Boere en Britse weergawes van slag van Colenso
Talle veldslae , skermutselings en insidente tydens die ABO is deur 'n groot verskeidenheid soldate , burgers en korrespondente geboekstaaf en hedendaagse geskiedkundiges maak grootliks gebruik van sulke bronmateriaal om 'n akkurate en gebalanseerde geheelbeeld te kan skep . Hoe meer weergawes daar dus is van 'n spesifieke gebeurtenis , hoe beter kan navorsing daaroor gedoen word . Tog moet dit dikwels met die tong in die kies gelees word - afhangende van die sentimente van die skrywers , kan dieselfde gebeurtenis dikwels deur twee bronne in 'n verskillende perspektief gestel word , al is beide meerendeels korrek .
Op 15 Desember 1899 vind die slag van Colenso plaas , waar groot getalle Tommies sneuwel o.a. Lord Roberts se seun Freddy en tien Britse kanonne gebuit word . Dié was 'n gevoelige slag vir die Britse moreel in Engeland , waar die publiek wysgemaak was dat hul Leër spoedig sou klaarspeel met 'n sg. burgerlike opstand . Ene Kolonel Bullock was in bevel van die 2de Devons-regiment se kannoniers en die gebeure tydens sy oorgawe word soos volg deur Thomas Packenham aangehaal . Sy bronne : die kolonel se eie getuienis (6 Aug . 1900) tydens 'n krygsraadondersoek daarna , o.a. dié van ene Kolonel Hunt (15 Jun. 1900) en 'n Maj. Walter (8 Aug. 1900) ; m.a.w 'n halwe jaar na die voorval :
About 4:30 pm some Boers crossed the river , and rode over the donga . One of them called on the British to surrender . The senior British officer was Colonel Bullock , the CO of the 2nd Devons , who had pushed forward to the east of the railway line , and then taken refuge in this small donga with about twenty unwounded men of his batallion . Bullock refused to surrender . The Boers retreated , then exchanged shots with Bullock at a range of about fifty yards . Two of the Boers dropped - apparently shot . The Boers reapeared with a white flag . They pointed out that the donga was full of wounded , who would unavoidedly be shot , if Bullock insisted on fighting . They chivalrously offered to let the wounded be removed , before going on with the fight .
Meanwhile , less chivalrously , about a hundred Boers had crept round the side of the donga , and emerged holding their rifles pointed at the heads of the Devons . Perhaps Bullock would have chosen death and glory . He had no choice . One of the Boers hit him in the face with a rifle butt , knocking out some of his front teeth . Bullock and the rest of the Devons , and the unwounded gunners were bundled off as prisoners .
Generaal Wynand Malan was (toe nog as gewone burger) self by die veldslag betrokke en sy oorlogsherhinneringe is gelukkig ook vir die nageslag geboekstaaf (met die hulp van H.J.C. Pieterse) . Hy onthou vir Bullock as 'n Kaptein . Sy weergawe van gebeure lees kort en bondig :
Onder diegene wat by die kanonne in die slote oorgegee het , was ene Kaptein Bullock . Hy weier om sy wapens af te gee . Sy persoon sal hy gevange gee , maar sy wapens nooit . Dié beduie hy , behoort aan die Engelse regering . Sonder hulle verlof kan hy so iets nooit afgee nie . Ongelukkig is die vurige Manie Maritz , later Generaal , nie bereid om te wag totdat die onnosele Kaptein sodanige verlof uit Engeland ontvang nie . Hy moker Bullock sommer met die geweer . Dit bring die kêrel tot beter insigte en hy gee onvoorwaardelik oor .