Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Internasionale klimaatberaad in Durban  (Read 194 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Internasionale klimaatberaad in Durban
« op: November 29, 2011, 08:58:28 PM »
Oplossing vir klimaat moontlik – Zuma
 
Deur NICO VAN BURICK

Veranderinge en oplossings is altyd moontlik, maar dan moet partye verby hul eie nasionale belange kyk in hul soeke na globale oplossings, sê pres. Jacob Zuma.

Hy het tydens die amptelike opening van COP 17, die internasionale klimaatberaad in Durban, gesê verskillende lande het verskillende sieninge oor klimaatsverandering omdat die invloed daarvan in die onderskeie wêrelddele verskil.

“In Afrika is dit ’n kwessie van lewe of dood.” Volgens hom is Afrika meer kwesbaar omdat armoede mense se vermoë om te kan aanpas, beperk.

Zuma het gesê van Suid-Afrika se bydraes tot ’n “groen ekonomie” sluit in ’n ooreenkoms met die Demokratiese Republiek van die Kongo vir die skep van ’n hidro-elektriese projek wat meer as die helfte van Afrika van krag sal voorsien.

Die beraad, wat deur sowat 15 000 verteenwoordigers uit bykans 200 lande bygewoon word, bestaan uit twee dele. Aan die een kant is daar COP 17, wat die sewentiende byeenkoms is van lande wat betrokke is by die Verenigde Nasies se raamwerk-konvensie oor klimaatsverandering (UNFCCC), en aan die anderkant is dit ook die sewende vergadering van lande wat die Kioto-verdrag oor klimaatsverandering onderskryf het.

1 389 joernaliste doen verslag
Altesame 1 389 joernaliste van oor die wêreld het geregistreer om oor die volgende twee weke oor die verrigtinge verslag te doen.

Zuma sowel as me. Christiana Figueres, uitvoerende sekretaris van die UNFCCC, het verwys na Suid-Afrika se onderhandelings vir ’n nuwe politieke bedeling in die vroeë jare negentig en het dit as voorbeeld voorgehou oor wat bereik kan word.

Suid-Afrika het daarin geslaag om, teen alle verwagtinge in, ’n nuwe politieke bedeling deur onderhandeling te beding en daardeur die wêreld se model geword vir onderhandelings met die oog op ’n beter toekoms, het Figueres gesê. Sy sê Suid-Afrika se voorbeeld kan as inspirasie dien vir die volgende twee weke se onderhandelinge.

28 November 2011

Sanderis

  • Gas
Re: Internasionale klimaatberaad in Durban
« Antwoord #1 op: December 10, 2011, 09:34:51 AM »
COP17 neig na nog ’n dooiepunt
2011-12-09 23:29



André le Roux en Dries Liebenberg

Durban. – Spanning by die COP17-klimaatberaad het gisteraand dramaties toegeneem toe die Europese Unie (EU) ’n kompromisvoorstel verwerp het dat die ernstigste twispunte na volgende jaar se beraad in Katar verwys word.

“Ons staar weer ’n Kopenhagen (die COP15-beraad wat in 2009 misluk het) in die gesig,” het ’n EU-bron hier gesê.

Volgens ’n afskrif van die verwerpte kompromisdokument wat Beeld bekom het, sou verskeie komitees getaak word om haakplekke “as ’n saak van dringendheid” in die volgende 12 maande uit die weg te ruim.

Die vraagstukke wat, ná twee weke van onderhandelings, van Durban na COP18 vir finale besluitneming verwys sou word, sluit in:

    Wysigings aan die Kioto-protokol;
    ’n “Regsraamwerk” vir ’n nuwe klimaatverdrag; en
    Die samestelling en magte van die beheerliggaam wat die Groen Klimaatfonds (GKF) moet bedryf.

Die plan gisternag was om dié dokument vanoggend eers by COP17 se amptelike vergadering voor te lê.

Aanduidings is dat die EU geweier het om van sy onverbiddelike aandrang op wetlik bindende ooreenkoms in Durban afstand te doen.

“Ons is baie na aan ’n ooreenkoms, maar ons is nog nie daar nie,” het me. Connie Hedegaard, leier van die EU, gisteroggend gesê.

Sy het in dieselfde asem gewaarsku dat daar “geen ooreenkoms” sal wees as álle lande hulle nie tot die EU se 2015-sperdatum vir ’n nuwe klimaatverdrag verbind nie.

Volgens Hedegaard het die “meerderheid” van die lande by die beraad hul steun aan die EU-plan toegesê.

Dit sluit in Suid-Afrika en Brasilië, twee lede van die Basic-groep van lande wat dit twee dae gelede nog teengestaan het.

“Indien die ander helfte van die Basic-groep (China en Indië) en die VSA nie aan boord kom nie, kan daar in Durban geen ooreenkoms wees nie. Dit sal tragies wees,” het sy gesê.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Internasionale klimaatberaad in Durban
« Antwoord #2 op: December 11, 2011, 05:36:11 PM »
Glo laatnag tot n ooreenkoms gekom - maar nou weet ons dat die ooreenkoms nooit tot uitvoer gebring word nie!!!
Kennis is mag

Afwesig Oranje Vrystaat

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 252
Re: Internasionale klimaatberaad in Durban
« Antwoord #3 op: December 11, 2011, 10:50:10 PM »
Daar is geen oplossing nie.

Dit is geldmors en 'n verskoning vir "leiers" om rond te rits en die "naglewe" van Durban te besoek.

God het 'n plan met alles, vra maar vir Noag.

Vir Volk en Vaderland

Sanderis

  • Gas
Re: Internasionale klimaatberaad in Durban
« Antwoord #4 op: December 11, 2011, 10:56:50 PM »
Ek verskil met jou Oranje Vrystaat , ek glo daar is oplossings maar dat dit met tyd te veel mense te veel geld gaan kos bedoelende dat hulle dit sal verloor . Ons (die mense wat op die Aarde bly ) is stadig besig om dit te vernietig , ek is 'n voorstaander vir hernubare energiebronne om die las te verlig wat ons op die Aarde plaas .

Ek stem wel saam met jou dat God 'n plan het met alles , maar dit beteken nie ons moet bly begaan in ons weë nie ; nee ons sal moet verander in ons denke wat fisiese verandering teweeg sal bring .
« Laaste verandering : December 11, 2011, 10:58:26 PM deur Sanderis »


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal