Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Dis wat van 'n eers trots Afrikaanse universiteit oorgebly het!  (Read 221 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Dis wat van 'n eers trots Afrikaanse universiteit oorgebly het!
« op: January 11, 2012, 08:59:43 AM »
Skok heers ná stormloop by UJ
   
Johannesburg – Duisende geskokte voornemende studente en hul ouers het buite die Universiteit van Johannesburg (UJ) gestaan nadat ‘n vrou gesterf en 17 ander mense in ‘n stormloop beseer is.

“Die nuus dat iemand dood is, het my geskok,” het Jane Monare gesê. Sy en haar dogter het in die vroeë oggendure van Bethlehem na Johannesburg gery. Haar dogter beplan om meganiese ingenieurswese te studeer.

“Ek wonder hoekom die universiteit se administrasie nie iets hieroor gedoen het om hierdie probleem te vermy nie,” het Monare gesê.

Talle ambulanse en polisievoertuie is steeds buite die ingang na die kampus in Buntingweg.

Die polisie en veiligheidspersoneel van die universiteit laat niemand op die kampus toe nie.

“Niemand sê enigiets vir ons nie – om vir ons te sê wat gaan gebeur nie,” het Monare vertel.

“Ek wens die onderwysstelsel kan verbeter word sodat hierdie voorvalle vermy kan word.”

Sommige voornemende studente het op die sypaadjie geslaap en gewag vir die hekke om oop te maak.

Carol Mkhonto, van die Oos-Kaap, sê sy was 300 m van die hoofingang voor die stormloop plaasgevind het. Sy wou uitvind wat die status van haar aansoek is. Sy het verlede week probeer, maar is aangesê dat dit “nie in die sisteem was nie.”

“Ek voel baie erg hieroor,” het sy vertel.

Mkhonto meen die probleem het ontstaan aangesien voornemende studente en huidige studente wat verder wil studeer, in dieselfde registrasielyn moes staan.

“Daar was ‘n stormloop as gevolg van ‘n opeenhoping omdat die universiteit almal wat hernu en die nuwelinge in dieselfde lyn gesit het.”

“Ons het ‘n oproep vanoggend omstreeks 07:30 ontvang. Daar word beweer dat die stormloop gebeur het net ná hulle die hek oopgemaak het,” het Nana Radebe, ‘n woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste, gesê.

‘n Vrou het tydens die voorval gesterf en 17 mense is beseer.

Een vrou het kritieke beserings aan haar kop- en bors opgedoen.

Marie Muller, registrateur by UJ, het aan eNews gesê die stormloop het gebeur terwyl studente op die laaste nippertjie aansoek wou doen.


Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Dis wat van 'n eers trots Afrikaanse universiteit oorgebly het!
« Antwoord #1 op: January 11, 2012, 09:00:50 AM »
UJ 'kon meer doen'
   
Johannesburg – Die Universiteit van Johannesburg kon maatreëls in plek gestel het om die groot getal mense wat by die instelling wou registreer, te akkommodeer, het die Jong Kommunisteliga Dinsdag gesê.

“Die universiteit het daarin gefaal om strukture soos ablusiefasiliteite, akkommodasie en so meer vir die groot hoeveelheid potensiële studente in plek te stel,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

Die ma van ‘n voornemende student is dood en 22 mense is beseer in ‘n stormloop by die universiteit Dinsdagoggend toe duisende studente en ouers tou gestaan het om laat aansoeke in te dien by die kampus in Aucklandpark.

Die liga het gesê daar moet seker gemaak word dat die idee van ‘n sentrale aansoekkantoor, soos vroeër Dinsdag deur die departement van hoër onderwys voorgestel is, ‘n realiteit word.

Die SA Demokratiese Onderwysersunie het gesê die regering moet instellings van hoër onderwys uitbrei om sulke opeenhopings te voorkom.

Die Premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, het gesê dit is hartseer dat ‘n gesin ‘n ouer verloor het wat haar kind wou help om opvoeding te kry. Sy het gesê die universiteit moet met die polisie saamwerk om seker te maak só ‘n voorval vind nie weer plaas nie.


Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Dis wat van 'n eers trots Afrikaanse universiteit oorgebly het!
« Antwoord #2 op: January 11, 2012, 09:01:55 AM »
Blade moet skuld dra vir stormloop

Johannesburg – Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, moet die skuld dra vir die treurspel waarin ’n vrou Dinsdag in ’n stormloop by die Universiteit van Johannesburg (UJ) dood is.

Dr. Junita Kloppers-Lourens, DA-woordvoerder oor hoër onderwys, het gesê Nzimande het verlede jaar na die ellelange toue by universiteite as ’n “wonderlike probleem” verwys.

“Die ‘wonderlike probleem’ het nou ’n treurspel geword.

“Hy het verlede jaar nie ’n plan vir die probleem gehad nie en het sedertdien niks daaraan gedoen nie.”

Dr. Ihron Rensburg, rektor van die UJ, het gesê ná verlede jaar se toestroming van studente het die universiteit ’n jaar lank gewerk om dit nou te hanteer. Tog het dinge verkeerd geloop.

Die stormloop by die Universiteit van Johannesburg het Dinsdag omstreeks 08:00 begin toe die hekke in Buntingweg oopgemaak is vir ’n skare van sowat 6000 wat buite beheer daarteen gedruk het.

Benewens die vrou van 46 wat dood is, is 16 mense beseer.

Sowat 15 000 studente probeer plek by die UJ kry, terwyl daar net vir 800 plek is.

Oor die land heen was daar by universiteite en ander instellings lang toue van matrikulante wat plek probeer kry het.

Nzimande het Dinsdag op ’n nuuskonferensie maatreëls aangekondig om soortgelyke voorvalle in die toekoms te verhoed.

Sy departement wil vanjaar nog ’n sentrale aansoeke-en-registrasiestelsel in werking stel. Die departement oorweeg dit ook om nie meer “instap-aansoeke” aan die begin van die jaar toe te laat nie.

Nzimande het die probleem van lang rye by universiteite en instellings toegeskryf aan studente wat hulle laat inskryf omdat hulle nie op grond van hul gr.11-punte vroeër toelating gekry het nie, of in die matriekeksamen beter gevaar het en nou wil studeer.

Daar is net sowat 180 000 plekke by die 23 universiteite, terwyl 346 000 van 2011 se matrieks toelating tot graad-, diploma- en sertifikaatstudie gekry het.

Nzimande wil baie meer doen om die 7 000 hoërskole oor die land heen te bereik om skoolverlaters oor naskoolse geleenthede in te lig.

Hy het gesê daar is 50 000 plekke vir studente by kolleges vir verdere onderwys en opleiding.

Volgens hom is baie geld en hulpbronne daarin belê om die opleiding te verbeter. Boonop is tot R1,2 miljard se beurse vir voornemende kollege-studente beskikbaar.

Hy het ook na die planne vir twee nuwe universiteite in Mpumalanga en die Noord-Kaap verwys waaroor pres. Jacob Zuma in sy staatsrede sal uitwei.


Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Dis wat van 'n eers trots Afrikaanse universiteit oorgebly het!
« Antwoord #3 op: January 11, 2012, 09:03:37 AM »
Opmerklik op die beeld materiaal is die afwesigheid van wit gesigte in die Afrika manier van ding doen.
Die beloftes van onderwys vir almal begin die regeerders stadig maar seker inhaal.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Dis wat van 'n eers trots Afrikaanse universiteit oorgebly het!
« Antwoord #4 op: January 11, 2012, 09:06:04 AM »
Die vlieë sak op UJ toe .
Woensdag, 11 Januarie 2012 08:49 Anton Barnard    .

Soos menige voormalige en huidige student kan getuig, is selfdissipline, en nie noodwendig slegs intelligensie nie, dié belangrikste suksesfaktor vir akademiese sukses. As jy jouself nie kan dissiplineer om konstant te werk nie; as jy laat slaplê, as jy eerder gaan fliek of by sokkies uithang, veral op universiteit, is die kanse uitstekend dat jy nie eens jou eerste semester gaan oorleef nie.
So ook vereis akademiese sukses 'n hoë mate van frustrasietoleransie en 'n helder visie van die toekoms. Jy moet jou dus nie blindstaar teen die huidige nie. Semestertoetse, praktiese sessies, opdragte en eksamens is tydelike, verbygaande vermoeienisse en struikelblokke. Staar jy jou blind teen die hoop werk wat in jou vierjaarkursus voorlê, en hou jy nie jou oog op die langtermyndoelwit (jou graad) nie, gaan jy eweneens nie sommer die mas opkom nie. Jy gaan ontmoedig raak en waarskynlik ook sommer gou besluit om op te skop.

Bostaande is die eerste gedagte wat by my opgekom het gister toe ek verneem het van die stormloop by die Universiteit van Johannesburg, waartydens een persoon dood is en nog 22 beseer is. Politieke partye soos die DA het vinnig vingers gewys na die ANC se mislukte onderwysstelsel, maar het in die proses die belangrikste sondebokke, die voornemende studente self, se aandeel geïgnoreer.

Diegene wat aan die stormloop deelgeneem het, kan kwalik 'n gebrek aan opvoeding vir hul barbaarse optrede blameer. Slegs 'n klein fraksie van diegene wat met skoolopleiding begin, verkry immers uiteindelik universiteitsvrystelling. Diegene wat buite UJ se hek saamgedrom het, was dus in Suid-Afrikaanse terme die room van die oes, die leiers van môre, die elite.

Kom ek begin dus by toekomsvisie, of eerder diegene wat aan die stormloop deelgeneem het, se gebrek daaraan. Aansoeke om akademiese toelating sluit gewoonlik rondom die middel van die vorige jaar, en toelating word dikwels gebaseer op Graad 11-punte. Waarom dan wag tot op die nippertjie om aansoek te doen? Hoort diegene wat klaarblyklik oor geen toekomsvisie beskik nie, hoegenaamd op universiteit?

Oor die volslae gebrek aan selfdissipline wat gister uitgestal is, hoef ek nie veel te sê nie. William Golding se boek, The Lord of the Flies, behoort verpligte leesstof te wees vir almal wat nog nie van hulle linksheid of liberalisme genees is nie. Dit handel oor 'n groep skoolseuns wat gestrand word op 'n eiland, en dié groep se vinnige regressie na 'n primitiewe, pre-beskaafde toestand. Hier in Afrika vat dit egter nie eens 'n skeepswrak vir die dun vernis van beskawing om te verdwyn nie. Dit kos bloot 'n bietjie selftoegediende frustrasie buitekant 'n universiteitskampus vir die pre-beskaafdheid om na vore te kom.

As ons nie kry wat ons wil hê nie, gooi ons dus klippe, brand ons treine af of bestorm die universiteit en trap in die proses mense dood. As jy jouself so maklik oorgee aan die mentaliteit trop, as jy geen selfbeheersing het nie, hoe gaan jy ooit die mas akademies opkom? Goed, ek weet, dis 'n retoriese vraag. Kyk maar gerus hoe vinnig breek onsluste op universiteitskampusse uit. Verduidelik hierdie volslae gebrek aan selfdissipline eweneens die feit dat Suid-Afrika die wêreldkampioen is waar dit by vigsbesmetting kom?

Die tropdieragtige optrede van diegene wat die stormloop veroorsaak het, diegene wat veronderstel is om die intellektuele klas te verteenwoordig; hul gebrek aan selfdissipline, asook hul gebrek aan enige toekomsvisie, toon duidelik waarom Suid-Afrika gedoem is.

Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 372
Re: Dis wat van 'n eers trots Afrikaanse universiteit oorgebly het!
« Antwoord #5 op: January 11, 2012, 10:40:13 AM »
Ek stem saam dit is die studente se skuld dat iemand dood en  daar beseerdes is. Ek vra seker n dom vraag hoeveel van die "studente " het toelating? Hoeveel maak die eerste jaar? Hoeveel word sommer net oorgeplaas? Die vraag is ook hoeveel is wit en hoeveel is swart
Ek en my huis ons sal die Here dien


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal