespreek ?

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #50 op: January 25, 2012, 06:15:41 AM »
Sanderis, ek sal vir seker `n draai by jou wil maak. In watter omgewing bly jy?

Sanderis

  • Gas
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #51 op: January 25, 2012, 01:24:43 PM »
Net noord van Onderstepoort , sal die adres en kaart s.s.m. vir jou epos .

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #52 op: January 25, 2012, 02:09:23 PM »
Dankie Sanderis.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #53 op: January 26, 2012, 11:36:15 AM »
Sanderis, wanneer jy Kaap toe kom, moet ons genoeg mense bymekaar maak en 'n bussie in die hande kry, dat ons kan kunstefees toe gaan. Dit is tyd dat ons die mense weer moet herinner hoe voel en lyk 'n fees met net Volksgenote teenwoordig  ;)
Moed Vryheid Eer

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #54 op: January 29, 2012, 11:30:00 AM »
Vriende,

Ek wil graag `n reëlingskomitee saamstel vir die fees en het voorlopig die volgende mense in gedagte. Enigiemand wat kans sien om uit te help is welkom en kan hier vir diens aanmeld.

Sanderis
Jan van Zyl
Leon Cornelius
Jan Beyers

Sanderis, ek wil vra dat jy spesifiek met die bemarking help. Jan en Leon, sien julle kans om te help met die logistieke reëlings? Jan, sal jy ons met die finansies kan help? Dit behels basies die bietjie wat ek vir ons kan bedel optimaal benut.

Dan benodig ek ook insette wat die inhoud van die program betref. Plaas asb voorstelle hier van hoe so `n kunstefees se program moet lyk.

Ons sal ook `n paar borge benodig om die kostes te dek wat onder meer betref die huur van klanktoerusting. As julle dus weet van enige ondernemings wat bereid is om `n bydrae te maak moet julle asb. laat weet.

Laastens wil ek ook voorstel dat enige wins wat ons maak deur Bravoland gehou word sodat ons `n reserwefonds kan begin opbou en `n begroting het vir toekomstige projekte.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #55 op: January 29, 2012, 11:16:48 PM »
James,

Ek merk dat ek nog geen antwoorde op hierdie spesifieke draad geplaas het nie. Dog sien ek dat jy my naam op jou voorlopige lysie plaas. Wat moet 'n man doen om "gemis" te word vir diens vir iets waarvan hy niks weet nie?

Maar goed, aangesien jy nou lank en hard gesit en dink het aan 'n paar name om op 'n lysie te plaas, en aangesien jou keuses seker baie beperk moes wees en daardeur my naam by jou laat opkom het, sal ek help waar ek kan. Wat sal dit presies behels? Hierdie logistieke reëlings.

Iets wat ek wel sal probeer aanpak is bemarking in die Verwoerdburg gebied. Ek sal ook hierdie saak bespreek met my mede Verwoerdburg Verkenners. Daardeur kan ons dalk, indien fondse van iewers verkry kan word, plakkate gaan opsit. Die Verwoerdburg manne is al ou hande met die opsit van plakkate.(VVK)

Verder behoort ons dalk 'n paar hande bymekaar te skraap om diens te doen by die Fees. Laat ek maar eers die saak onder die manne se aandag bring dan vat ons dit van daar af.

Soos talle ander ook genoem het in hierdie draad, is bemarking van kardinale belang. Ons moet so spoedig moontlik met Die Afrikaner koerant kontak om hierdie fees bekend te maak. Ons sal tien teen een nie veel mense daardeur trek nie, maar as een getrek is het ons iets daardeur vermag. Nog 'n belangrike faktor is die volksmond. Net soos met die werwing van kiesers vir die VVK verkiesing, is daar altyd iemand wat nie koerant lees of sekere radiostasies luister nie. Daardie mense moet deur alledaagse geselsies in kennis gestel word van hierdie fees. Tyd is nie aan ons kant nie, ons sal nou daadwerklik aan die werk moet spring en nuwe momentum gee aan die beplanning en suksesvolle aanbieding van die Bravoland Kunstefees. Miskien kan Rian van Heerden ons bystaan met bietjie gratis bemarking. Ons moet hom net laat weet dat dit 'n "regse" fees is.

Ek wil ook voorstel dat indien ons 'n redelike stewige wins kan maak, ons 'n bedrag daarvan net so sal oorplaas in die Vryheidsfonds. Daardeur dra Bravoland nie net deur woord nie, maar ook finansieël by tot die groot werk wat tans deur ons verkose Volksraad aangepak word.

Met dit alles nou uitgeblaker, aanvaar ek jou oproep om tot diens te wees.

Sanderis

  • Gas
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #56 op: January 30, 2012, 08:35:16 PM »
Iets wat ek wel sal probeer aanpak is bemarking in die Verwoerdburg gebied. Ek sal ook hierdie saak bespreek met my mede Verwoerdburg Verkenners. Daardeur kan ons dalk, indien fondse van iewers verkry kan word, plakkate gaan opsit.

Dankie Bittereinder , ek wag nog vir James om by my uit te kom ; die plakkaat moet nog ontwerp word . Sodra dit afgehandel is sal ek op jou knoppie druk . ;)

Verder behoort ons dalk 'n paar hande bymekaar te skraap om diens te doen by die Fees. Laat ek maar eers die saak onder die manne se aandag bring dan vat ons dit van daar af.
Dit sal gaaf wees .

Ons moet so spoedig moontlik met Die Afrikaner koerant kontak om hierdie fees bekend te maak.

Stem .

Ek wil ook voorstel dat indien ons 'n redelike stewige wins kan maak, ons 'n bedrag daarvan net so sal oorplaas in die Vryheidsfonds. Daardeur dra Bravoland nie net deur woord nie, maar ook finansieël by tot die groot werk wat tans deur ons verkose Volksraad aangepak word.
Sekondeer .

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #57 op: February 21, 2012, 09:38:55 PM »
Ons het nog presies 2 maande om hierdie fees te re"el, ek is jammer ek sit nou hier aan die anderkant van die land en kan my hande lekker in onskuld was.

Julle moet skree as ons iets kan doen.

Bemarking is seker die belanrikste, maar ons het "iets" nodig om te bemark, dus dink ek die program is in die stadium die saak wat eerste aandag moet geniet. 
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #58 op: February 22, 2012, 08:08:59 AM »
Karina, James het eienaarskap van die fees geneem. Ek wil sekondeer, hy moet skree as enige een van ons kan help.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Jessie

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Re: Bravoland Kunstefees
« Antwoord #59 op: March 06, 2012, 10:26:20 AM »
Goeie more, ek het pas lid geword van Bravoland. Ek sien jul beplan 'n kunstefees, gaan jul uitstallers ook hê? Ek stal mediese en gesondheidsprodukte uit op ander skoue. Sal definitief belangstel om by jul ook uit te stal. Waar beplan jul om dit te hou, en watter datum?
Groete Jessie


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal