Geagte Bravoland Burgers
Noudat elkeen darem seker weer teruggekeer het na normale daaglikse aktiwiteite, wil ek julle 'n baie voorspoedige 2012 toewens. Ons wil graag hierdie jaar 'n Bravolanddoelstellingslys opstel en probeer om soveel moontlik gedoen te kry. Die eerste wat nou voorlê, is die beplande Bravoland Kunstefees, waar ons Bravoland se vyfde verjaarsdag ordentlik wil vier. Daar is reeds 'n afdeling waar dit bespreek word, gaan loer gerus daar en gee asseblief nog werkbare idees. Help ons ook om dit so wyd as moontlik te bemark.
Ons het so 'n paar jaar gelede begin om resepte en staaltjies in te samel vir 'n Bravoland lekker kuier resepteboek. Dink julle dat so iets tog nog werkbaar sal wees? Indien wel, sal julle asb jul gunsteling resepte en staaltjies met ons deel? Noem asb ook die nodige erkenning as dit nie jou eie werk is nie. Nog idees sal beslis waardeer word.
Hierdie is sommer nou twee projekte waaraan ek so vinnig kan dink. Kyk asb uit vir die nodige afdeling genaamd: Bravoland Doelstellings 2012 en gee nog idees!
'n Wonderlike en vrye 2012 vir u elkeen.
Bravoland Groete
ASP C. Burger