Volksekonomie > Departement van Mineraal en Energiesake

VPG tekort

(1/1)

Alwyn:
VPG is Vloeibare Petroleum Gas, of soos die meeste van ons dit ken, Handigas.

Die huidige tekort aan vloeibare petroleumgas (VPG) het ’n ernstige impak op die gasvryheidsbedryf, vervaardiging en die motorbedryf, het Afrox, een van die grootste verspreiders van VPG in Suider-Afrika, gister gewaarsku.


Dit kom in reaksie op die ­tekorte wat die afgelope paar ­weke ontstaan het toe die Engen-raffinadery (Enref) in Durban vroeër as beplan gesluit het ná ’n brand asook beplande onderhoudswerk en tegniese probleme by van die ander olieraffinaderye.


Drie raffinaderye is gesluit – Enref, Sapref (Shell en BP se gesamentlike raffinadery in Durban) asook die staatsbeheerde brandstofmaatskappy PetroSA se gas-tot-brandstofaanleg in Mosselbaai, berig Bloomberg.


Sapref gaan binne die volgende paar dae weer in volle produksie wees nadat sy beplande onderhoud op 17 Augustus begin het.


Chevron se raffinadery in Milnerton sal in Februarie en Maart volgende jaar vir 45 dae se onderhoudswerk sluit.


Volgens ’n Afrox-verklaring kan Sapia, wat die groot brandstofmaatskappye verteenwoordig, nie aandui presies wanneer al die raffinaderye weer in volle produksie sal wees nie.


“Ons werk altyd nou saam met ons VPG-verskaffers, maar niemand kon die omvang van die huidige onbeplande sluitings voorsien nie,” lui die Afrox-verklaring.


VPG word as hittebron in die kombuise van hotelle, hospitale en restaurante gebruik. Sekere nywerhede gebruik dit ook as hittebron, en ’n beperkte aantal voertuigvlote gebruik dit as vervoerbrandstof pleks van petrol.


Afrox het ’n beperkte vermoë om VPG in te voer. Ingevoerde VPG is duurder en daar is ’n gebrek aan bergplek op land. Suid-Afrika het ook nog nie ’n toegewysde hawe-aflaaipunt vir VPG-invoer nie. Volgens Afrox is daar in sommige streke nie meer voorraad nie.


Mnr. Michael Bagraim, president van die Kaapse Kamer van Koophandel, sê die tekort aan VPG en bitumen kan tot afdankings in die padboubedryf en ander ondernemings lei.


Bagraim sê die raffinaderye is oud en nie meer betroubaar nie.


“Dié bedryf is onderhewig aan streng prysbeheer deur die regering. Daar is geen aansporing om doeltreffendheid te verbeter of ’n beter diens te lewer nie.

Produksie word beplan om die maksimum voordeel uit die prysbeheerformule te kry en die oliemaatskappye word dus nie aangespoor om verouderende raffinaderye te vervang nie.”


Mnr. Peter Hugo, voorsitter van die kamer se vervoerkomitee, sê elders in die wêreld is daar ’n ooraanbod van raffineringsvermoë.


Hugo meen die beoogde Coega-raffinadery van PetroSA is nie ’n oplossing nie omdat dit te ver van die grootste mark is en ’n baie lang pypleiding sal vereis.
Bagraim sê ondernemings wat na gas oorgeskakel het weens kragonderbrekings, is nou in ’n nuwe krisis

Sanderis:

--- Aanhaling van: Alwyn op October 21, 2011, 08:46:11 AM ---“Ons werk altyd nou saam met ons VPG-verskaffers, maar niemand kon die omvang van die huidige onbeplande sluitings voorsien nie,” lui die Afrox-verklaring.

--- End quote ---

Ja verbaas my amper nie .

Navigation

[0] Message Index

Go to full version