Algemene Sake > Bravoland Kuier Afdeling
Bure in die buitenste ruim?
James Kemp:
Het julle kennis geneem van die onlangse nuusberigte oor die planeet (Keppler 22b) wat onlangs ontdek is. Volgens berigte is die planeet `n bewoonbare afstand van sy son af en het moontlik lopende water op sy oppervlak. `n NASA-verklaring lui dat die planeet moontlik reeds bewoon word. Wat hulle daarmee bedoel weet ek nie.
Wat is julle mening oor bewoners van die buitenste ruim? Kan daar iewers `n ander planeet wees, soortgelyk aan ons s'n met lewende wesens soortgelyk aan ons?
Clem de Klerk:
Ja James ek dink dit is moontlik - trouens, dit is moontlik dat daar n paar duisend sulke planete is - wie is ons om die Heer se alles oorheerdende almag te onderskat?
Hoe ons mense daar gaan kry, weet ek nie, want dit is honderde ligjare van ons af........
Sanderis:
Intresante onderwerp wat jy aanraak James , hier is die berig waarna jy verwys :
‘2de aarde’ dalk gevind
2011-12-07 00:00
Elsabé Brits
Kaapstad. – ’n Moontlike tweeling-planeet vir die aarde is ontdek.
Die planeet is, nes die aarde, in ’n bewoonbare sone van sy son af en het moontlik lopende water op sy oppervlak.
Nasa se Kepler-teleskoop het bevestig Kepler 22b, die planeet, wentel om ’n ster (G5), soortgelyk aan die aarde se son.
’n Bewoonbare sone om ’n ster beteken die planeet moet aardagtig (rots) wees en nie so ver van sy son dat hy vries nie, maar ook nie so naby dat hy verskroei nie.
Dit is moontlik dat lopende water op Kepler 22b voorkom en Kepler 22b is dalk reeds bewoon, lui ’n Nasa-verklaring.
Sy oppervlaktemperatuur is sowat 22 °C – net reg vir lopende water, meen Nasa.
Daar is al 2?326 planete met die Kepler-teleskoop gevind, maar hierdie is die eerste een waarvan die bewoonbare afstand vanaf sy son bevestig kon word.
Die status wat bewoonbaarheid betref van die ander 54 planete wat oorweeg word, is onbevestig.
Sterrekundiges spoor hierdie planete so op: Die wentelbane van planete van ’n soortgelyke grootte as die aarde is van so ’n aard dat hulle periodiek voor hul son verby sal beweeg. Dit veroorsaak dat die son se lig effe sal verdof en dit is dié verdowwing wat met ruimte-teleskope waargeneem word. Die planeet se massa en omtrek word dan wiskundig bepaal.
Volgens Nasa is vele ander planete vermoedelik almal gasagtig en kan nie lewe ondersteun nie.
Die bevestiging van Kepler 22b se bewoonbaarheid is ’n “groot stap nader om die aarde se tweeling te vind,” sê dr. Douglas Hudgins, Kepler-wetenskaplike.
Jacques Cloete:
Om presies vas te stel wat op die planeet aan gaan is nog 'n redelike raai skoot. Die planeet le in wat NASA beskryf as die "sweet zone". Dit beteken dat 'n planeet min of meer die selfde afstand is van af sy lokale ster as wat ons vanaf ons ster, die son is, dan ook moet die ster min of meer in die selfde klas val as ons ster want swakker is die planeet koeler en sterker sal dit te warm wees.
Dan word daar gekyk na die kleur spektrum wat weerkaats word vanaf die planeet om vas te stel uit watter gasse die atmosfeer bestaan, so weet hulle min of meer of daar moontlik water is. So kan daar dalk mikrobe wees wat die basiese bou blokke is van lewe, dalk nie soos ons dit ken nie. Ook dan met die wentel van die planeet om sy lokale ster kan hulle die gravitasie kragte in en om die planeet vas stel.
Ongelukkig met huidige aan drywing sal dit 'n mens gemaakte voorwerp 6000+ jaar vat om daar te kom, ook dan intresant wat ons nou waarneem het 6000 jaar gelede gebeur, want onthou wat ons sien is lig en dit kan nie vinniger as die spoed van lig beweeg nie. E=MC2.
James Kemp:
Tong in die kies - miskien moet ons bietjie wyer as die Suid-Afrikaanse (of dalk die aarde se) grense kyk vir 'n volkstaat...
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version