Nuusflits

Aandag aan allle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Afriforum en Volkssimbole  (Read 372 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1267
  • Verkenner
Afriforum en Volkssimbole
« op: January 12, 2012, 02:57:49 PM »
AfriForum skaam vir die Vierkleur
deur Chris Stapelberg van Brits
2012-01-10 21:44
 
Ons het Sondag die kranslegging bygewoon wat deur AfriForum Jeug gereël is.

Ek is baie teleur­gesteld daar weg.

Ek het met my Vierkleur-vlag opgedaag toe Charl Oberholzer, leier van AfriForum Jeug, vra dat ek dit nie uithaal nie.

Ek het ook ’n ruiker gevat met ’n Vierkleur-plakker met die woorde: “Hier kom die Boere”, ’n plakker met die woorde: “Ons sal Opstaan” en ’n klein Vierkleurtjie op.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gevra dat ek die plakker verwyder en my blomme neersit sodat die ander hul blomme bo-op myne moet sit.

Blykbaar wou AfriForum nie politiek by die geleentheid insleep nie.

Ek doen ’n beroep aan geldskenkers aan AfriForum om weer daaroor te dink: AfriForum doen alles net vir eie gewin en kry skaam vir die Vierkleur.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1267
  • Verkenner
Re: Afriforum en Volkssimbole
« Antwoord #1 op: January 12, 2012, 02:58:42 PM »
Vlag-bullebakke pla AfriForum Jeug
deur Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug
 2012-01-11 22:12
 
Die Vierkleur, as vlag waaronder die Zuid-Afrikaansche Republiek teen Britse imperialisme geveg het, beklee volgens AfriForum Jeug ’n trotse plek in Afrikaners se geskiedenis.

Ongelukkig het ’n klein groepie randfigure in die onlangse verlede dié vlag in so ’n mate saam met brandewyn en Swastika-agtige embleme misbruik dat Afrikaners in die proses as onbeskaafde bullebakke voorgehou is.

Dít terwyl die meeste Afrikaners beskaafd is en trots is op hul geskiedenis, simbole en Afrikanerskap.

Die briefskrywer Chris Stapelberg van Brits maak dus ’n fout as hy in sy brief “AfriForum skaam vir Vierkleur” (Beeld, 11 Januarie) probeer aanvoer dat AfriForum Jeug die Vierkleur as ’n probleem beskou.

Die probleem is eerder die wangedrag van diegene wat die Vierkleur in die verlede misbruik het om hul eie agendas te bevorder.

AfriForum Jeug se kransleggingsplegtigheid waarna Stapelberg verwys, was spesifiek daarop gemik om die talle onskuldige burgerlikes wat in die 1980’s in die ANC se landmyn- en bom­aanvalle gesterf het te onthou en te huldig.

Dit is vir my duister waarom Stapelberg tydens die kranslegging met sy optrede gepoog het om die fokus van die byeenkoms van die ANC se terreurveldtog van die 1980’s en die slagoffers daarvan weg te skuif deur ’n radikale kleur aan die byeenkoms te probeer gee.

AfriForum Jeug volstaan by sy siening dat ons nie kan toelaat dat randfigure en diegene wat Afrikaners wil diskrediteer ons trotse geskiedkundige simbole en misbruik om Afrikaners en AfriForum in ’n slegte lig te probeer stel nie.

Ons geskiedkundige simbole mag nooit verpolitiseer word nie.


Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1267
  • Verkenner
Re: Afriforum en Volkssimbole
« Antwoord #2 op: January 12, 2012, 02:59:36 PM »
Misbruik maak AfriForum skaam
deur Ditsem van Pretoria
2012-01-11 22:12
 
Chris Stapelberg kla dat AfriForum skaam was vir die Vierkleur by AfriForum Jeug se kranslegging (Beeld, 11 Januarie).

Nee wat, volpunte aan Charl Oberholzer en Kallie Kriel wat Stapelberg verhinder het om sy Vierkleur-vlag en -plakkers by die kranslegging van AfriForum Jeug ten toon te stel.

Hulle doen dit nie, soos Chris beweer, “vir eie gewin en kry skaam vir die Vierkleur” nie.

Hulle doen dit vir die ordentlike, gematigde Afrikaner, wat lankal keelvol is dat die ultra-regse woelgeeste en willewragtags die geëerde Vierkleur van die ou Zuid-Afrikaansche Republiek vir hul rassistiese en dom rassemeerderwaardige speletjies gekaap het.

Ons kry skaam vir dié spul se jare lange misbruik van die Vierkleur.


Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1267
  • Verkenner
Re: Afriforum en Volkssimbole
« Antwoord #3 op: January 12, 2012, 03:01:40 PM »
AfriForum ís skaam vir Volkssimbole

Alwyn de Klerk
Nasionale Sekretaris Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Graag reageer ek op die brief “Vlag-bullebakke pla AfriForum Jeug” van  Charl Oberholzer van AfriForum en Ditsem van Pretoria se “Misbruik maak AfriForum skaam.”

 Chris Stapelberg slaan die spyker op die kop as hy sê dat AfriForum hulle skaam vir die vierkleur. Met ’n lang relaas verduidelik Charl van brandewyn suipende rand figure wat die vierkleur in die verlede misbruik het en dat dit die rede is hoekom AfriForum hulle daarvoor skaam. As Chris homself mos gedra het, sien ek geen probleem daarmee dat die vlag vertoon word nie.
 
Sou AfriForum dieselfde opgetree het as iemand die vlag van die nuwe Suid-Afrika vertoon het? Dis nou die vlag wat misbruik was in die onlangse verlede deur ’n  klomp stakende, barbaarse, sorghumbier suipende, buiteband brandende, hiper-linkse randfigure.

As AfriForum hulle skaam vir alles wat in die verlede misbruik is, moet geen van hulle lede Loftus bywoon en vir die Bulle skreeu nie, want in die onlangse verlede was daar ook ’n klomp brandewyn suipende manne wat hulself vieslik gedra het na ’n rugby wedstryd en dit terwyl hulle Bulle rugbytruie aangehad het.
Hierdie tipe verskoning van AfriForum se verhindering van Chris om sy ruiker neer te lê grens aan die belaglike.

Die feit meneer Oberholzer en Naamloos, is dat die volk uit baie uiteenlopende persoonlikhede en opvattings bestaan. Daar is nog ’n menigte van ons wat ons nie skaam vir die vierkleur of enige ander volkssimbool nie. Let asseblief op dat alhoewel hierdie simbole geskiedkundig is, is dit volkssimbole en dus volksbesit.
Veral die ou Boere Republiekvlae is verpolitiseer en was nog altyd, of die jonge heer daarvan hou of nie. Hierdie vlae verteenwoordig ’n republikeinse strewe, wat nog altyd by ons volk teenwoordig was. As ek dus kon besluit, sou geen persoon wat nie so strewe het, die reg hê om enige Boere Republiekvlag te vertoon nie. Maar die besluit is nie myne om te maak nie...

 Wie kan dan ook besluit wie ultra-regse woelgeeste en willewragtigs is, of wie hiper-liberalistiese banksitters en niksdoeners is?
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Afriforum en Volkssimbole
« Antwoord #4 op: January 12, 2012, 09:03:08 PM »
Beteken dit nou dat RPta nie meer die vierkleur op sy webtuiste gaan vertoon nie ? ???

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4115
Re: Afriforum en Volkssimbole
« Antwoord #5 op: January 13, 2012, 06:05:21 AM »
Sanderis, die webblad gaan geheel en al verander word - en die slagspreuk het reeds verdwyn !!
Kennis is mag

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1267
  • Verkenner
Re: Afriforum en Volkssimbole
« Antwoord #6 op: January 13, 2012, 08:32:17 AM »
Ek let op dat my brief toe nie op skewe-beeld geplaas is nie. Ek het seker nie die regte vriende nie.....
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7434
  • Christa Burger
Re: Afriforum en Volkssimbole
« Antwoord #7 op: January 13, 2012, 08:38:02 AM »
Die verwydering van ons vryheid en volksimbole; die verandering van leuse...

Johan, is dit nie al op sigself oortuigend genoeg nie?
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Afriforum en Volkssimbole
« Antwoord #8 op: January 13, 2012, 08:00:51 PM »
Ek let op dat my brief toe nie op skewe-beeld geplaas is nie. Ek het seker nie die regte vriende nie.....

Is dit so ? Selektiewe moderatorskap .

Mmmm .

Afwesig James Kemp

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 262
Re: Afriforum en Volkssimbole
« Antwoord #9 op: January 14, 2012, 10:24:14 AM »
Op die nuwe Radio Pretoria-bussie is die Vierkleur nog daar en baie sigbaar.

Ek glo ook nie dit sal van die webblad af verdwyn nie. Ek hoop egter die webblad verander aangesien dit nie tans op standaard is in vergelyking met ander stasies nie.

Afwesig Jacques (wit boer)

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 102
Re: Afriforum en Volkssimbole
« Antwoord #10 op: January 14, 2012, 02:55:54 PM »
Ek het nie geweet dat die radio aan 'n populariteits kompetiesie deel neem nie? So moet hulle tuisblad lyk soos al die ander? Hoe se die ingels man "eye candy" Dog dit is 'n volks eie radio, vir my gaan dit oor die inhoud en boodskap. As die mense daar buite so oppervlakkig is dat hulle liggies, rook en vuurwerke nodig het om hulle laer korteks te stumileer dan strem hulle seker ook maar DA soos die meerderheid onaktiewe breine in die land ::)
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal