Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Bure in die buitenste ruim?  (Read 512 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Bure in die buitenste ruim?
« op: December 11, 2011, 10:07:41 AM »
Het julle kennis geneem van die onlangse nuusberigte oor die planeet (Keppler 22b) wat onlangs ontdek is. Volgens berigte is die planeet `n bewoonbare afstand van sy son af en het moontlik lopende water op sy oppervlak. `n NASA-verklaring lui dat die planeet moontlik reeds bewoon word. Wat hulle daarmee bedoel weet ek nie.

Wat is julle mening oor bewoners van die buitenste ruim? Kan daar iewers `n ander planeet wees, soortgelyk aan ons s'n met lewende wesens soortgelyk aan ons?

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #1 op: December 11, 2011, 05:33:04 PM »
Ja James ek dink dit is moontlik - trouens, dit is moontlik dat daar n paar duisend sulke planete is - wie is ons om die Heer se  alles oorheerdende almag te onderskat?

Hoe ons mense daar gaan kry, weet ek nie, want dit is honderde ligjare van ons af........
Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #2 op: December 11, 2011, 10:47:07 PM »
Intresante onderwerp wat jy aanraak James , hier is die berig waarna jy verwys :

‘2de aarde’ dalk gevind
2011-12-07 00:00


Elsabé Brits

Kaapstad. – ’n Moontlike tweeling-planeet vir die aarde is ontdek.

Die planeet is, nes die aarde, in ’n bewoonbare sone van sy son af en het moontlik lopende water op sy oppervlak.

Nasa se Kepler-teleskoop het bevestig Kepler 22b, die planeet, wentel om ’n ster (G5), soortgelyk aan die aarde se son.

’n Bewoonbare sone om ’n ster beteken die planeet moet aardagtig (rots) wees en nie so ver van sy son dat hy vries nie, maar ook nie so naby dat hy verskroei nie.

Dit is moontlik dat lopende water op Kepler 22b voorkom en Kepler 22b is dalk reeds bewoon, lui ’n Nasa-verklaring.

Sy oppervlaktemperatuur is sowat 22 °C – net reg vir lopende water, meen Nasa.

Daar is al 2?326 planete met die Kepler-teleskoop gevind, maar hierdie is die eerste een waarvan die bewoonbare afstand vanaf sy son bevestig kon word.

Die status wat bewoonbaarheid betref van die ander 54 planete wat oorweeg word, is onbevestig.

Sterrekundiges spoor hierdie planete so op: Die wentelbane van planete van ’n soortgelyke grootte as die aarde is van so ’n aard dat hulle periodiek voor hul son verby sal beweeg. Dit veroorsaak dat die son se lig effe sal verdof en dit is dié verdowwing wat met ruimte-teleskope waargeneem word. Die planeet se massa en omtrek word dan wiskundig bepaal.

Volgens Nasa is vele ander planete vermoedelik almal gasagtig en kan nie lewe ondersteun nie.

Die bevestiging van Kepler 22b se bewoonbaarheid is ’n “groot stap nader om die aarde se tweeling te vind,” sê dr. Douglas Hudgins, Kepler-wetenskaplike.

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #3 op: December 17, 2011, 11:37:31 AM »
Om presies vas te stel wat op die planeet aan gaan is nog 'n redelike raai skoot. Die planeet le in wat NASA beskryf as die "sweet zone". Dit beteken dat 'n planeet min of meer die selfde afstand is van af sy lokale ster as wat ons vanaf ons ster, die son is, dan ook moet die ster min of meer in die selfde klas val as ons ster want swakker is die planeet koeler en sterker sal dit te warm wees.

Dan word daar gekyk na die kleur spektrum wat weerkaats word vanaf die planeet om vas te stel uit watter gasse die atmosfeer bestaan, so weet hulle min of meer of daar moontlik water is. So kan daar dalk mikrobe wees wat die basiese bou blokke is van lewe, dalk nie soos ons dit ken nie. Ook dan met die wentel van die planeet om sy lokale ster kan hulle die gravitasie kragte in en om die planeet vas stel.

Ongelukkig met huidige aan drywing sal dit 'n mens gemaakte voorwerp 6000+ jaar vat om daar te kom, ook dan intresant wat ons nou waarneem het 6000 jaar gelede gebeur, want onthou wat ons sien is lig en dit kan nie vinniger as die spoed van lig beweeg nie. E=MC2.
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #4 op: December 17, 2011, 01:50:12 PM »
Tong in die kies - miskien moet ons bietjie wyer as die Suid-Afrikaanse (of dalk die aarde se) grense kyk vir 'n volkstaat...

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #5 op: December 18, 2011, 05:50:21 AM »
Wel 'n vars begin op 'n ongerepte planeet, klink goed. Dan los ons al die ongewensdes hier saam met al die joiners jippppie... ;)
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #6 op: December 18, 2011, 02:28:53 PM »
Daar kan dalk reeds ongewensde wesens daar bly :) Interplanetere apartheid?

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #7 op: December 18, 2011, 05:06:40 PM »
Miskien kan ons hier bly en die verlooptes en afrikaanses en broedertjies en die sollies daarheer laat verhuis..... ;)
Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #8 op: December 18, 2011, 05:46:23 PM »
Dit beteken dat 'n planeet min of meer die selfde afstand is van af sy lokale ster as wat ons vanaf ons ster, die son is, dan ook moet die ster min of meer in die selfde klas val as ons ster want swakker is die planeet koeler en sterker sal dit te warm wees.


Ouderdom van die ster (son) is ook belangrik , hoe ouer die ster word hoe groter word dit en koel dit meer af maar omdat dit groter word sal die temperatuur op die planeet redelik konstant bly ; ons sit basies met dieselfde penarie met ons son - as ons die mens nie ons planeet self vernietig nie sal die son dit wel self mettertyd (iets soos oor 400 miljoen jaar van nou ) doen deur ons planeet in te sluk soos wat dit groter word . Op die stadium is ons son van gemiddelde grote en gemiddelde ouderdom .

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #9 op: December 23, 2011, 05:54:35 PM »
Die ipad het n interessante program starwalk wat inligting oor sterre kan gee as jy hom na sterre toe wys.  Wonder hoe reg die inligting is.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #10 op: December 23, 2011, 09:48:37 PM »
Hi Johan, ek het dieselfde op my Acer pad. Het dit nou al 'n paarkeer gebruik en dit is baie akkuraat. Ek het orion gebruik as 'n maatstaf die pad in sy rigting gewys en die het presies orion gewys waar hy was. ;D
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #11 op: December 24, 2011, 10:46:43 AM »
Dan moet ek dit kry
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #12 op: December 25, 2011, 08:11:51 PM »
Met my agtergeblewenheid op tegnologiese gebied sal ek dit waardeer as julle jongmanne bietjie meer breedvoerig verduidelik asseblief - en alhoewel ek belangstel in die ruimtes, is ek onbeholpe weens n gebrek aan kennis oor wat toerusting kan bydrae om te help kennis inpalm oor die planete
Kennis is mag

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #13 op: December 25, 2011, 09:16:32 PM »
Die ipad is soos n rekenaartjie met n kameraen as mens die kamera na die ster wys vertoon daar informasie van die ster, die ipad is in staat om jou ligging op te tel waar jy is dan tel hy ook op watter sterre in jou gebied is.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #14 op: December 26, 2011, 04:01:12 AM »
Dankie Johan - nou weet ek ook dat die ipad nie so nutteloos is as wat ek gedink het nie....... :P
Kennis is mag

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #15 op: December 26, 2011, 06:38:56 AM »
En hier dink ek 'n ipad is 'n ding om op te ry in kwaai Zoeloe Natal.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #16 op: December 26, 2011, 09:27:43 AM »
Dis n handige ding Alwyn ek preek ook van hom af.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #17 op: December 29, 2011, 02:14:34 PM »
Hi Johan ek het weer gekyk, die program wat ek het is google sky map. Oom Clem dit is nogal handig veral as ek in die kajuit is en die kaptein wil iets weet dan wys jy hom daar en hoef nie al die pad kantoor toe te gaan om die papier vir hom te kry nie.... Spaar baie tyd. 8)
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Bure in die buitenste ruim?
« Antwoord #18 op: December 29, 2011, 03:47:50 PM »
Ongelukkig nie op ipad nie.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal