Afdeling van die Volksraad Verkiesing Kommissie > Algemene Besprekings

Boere-Afrikaner Volksraad Tuiste

(1/2) > >>

Sanderis:
http://www.volksraad.co.za

Sanderis:
'n Brief van die Volksraad is op Saterdag 5 November 2011 aan Georgië se Minister van Diaspora oorhandig, wat onderneem het om dit aan die President van Georgië te oorhandig. Daarin word vermeld van ons reg op vryheid, die verloop van die verkiesing en ook gedagtes gewissel oor die begin van moontlik deurlopende kontak. Die volledige brief sal geplaas word sodra die President kans gekry het om dit te lees. Na ete en met ons finale groet het die Minister onderneem om die hele Georgiese kabinet van ons aksie in te lig. Hy wou geen beloftes van enige aard maak nie maar ons wel alle sterkte toegewens.

Die oorhandiging is gedoen by die onthulling van die Niko Bagrationi-museum. Niko Bagrationi was 'n Georgiese prins wat aan Boerekant geveg het tydens die Tweede Vryheidsoorlog en goeie verhouding met pres. Paul Kruger gehad het, totdat die Prins gevange geneem is en na Frankryk geneem is. Vandaar dat Oom Paul die oorhandiging vanuit die agtergrond kon gadeslaan...

Lid van die Volksraad
Henk van de Graaf

http://www.volksraad.co.za/2052.html
Boere-Afrikaner Volksraad
www.volksraad.co.za
Boere-Afrikaner Volksraad. Volksraad verkies deur die volk, vir die volk!

Clem de Klerk:
Goeie werk Henk - ons hou duim vas dat die regering wel sy steun aan ons volk sal gee vir die stryd wat ons voer om ons vryheid te herwin.

Sanderis:
Mediaverklaring 24 Januarie 2012
Volksraad wil Regering gaan sien

Tydens die tweede volledige sitting van die Boere-Afrikaner Volksraad is besluit om ‘n datum met die ANC-regering vas te maak om die vryheidseis te oorhandig.  Die Volksraad het met waardering kennis geneem dat die werk van sy aangewese Adviesraad feitlik voltooi is, en dat die eis om selfbeskikking dan gereed sal wees om aan die ANC-regering te oorhandig.  Daar word gepoog vir ‘n datum voor die einde van Maart vanjaar.

Daar is ook openhartige gesprek gevoer tussen die Volksraad en die verskillende bestuurstrukture van Orania, waar die Volksraad sy sitting gehou het.  Verskeie raakpunte is geïdentifiseer en die behoefte tot verdere gesprekke is ook geopper.

Lede van die publiek het ook sinvolle insette en aanbevelings gegee gedurende die ope deel van die sitting. Sake wat ter sprake gekom het, is die Vryheidsfonds wat in die lewe geroep is, buitelandse skakeling, die volkleur embleem van die Volksraad wat bekend gestel is, en daar het ‘n versoek vanuit die openbare galery gekom dat die Voorsitter van die Volksraad met die leier van die amptelike opposisie moet gaan praat om haar te vertel dat die Afrikaner moeg daarvoor is dat sy die Afrikaner gedurig afbreek.

Groot klem is ook gelê op die feit dat die Afrikanervolk ook weer tot sy kernwaardes moet terugkeer, naamlik sy Christelike geloofsbasis, dat die Sabbat onderhou moet word en dat ‘n verootmoedigde lewenstyl gehandhaaf moet word.

Intussen word ook gepoog om kommunikasiekanale met die kiesers te skep of te verbeter, en daar sal gepoog word om die mandaat van die Volksraad te verbreed deur die uitbreiding van die VVK se kieserslys.

‘n Vryheidskongres word eersdaags beplan. Besonderhede daaroor sal later bekend gemaak word. Die volgende volledige Volksraadsitting sal gedurende April in Vryheid plaasvind. 

Vir navrae: Mnr. Andries Breytenbach, Voorsitter van die Volksraad, tel. 082 322 6590.

Sanderis:

--- Aanhaling van: Sanderis op January 30, 2012, 09:26:10 PM ---Ek gaan nie stry oor geloof nie en ook gaan ek nie 'n gestryery hier in die VVK bord toelaat nie .
--- End quote ---


Vir die wat die debat van die geloofsbeleid van die Boere Afrikaner Volksraad wil volg en/of wil deelneem besoek gerus die volgende skakel :
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,6190.0.html

Jammer vir die besoekers wat die gesprek gevolg het , om deel te neem in Geloofsgesprekke in Bravoland moet jy 'n burger wees en daar is 'n spesifieke afdeling in Bravoland vir geloofsgesprekke . Indien die besoekers wil aansoek doen vir burgerskap is u welkom om u aansoeke hier in te dien :   http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.html

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version