Opvoeding > Departement van Kuns en Kultuur

Wierdabrug kry nuwe naamplaat

(1/1)

Bittereinder:
Ek stel almal graag in kennis van 'n aksie onder leiding van die Verwoerdburg Verkenners.

Op die Ou Johannesburgpad in Verwoerdburg net voor mens die grenslyn na Pretoria oorsteek, word daar daagliks deur duisende voertuie oor 'n baie ou brug gery. Die naam van hierdie brug is Wierdabrug. Hier was in die dae van die ZAR perdestalle gewees waar vars perde ingespan is vir mense op reis tussen Johannesburg en Pretoria. Die brug is ge-open op 22 Oktober 1891 en was een van vele projekte deur die argitek Sytze Wopkes Wierda, wat o.a. die Paleis van Justisie en die Paardekraalmonument ontwerp het. So paar jaar gelede is die bronsplaat van die brug afgesteel en sedertdien staan die ou brug maar daar, altyd gewillig om almal oor die Sesmylspruit te neem, maar sonder dat iemand kan stop om te sien hoe oud die brug is. Dis maar altyd die eerste vraag wat by my opkom wanneer ek strukture sien wat al duidelik oud is.

Môre verander hierdie situasie egter, seker ook net tot die volgende dief sy opwagting maak! Die Verwoerdburg Verkenners het met die hulp van 'n geldelike bydrae van 'n stoere Verwoerdburger, mnr Gert Kruger, 'n nuwe plaat laat vervaardig waarop o.a. die brug se naam en openingsdatum voorkom. Die plaat sal dus op 22 Oktober 2011 onthul word, presies 120 jaar sedert die brug ge-open is. Mens kan amper sê dat dit 'n 120-jarige se verjaardag geskenkie is van 'n paar manne wat dit eens is dat almal toegang tot hierdie inligting verdien.

Veels geluk Wierdabrug, mag ons volk vry wees lank voor jy hierdie ouderdom verdubbel!

Sanderis:

--- Aanhaling van: Bittereinder op October 21, 2011, 03:32:47 PM ---Mens kan amper sê dat dit 'n 120-jarige se verjaardag geskenkie is van 'n paar manne wat dit eens is dat almal toegang tot hierdie inligting verdien.

Veels geluk Wierdabrug, mag ons volk vry wees lank voor jy hierdie ouderdom verdubbel!

--- End quote ---

Hoor hoor !  :)
Dankie manne , ek dink selfs was die inligtingsplaat nie brons nie sou hulle dit in elk geval afsteel net om die geskiedenis te probeer versmoor !

Bittereinder:
Dankie Sanderis. Daarom dat ons 'n alluminium plaat laat maak het, sodoende kos dit nie 'n plaas se geld om weer te vervang nie!

Alwyn:
Baie geluk Leon. Dra ons dank ook aan die manne oor.

Bittereinder:
Die taak is afgehandel. Nou sal mede-volksgenote kan aftrek, bietjie bene rek en kyk hoe oud ons bruggie is!

Ek maak sommer van hierdie forum gebruik om my mede Verwoerdburg Verkenners, mnr Kruger en nog 'n anonieme helper te bedank vir hul bydrae.

Dankie ook vir die gelukwense SP, jy weet egter net so goed soos ek dat daar nog BAIE werk vir ons voorlê. Wens ons eers geluk wanneer daar minstens 'n duidelike trant van volharding sigbaar is. ;)

Navigation

[0] Message Index

Go to full version