Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Die ANC is rassisties  (Read 237 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Die ANC is rassisties
« op: November 10, 2011, 07:43:34 PM »
Mediaverklaring
10 November 2011
   
Die uitslag van die ANC se jeugleier, Julius Malema, se dissiplinêre verhoor is vandag bekend gemaak. Malema is aangekla op drie klagtes en op die eerste twee klagtes skuldig bevind. Op die derde  klagte, ‘n klagte van rassisme, is Malema onskuldig bevind. Die klag van rassisme het gevolg op ‘n uitlating van Malema waarin hy verklaar het dat Witmense grond gesteel het, dat hulle misdadigers is en so behandel moet word.

Die feit dat die ANC tugkomitee nie hierdie uitlating as rassisties beskou nie en gevolglik nie vir Malema skuldig bevind het aan rassisme nie, is ‘n duidelike bewys dat die ANC in sy wese rassisties is en gevolglik nie hierdie duidelike rassistiese uitlating as sodanig kan raak sien nie. Die ANC se verdediging van die “skiet die Boer” lied, selfs in die howe, is ‘n verdere bewys van die ANC se diepliggende rassisme. So ook die ANC se verdediging van rassistiese wetgewing soos affirmative action, swart ekonomiese bevoordeling en die grondgryp program.

Gevolglik moet Boere nie te verheug raak oor die skorsing van Julius Malema nie, aangesien hy bloot vervang sal word deur ‘n ander rassistiese lid van die ANC se jeugliga.   


Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Sanderis

  • Gas
Re: Die ANC is rassisties
« Antwoord #1 op: November 11, 2011, 01:28:30 AM »
Gee hom meer tyd om vir oom Bob te gaan kuier ...

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Die ANC is rassisties
« Antwoord #2 op: November 11, 2011, 07:49:16 AM »
Ek dink eerder 'n wegholtrein. Die leisels is nou afgehaal en nou kan die anc net skouers optrek as hy vererger. Baie mense is geneig om te sê dat sy stories net wind is, maar het die geskiedenis ons dan nie juis geleer dat ons nie ons vyand moet onderskat nie? Wees eerder gereed vir enige gebeure.
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal