Europese aandele was hoër Vrydag aangesien beleggers se aptyt vir risiko verhoog het met die positiewe sentiment wat ontstaan het met die nuus dat die Euro-zone se leiers ‘n reddingsplan ooreenkoms bereik het.
Suid-Afrikaanse aandele het positief gereageer oor die nuus uit Europa.
Die brent ru-olie prys het in die laaste jaar met 36.22% gestyg en goud het in dieselfde tydperk met 30.22% gestyg. Daarteenoor het die prys van Platinum oor die laaste jaar met 3.99% gedaal. Die JSE indeks van alle aandele staan op 32 453 wat ‘n groei van 7.7% oor die afgelope jaar verteenwoordig.
‘n Doller sal jou R7-71 kos, ‘n Pond R12-39 en ‘n Euro R10-92.