Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Sing vir Vryheid  (Read 579 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Sing vir Vryheid
« op: December 06, 2011, 12:31:08 PM »
Bravolanders,

Die berugte Verkennerskoor het bepaalde sukses behaal met hul koor oefeninge. Hier is nou 'n ander geleentheid om deel te neem aan 'n koor wat ten doel het om ons Vryheid te ondersteun. James Kemp, Jankejan, Jan Beyers, Alwyn, Oom Clem en Oom Andre Strydom is manne wat so vinnig by my opkom wat beslis deel van die koor behoort te wees.

Ek het onderstaande e-pos van Tannie Bets Botha ontvang:


Ek wil 'n koor begin, ten minste 100 lede, wat in die eerste instansie die regte gesindheid het teenoor die Volksraad het en die groepe wat dit ondersteun. In beginsel wil ek met die koor 'n musikale bewussyn vir hierdie groep skep wat sal help om 'n volkbewussyn net stewiger te messel.
Dit is dus belangrik dat jou hart op die regte plek moet sit. Jy moet die dissipline hê om die repitisies by te woon en bereid wees om deur die land te gaan toer. Daarom moet ons te minste 100 lede wees, aangesien ons in gedagte moet hou dat nie almal Sigeuners is wat net kan sing nie en gevolglik moet ons stemme kan roteer.
Voorlopig lyk dit asof ons van volgende jaar af in die Willie Maraissentrum sal kan oefen, maar dis nog nie vasgemaak nie. Belangstellendes kan my skakel by 0793531997 net sodat ons oor stemkategorisering kan gesels.
Ofskoon die repertorium liedere uit die FAK, Opera- en Operetteuittreksels sal insluit, sal daar eerstens aan 'n gewyde program gewerk word wat oor die Paasfees volgende jaar en 31 Mei opgevoer kan word. Die titel van die program is "'n Vrye Volk tot Eer van God" en sal items soos die Kantate  "'n Vaste Burg is Onse God" tot by die "Hallelujakoor" insluit.
Asseblief aan almal wat 'n hunkering het om te sing maar nog altyd te bang was om dit te doen. Hier is jou geleentheid. Ek wag vir julle oproepe.
Groete,
Bets Botha.
« Laaste verandering : December 06, 2011, 04:34:52 PM deur Ben Geldenhuys »

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #1 op: December 06, 2011, 02:13:49 PM »
Sjoe Ben, ek weet darem nie of ek koor materiaal is nie. Ons rockers hoef mos nie rerig noot te hou nie. Jan van Zyl het ek egter so twee weke gelede om die kampvuur gehoor en hy kan verseker gaan sing.

Ek sal egter steeds inskakel op die voorwaarde dat Jan langs my staan en ek net mimiek.

So Jan, as jy in is sal ek dit ook aandurf.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #2 op: December 06, 2011, 02:21:43 PM »
Terloops Jan, hierdie is seker nie jou brief nie - http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Plus-in-VF-is-dan-die-ou-KP-20111205

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #3 op: December 06, 2011, 02:27:44 PM »
Sjoe Ben, toe ek die draad begin lees, het ek vir een verskriklike oomblik gedink dit is jy wat al hierdie hogere goete sê!  :P :o
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #4 op: December 06, 2011, 03:01:17 PM »
As ons dit 'n korrespondensiekursus in koorsang kan maak sal ek graag wil deelneem.  Ongelukkig te ver van die Hartland om gereeld vir oefening te kom, maar ek dink tannie Bets het 'n skitterende idee.  Ek wil almal wat dit kan maak aanspoor om in te skakel.

Ek reken as die Verkennersposte in Pretoria omgewing dit 'n pos-inisiatief maak om saam met hulle vrouens en kinders die kooroefening by te woon dit tot grootse kultuurbevordering, onder ons Verkenners-gesinne, maar ook onder ons volk kan dien.  As ek die beplande eerste teman kyk behoort dit deur die land te toer om te doen wat "Ons Vir Jou" in die staats gedoen het.

  James, ek twyfel oor die storie van rockers wat nie noot hou nie, julle is dalk net nie lus om daaraan te werk nie.  Toe ons destyds by die AP Akademie 'n sanggroep begin het het ek gesien hoe tannie Elise Rautenbach van 'n klomp manne wat gedink het hulle kan nie sing nie 'n sanggroep gemaak het wat tot laserplate opgeneem het en toere na ons gemeentes onderneem het.  Ek is seker tannie Bets sal van julle 'n formidabele koor kan maak.

Tannie Bets, baie sterkte met die inisiatief, ek hoop en glo dat dit geslaagd sal wees.  Ons hier op die uithoeke van ons landskaart sal vir julle voorbidding doen en julle met ope arms ontvang sodra julle wil kom toer.  Ek is seker die Verkenners op Kuruman en Kathu en Karina hulle op Upington sal ook.  Die eerste toer moet beslis die Noord-Weste insluit. 
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #5 op: December 06, 2011, 03:26:15 PM »
Ek sal maar my sing daar na julle toe stuur, dalk help dit  :P  ::)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #6 op: December 06, 2011, 03:32:30 PM »
Terloops Jan, hierdie is seker nie jou brief nie - [url]http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Plus-in-VF-is-dan-die-ou-KP-20111205[/url]


Ja nee as Jankejan die ding geskryf het sal ek eer my hoed opeet, en hom dan afslag!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #7 op: December 06, 2011, 04:36:32 PM »
Sjoe Ben, toe ek die draad begin lees, het ek vir een verskriklike oomblik gedink dit is jy wat al hierdie hogere goete sê!  :P :o

Jammer Oom, het hom nou so bietjie verander dat dit duidelik is dit is nie my hogere goete nie.

Ek neem aan Oom Doom gaan deel word van die koor?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #8 op: December 06, 2011, 04:38:49 PM »
So in die eerste dag het ons dan die volgende lede wat aangemeld het:

James Kemp (met Jankejan reg lanks hom)
Oom Doom
Jan Beyers


Hoe lyk dit Sanderis, is jy in?

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #9 op: December 06, 2011, 06:12:57 PM »
1. James Kemp
2. Oom Doom
3. Jan Beyers
4. Jan van Zyl
5. Ben Geldenhuys
6. Sanderis?
7. Ruan Combrink?

Sanderis

  • Gas
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #10 op: December 06, 2011, 09:18:48 PM »
Hoe lyk dit Sanderis, is jy in?

Kan probeer ; ek weet egter nie hoe lank ek nog in die noorde gaan wees nie .

Afwesig Oranje Vrystaat

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 252
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #11 op: December 06, 2011, 10:29:30 PM »
Ai man!  Ek sou so iets baie graag wou ondersteun.  Bloemies is ook net bietjie ver vir oefening!
Vir Volk en Vaderland

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #12 op: December 07, 2011, 07:51:10 AM »
Dankie dat my naam sommer so opgesit is. Ek is baie lief vir sing, maar ek voorsien probleme met optredes met dié dat ek elke Sondag iewers "optree". Soms is dit ver en moet ek óf baie vroeg opstaan en in die pad val, óf Saterdag ry en oorslaap. Kom ons kyk maar eers. Riaan, my seun, sal waarskynlik baie graag inval as hy mag. Hy was een van die koorlede van die APA waarvan Martin hier bo praat, en het ook solo's saam met die koor gesing.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #13 op: December 07, 2011, 03:45:29 PM »
Ek het die volgende boodskap van Tannie Bets ontvang:


Beste Ben,
Baie dankie vir die plasing van my skrywe en die aanmoediging van jou kan af om die mense aan te spoor. Aan Martin Jordaan en Oranje Vrystaat, dankie vir julle reaksies. In die besonder wonder ek of ons nie kore op ander plekke ook moet stig nie, met die oog op groot massa-sang tydens massa-saamtrekke. Hoe voel die mense hieroor of raak ek nou te entoesiasties?
Nogmaals dankie vir die reakie op die skrywe. Ek sien daarna uit om by 0793531997 gekontak te word en al die goeie manne, bring gerus julle vrouens saam.
Groete,
Bets Botha.

Sanderis

  • Gas
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #14 op: December 08, 2011, 09:19:48 PM »
1. James Kemp
2. Oom Doom
3. Jan Beyers
4. Jan van Zyl
5. Ben Geldenhuys
6. Sanderis?
7. Ruan Combrink?

Hoekom sien ek nie Bittereinder se naam nie ?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #15 op: December 08, 2011, 10:01:19 PM »
1. James Kemp
2. Oom Doom
3. Jan Beyers
4. Jan van Zyl
5. Leon Cornelius
6. Sanderis
7. Ruan Combrink
8. Oom Doom se seun Riaan van Staden

Sanderis

  • Gas
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #16 op: December 08, 2011, 10:03:48 PM »
Nou laat ek daaraan dink , Peregrinus bly mos ook in Pta omgewing ....

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #17 op: December 09, 2011, 06:21:04 AM »
en baas Ben bly sy naam uit die lys haal...

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #18 op: December 09, 2011, 06:24:57 AM »
Daar was 'n tik fout toe maak ek hom gou vir julle reg.

1. James Kemp
2. Oom Doom
3. Jan Beyers
4. Jan van Zyl
5. Ben Geldenhuys
6. Sanderis
7. Ruan Combrink
8. Oom Doom se seun Riaan van Staden
9. Leon Cornelius
« Laaste verandering : December 09, 2011, 06:51:24 AM deur Ben Geldenhuys »

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Sing vir Vryheid
« Antwoord #19 op: January 17, 2012, 03:54:01 PM »
Beste Ben,
 
Baie dankie vir die positiewe beriggewing ivm die koor. Dankie ook aan almal wat gereageer het. Kan ek asb vra dat jy net die volgende op Bravoland pos?
 
Die nuwe koor kom eerskomende Donderdag, die 19de bymekaar. Die tyd is 18:30 en die plek is die Willie Maraissentrum in Paul Krugerstraat. Ek hoop dat almal wat se name op die lys verskyn het daar sal wees en die manne kan gerus hulle vrouens, meisies, saambring.
 
Die kooroefening sal tot 21h00 duur. Bring gerus water saam, want ons gaan reeds begin oefen. Ek is baie bly om te kan noem dat ons reeds vir 'n optrede in Groblersdal op 16 Desember vanjaar bespreek is.
 
Vanaf volgende week sal ons elke Dinsdag oefen, danksy 'n vriendelike vergunning van mnr. Paul Kruger, wat terloops saam met sy vrou ook gaan deelneem.
 
Sien almal Donderdagaand.
Groete,
Bets.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal