Beste Ben,
Baie dankie vir al die plasings wat jy vir my gedoen het. Ek wil net langs hierdie weg almal bedank wat verlede Dinsdag die eerste repitisie bygewoon het. Ek is baie opgewonde oor die entoesiasme, kwaliteit en intelligensie van die mense wat daar was. Hou dop. Hier kom 'n ding.
Kan ek net vra dat almal wat hulle name op Ben se lys laat bly het, asb probeer om more se oefening by te woon. Ek verstaan dat daar 'n belangrike vergadering rakende die Volkraad en ons vryheid geskied. Dit geniet natuurlik altyd voorrang en die meeste van die betrokke persone het reeds verskoning aangeteken.
Te oordeel aan dit wat ek Dinsdag gehoor het, sal hierdie koor 'n paar items op 6 April, die Paasfees, Hemelvaart en 31 Mei kan lewer. Indien daar instansies is wat in optredes belangstel kan hulle my kontak by 0793531997. Ek kan net meld dat aangesien hierdie koor slegs vir vryheidsgesinde organisasie sal optree, sal 'n deel van die fooi wat gevra word, na die Volksraad gaan.
Ek hoop dat daar talle nuwe gesigte more sal wees en dat ons maklik 'n 100-tal sal haal.
Nogmaals dankie aan almal,
Bets Botha.