Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Majuba 2012 uitnodiging  (Read 1129 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Majuba 2012 uitnodiging
« op: November 12, 2011, 11:27:03 PM »




Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #1 op: November 14, 2011, 09:51:39 AM »
Dit gaan, soos gewoonlik, baie lekker wees. Wie sien ons daar?

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #2 op: November 14, 2011, 11:10:37 AM »
Ek wil so graag gaan, maar dit val elke jaar tydens voorraadopname. Dan moet ek nog kies tussen dit en ons
beplande kunstefees.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #3 op: November 14, 2011, 06:17:29 PM »
Dit gaan, soos gewoonlik, baie lekker wees. Wie sien ons daar?

James,

Jy sal darem seker 'n paar Verkenners daar raakloop.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #4 op: November 14, 2011, 07:19:45 PM »
Bittereinder, daaroor twyfel ek nie. Ek hoop jy's een van hulle. Ek sal my ou plekkie gaan opsoek - die laaste staanplek net voor die paadjie na die berg begin. Ongelukkig sal ek dan nie anders kan as om die berg te klim nie aangesien almal daar verby stap :)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #5 op: November 14, 2011, 08:55:32 PM »
James,

Nou dat ek daaraan dink, ek kan nie onthou dat ek jou al op die berg gesien het nie?

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #6 op: November 14, 2011, 09:15:22 PM »
Nee Ben, ek het hom al darem 'n slag of wat uitgeklim. Van my lekkerste herinneringe is waar Oom Hendrik die verhaal van die slag op die berg vertel. En natuurlik die lekker saamsing. Ek probeer nou dink wanneer laas ek jou op die berg gesien het. Ek hou immers inspeksie by die wegspringplek :)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #7 op: November 14, 2011, 09:25:02 PM »
James,

Julle kunstenaars slaap mos maar laat....

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #8 op: November 15, 2011, 05:57:22 AM »
James ek is van plan om weer by die ou berg uit te kom, jy besef natuurlik dat ons hier in 'n barbaarse land sit met barbaarse wesens, dus sal ek nie nou al kan sê of ek teen daardie tyd nog gaan lewe nie.

Ek het al vir Ben so halfpad teen die berg op ontmoet, dit het nie gelyk of hy op pad was boontoe of onder toe nie, dus sal ons nie kan bepaal of hy al tot bo was nie. ???

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #9 op: November 15, 2011, 07:57:39 AM »
Ek het al vir Ben so halfpad teen die berg op ontmoet, dit het nie gelyk of hy op pad was boontoe of onder toe nie, dus sal ons nie kan bepaal of hy al tot bo was nie. ???

Ek dink hy het wag gestaan!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #10 op: November 15, 2011, 08:00:07 AM »
SP,

Ek het jou darem al bo-op die berg raakgeloop!

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #11 op: November 15, 2011, 10:32:44 AM »
Moet ook nie van die Cantus vergeet nie. Ek vertrou almal se hoede, dasse en baadjies sal ingepak wees.

Sanderis

  • Gas
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #12 op: November 15, 2011, 01:58:11 PM »
Julle kunstenaars slaap mos maar laat....

Hey , ek hoor jou ! ;D

Sanderis

  • Gas
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #13 op: January 30, 2012, 07:46:03 PM »
Slag van Majuba herdenk

'n Mediaverklaring van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) lui o.m. soos volg: “Elke jaar klim duisende feesgangers Majubaberg uit om die Slag van Majuba te herdenk, en jy kan ook. Dié veldslag het gedurende die Eerste Vryheidsoorlog op 27 Februarie 1881 plaasgevind. Die Engelse genl. GPC Colley het met 728 man die kruin van Majuba stilletjies die vorige nag beset met die doel om die Boere uiteindelik te verslaan en die pad na Pretoria oop te maak vir die Engelse magte in aantog vanaf Durban. Toe genl. Piet Joubert besef dat die Engelse die berg deur die nag beset het, gee hy vir sy twee generaals Frans Joubert en Nicolaas Smit die bevel: ‘Die Engelse is daar bo en julle gaan hulle daar afhaal... dadelik!’ Die res is geskiedenis...” Teen hierdie agtergrond bied die GHA vanaf 24 tot 26 Februarie vanjaar ’n uitgebreide program vir oud en jonk aan by Majuba om die beroemde slag te herdenk. Die geleentheid word ook gekop pel aan hernude herdenking van die Gelofte van Bloedrivier, wat destyds voor die Slag van Majuba spesifiek by hernuwing gedenk is. Hierin word die GHA ondersteun deur die Geloftevolk Koördineringskommitee (GKK). Vir meer besonderhede oor die herdenking, besoek www.afrikaans.org.za of skakel André Alkema by 082 5700 184 / majuba@afrikaans.org.za of Marie de Beer (017) 735 1962 of 082 852 2700.

Bron : DitsemBlits

Sanderis

  • Gas
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #14 op: January 30, 2012, 07:47:58 PM »



Die beeld wat hier vertoon is 'n skildery van Pierneef , ek noem dit maar net vir intresanthed vir die wat dit nie geweet het nie .

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #15 op: February 09, 2012, 03:52:52 PM »
GHA bied Majubafees aan .
Woensdag, 08 Februarie 2012 09:24 gha    .Elke jaar kry 'n kultuurorganisasie die geleentheid om die Majubafees aan te bied. Verlede jaar was dit Aksievrouekrag se beurt en voor dit die Verkenners.
Vanjaar bied die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) dit aan en is dit vir ons 'n besondere eer en voorreg om dit te kan doen.

Min mense besef die rol wat die Taalstryders van die Paarl gespeel het in die oorwinning by Majuba.

Ds SJ du Toit, stigter van die Genootskap van Regte Afrikaner (GRA) het in Die Patriot wat ook in die Vrystaat en Transvaal versprei is die Boere aangemoedig om die Engelse die stryd aan te sê.

PD van der Walt skryf in sy boekie SJ du Tiot: "Die gewildheid van die blad het grootliks toegeneem weens die onbewimpelde nasionale beleid daarvan, soos veral sedert 1877 geblyk het na die anneksasie van Transvaal deur Brittanje. Die koerant het reeds vroeër die kandidatuur van SJP Kruger gesteun, maar na Shepstone se anneksasie word die blad nou die raadgewer van die Transvaalse Boere. Eers het die redaksie die Transvalers tot leidelike verset gemaan, maar toe alle onderhandelingspogings met Engeland misluk om Transvaal sy vryheid te laat terugkry, was die boodskap van Die Patriot: "Lydelike verset is ydelike verset." Die Transvaalse leiers het die implikasie verstaan, sodat genl. Nicholaas Smit na die lees daarvan sou gesê het: "Burgers, maak skoon jul roers." "

Al die wins van die Majubafees gaan na die Majuba Boerevolk Trust wat dit aanwend vir die instandhouding van dié historiese erfenisterrein. Die Majuba Trust kry geen geld van die staat nie en weier uit beginsel om geld van die Lotto te vra. Daarby word Marie en Thys de Beer (wat op die terrein woon), 'n klein horarium van R3 000 elk maandeliks betaal vir hulle onbaatsugtige diens. Hulle bakkie (enigste ryding) se knormoer het ingegee en die enjin begin te kook wanneer hy die steiltes na die berg aandurf.

Die nood is werklik hoog. Daar is dringende instandhouding en opknapwerk nodig voordat die Majubafees op 24 - 26 Februarie 'n aanvang neem. Vandale het die koperpype en krane by die een ablusieblok afgesteel. Danksy die Verkenners wat elders geld ingesamel het, sal dit herstel kan word.

Die swartwattelbome(pes) het deur die jare van die kampeerruimtes oorgeneem. Van die bome het omgeval en lê die plek vol. Ek neem hierdie naweek 'n klompie vrywilligers saam om hieraan aandag te gee.

Die GHA wil graag van die Majubafees 'n groot sukses maak en hoe meer mense dit bywoon, hoe groter kan die inkomste wees wat die las van die Majuba Trust kan verlig.

PROGRAM

Behalwe van die Cantus (vir volwassenes) en die Cantile (vir skoliere) bied ons die Vrydagaand (vir die eerste keer!) 'n Boeredans aan. Die Vlakfontein Boereorkes met Dries Laas kom daar optree (gratis). Die Boeredans vereniging neem hier die leiding wat ook 'n vertoning gaan lewer van tradisionele danse.

Verder sal ons na die vlaghysing, feesrede en vlagvoorstelling deur die Perdekommando die berg uitklim. Die GHA gaan aan die eerste 500 persone (voorwaardes) wat die kruin bereik 'n medalje gee. Ook 'n eerste.

Majubafees 24 – 26 Februarie 2012

www.afrikaans.org.za

André Alkema, Voorsitter

Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #16 op: February 09, 2012, 03:59:33 PM »
Die komende naweek word daar gewerskaf op Majuba. Daar is heelwat herstel werk wat onderneem word om die komende fees so lekker as moontlik vir almal te maak. Indien iemand nog wonder wat om met jou naweek te maak, is hierdie 'n ideale geleentheid. Bring net jouself, slaapgoed, eetgoed en 'n ywer om te werk.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #17 op: February 10, 2012, 09:49:29 AM »
Sien jou daar!

Op kantoor Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #18 op: February 10, 2012, 10:36:59 AM »
ons is al amper daar!

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Majuba 2012 uitnodiging
« Antwoord #19 op: February 10, 2012, 10:58:47 AM »
ons is al amper daar!

Sommige van ons moet nog werk ook!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal