Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Christelike volkseie skole die antwoord!  (Read 767 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Christelike volkseie skole die antwoord!
« op: January 20, 2012, 09:28:23 AM »
Verskoon my vandag as ek bitter min simpatie het met ouers wat hulle kinders in Afrikaanse skole geplaas het wat nou oorspoel word met kinders uit alle gemeenskappe, tale en gelowe. Veral ouers met gedoopte kinders, wat van hulle verbondsouers maak.

Die beweging vir Christelike volkseie onderwys bestaan al etlike jare. Met ’n volk wat hulle self oor die algemeen uitgee as Christene en mense met volkstrots, is dit ’n skreiende skande dat daar nie alreeds ’n CVO skool in elke dorp in die land gestig is nie.

Hierdie skole is onafhanklik en onbeskaamd Afrikaans. Ook word in hierdie skole klem daarop gelê om ouers te help om hulle doop beloftes na te kom. Bybelonderrig is ’n volwaardige skoolvak, wat elke leerling moet neem.

Elke verbondsouer het die volgende belofte gedoen: “Beloof u om hierdie kind, van wie u vader en moeder (of voog) is, in dié leer na dié beste van u vermoë te onderrig en te laat onderrig?” Onthou u dit nog, of het dit intussen onbelangrik geword? Is die staatskole se kurrikulum nog in pas met hierdie belofte wat u gemaak het?As ’n mens kyk na al die ander gelowe wat kinders verplig is om van te leer in die staatskurrikulum, betwyfel ek dit sterk.
 
Ek dink dat gemaklikheid met die ligging van die staatskool en die onwilligheid om aktief betrokke te raak by kinders se onderrig vir die meeste mense swaarder weeg as die belofte wat hy in sy kerk afgelê het. Koste is in die meeste gevalle ook nie ’n verskoning nie, aangesien CVO skole oor die algemeen redelik kompeterend is wat skoolgeld aanbetref, met ander skole in die omgewing. Dit verg egter ouer betrokkenheid.

Om nou staatskole te probeer red met aksies om aandag te trek, is maar net om die onvermydelike uit te stel. Moet dus asseblief nie in my teenwoordigheid kerm oor die Afrikaanse skole wat nou dubbel en parallel medium geword het nie, want daar is alreeds vir baie jare ’n alternatief.

Alwyn de Klerk
Trotse CVO ouer
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #1 op: January 20, 2012, 11:56:18 PM »
Jy is verskoon.

Ek stem in beginsel saam met meeste van die punte wat jy aanraak in jou skrywe. Dit is inderdaad so dat talle ouers wel in die posisie verkeer om hul kinders eerder in CVO skole te plaas, of selfs om sulke skole te stig.

Ek voel dis my plig om op jou skrywe te antwoord ter verdediging van mense waarvoor dit net nie finansieël haalbaar is om hul kinders in CVO skole te sit nie. Nou nie om 'n wie-se-verantwoordelikheid-is-dit gesprek aan te wakker nie, maar dis my beskeie mening dat ons kerke die leiding moet neem in die stigting van CVO skole. Ek dink nou spesifiek aan 'n kerkverband soos die APK. Hulle het tien teen een 'n geskikte terrein daarvoor. Daarby behoort talle lidmate te vinde te wees vir die stigting van 'n CVO skool vir hul kinders. Sommer vinnig en sonder te veel groeipyne kan 'n skool gestig word met lidmate se kinders. Daar is selfs een of twee onderwysers wat moeg is daarvoor om skool te gee aan ongehoorsame bullebakke. Dus het jy 'n terrein, kinders, onderwyser/s. Wat nog belangriker is, is dat die kerk daardeur die verbondsouers help in die behoud van die pligte waarvan jy praat.

Sal dit nie uiteindelik ook 'n diens van barmhartigheid wees nie? Kry die mense in jou eie gemeente eers op die regte pad en staan hulle by, daarna kan jy uitreik na buite. Liefdadigheid begin immers by jou eie huis. Pragtig in teorie, maar dan staan sekere gemeentes seker die risiko om van hul lidmate te verloor. Dit gesê, waarom was daardie lidmate in die eerste plek in 'n volkskerk?

Wat kostes aanbetref kan ek jou verseker dat die BCVO se tariewe heelwat hoër is as die ander skole in my area(daar is nie tans 'n CVO skool waar ek myself bevind nie). En natuurlik is dit dubbel en dwars die moeite werd om meer te betaal as dit in belang van jou kind, maar ook jou volk is. My kinders is nie in 'n CVO skool nie, maar hulle is gelukkig ook nie in 'n staatskool nie. Jou staatskool punte is geldig en ek stem heelhartig saam. Mense buig hopeloos te maklik. Dit krap my om wanneer mense wat finansieël wel af is sommerso hul kinders in staatskole dompel. Seker sodat hul bietjie langer op vakansie kan gaan aan die einde van die jaar.

Lewe is stryd en stryd is lewe. Ons wat werklik ons kinders se belange op die hart dra is min, na aanleiding van hoe maklik so baie mense hulle kinders in 'n omgewing plaas waar die kind weerstand moet bied teen uitgeslape kommuniste se aanvalle.

Kom ons hou ons volksgenote wat graag hul kinders in CVO skole wil sit, maar werklik geen ander keuse as staatskole het nie, in gedagte. Nie almal het die tipe persoonlikheid om 'n skool te stig nie. Mense verskil, dit maak ons uniek. Ek wil 'n beroep doen op diegene wat wel oor daardie persoonlikheid beskik, om op te staan en mense wat wel daardie begeerte het by te staan.

Bittereinder
Trotse anti-staatskool ouer

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #2 op: January 22, 2012, 06:46:13 PM »
Bittereinder, ek verstaan jou probleme. As die CVO bestel egter genoeg ondersteuning gehad het, kon daar 'n skool naby genoeg aan jou gewees het wat bekostigbaar was en moontlik ook subsidies kon aanbied. Ek hoop dat ons ons eendag daar sal kan bevind. As ons net die helfte van die staatskole se Afrikaanse leerlinge gehad het, was ons al lankal in daardie posisie. My hart bloei regtig vir julle en mense soos julle, want ek weet daar is bitter min wat so groot volksaak soos julle het. Ek het dit egter teen die onbetrokkennes wat maar net tevrede is met die stand van sake en geen begeerte het om iets daaraan te probeer doen nie. Met al die Afrikaanse mense in Verwoerdburg kon ons al lankal 'n skool daar gehad het as net 10% van die mense bereid was om die stelsel te ondersteun.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #3 op: January 23, 2012, 11:02:40 AM »
My kommer is net dat daar soms n handjie vol ouers is wat CVO skole dra.  Wat gaan gebeur as daardie ouers se kinders klaar maak met skol en universiteit toe gaan?
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #4 op: January 23, 2012, 12:28:05 PM »
Johan, die geheim is om moontlike ouers die heeltyd te identifiseer. Sodra die ou ouers klaarmaak, is daar genoeg om hulle mee te vervang. Dis maar die verloop van die lewe.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #5 op: January 24, 2012, 08:17:57 AM »
Ek merk dat Beeld toe wel die brief geplaas het. As die CVO hierdeur net 1 kind kan bykry, was dit die moeite werd.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #6 op: January 24, 2012, 10:01:30 AM »
Dis jammer die brief kon nie vroeer geplaas gewees het nie, dalk voor alle skole ge open het nie.  Dit sou meer krag gehad het.  Maar wie weet?  Bid oor die saak.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #7 op: January 24, 2012, 11:34:12 AM »
Johan, die brief was op reaksie van gebeure wat eers plaasgevind het na die skole oopgemaak het.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #8 op: January 24, 2012, 11:38:46 AM »
Kan sp dalk n skakel plaas asb?
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #9 op: January 24, 2012, 01:13:42 PM »
Johan, dis die brief bo-aan hierdie draad. Beeld was net so bietjie stadig met die plasing daarvan.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #10 op: January 24, 2012, 01:47:33 PM »
Ons sit vandag met baie lakse mense, ouers wat net hul kinders by die skool aflaai en 5 uur gaan haal dan is hulle kwansys te moeg gewerk is om aandag aan hul kinders te gee.  Wat nog van betrokke raak by skole.  Ouers se gesindheid moet verander.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Sanderis

  • Gas
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #11 op: January 24, 2012, 07:48:23 PM »
Nou nie om 'n wie-se-verantwoordelikheid-is-dit gesprek aan te wakker nie, maar dis my beskeie mening dat ons kerke die leiding moet neem in die stigting van CVO skole. Ek dink nou spesifiek aan 'n kerkverband soos die APK.

Daar is reeds sulke Kerke/skole Bittereinder , ek dink bv. aan die APK Wonderboom ; kerk en CVO skool langs mekaar op dieselfde terrein . En dit lyk of hulle vooruitstrewend is .

Johan, die brief was op reaksie van gebeure wat eers plaasgevind het na die skole oopgemaak het.


Dalk die een ?

Aanhaling
Hul móét kinders inneem
Maar daar is nie plek vir soveel leerlinge
Susan Cilliers
Fochville. – Drie Afrikaansmedium-laerskole hier het gister in opdrag van die Gautengse onderwysdepartement leerlinge toegelaat wat in Engels sal skoolgaan.
Daar is nie Engelsmedium-skole in Fochville nie.
42 gr. 8-leerlinge wat in Engels wil skoolgaan, het by die Hoërskool Fochville opgedaag nadat die departement vroeër met die skool ooreengekom het om 36 toe te laat.
Mnr. Dawid Matthee, ’n beheerliggaamlid, het gesê die departement het geweier om in die beheerliggaam se teenwoordigheid voort te gaan met gesprekvoering oor die toelating van die leerlinge.
Volgens mnr. Naudé de Klerk, die skool se prokureur, is die departement se optrede strydig met die Skolewet, wat bepaal dat beheerliggame die laaste sê oor ’n skool se taal- en toelatingsbeleid het.
Mnr. Charles Phahlane, departementele woordvoerder, het egter gesê die beheerliggaam is nie toegelaat nie omdat die gesprek oor administratiewe kwessies gehandel het. “Die beheerliggaam is net by beleidskwessies betrokke.”
Matthee meen egter toelating is juis ’n beleidskwessie.
De Klerk het intussen gister by die hooggeregshof in Johannesburg kennis gegee dat die skool teen ’n beslissing vroeër die maand wil appelleer.
Die hof het daarmee ’n aansoek van die hand gewys waardeur die skool die departement wou keer om hulle te dwing om ’n Engelsmedium-klas te open.
AfriForum het reeds R50 000 vir regstappe deur die skole in Fochville geskenk.
Volgens Matthee kan die ­Hoërskool Fochville ’n maksimum van 820 leerlinge akkommodeer en is die skool reeds vol.
“Nou lyk dit of twee ekstra klasse nodig sal wees. Dis strydig met bou- en veiligheidsregulasies om te veel kinders te neem.”
Phahlane het gesê die skool kan 1 000 leerlinge inneem en dat die leerlingtal (saam met die 42) nou op 855 staan.
Die departement het onder meer bykomende meubels, ekstra onderwysers, Engelse leermateriaal en vervoer vir leerlinge na en van die hoër- en die twee laerskole verskaf.
Volgens Phahlane val die departement Afrikaanse skole nie aan nie.
“Parallelmediumonderrig is soms die enigste manier om skole en tale se voortbestaan te verseker.”
Volgens hom het opnames deur sy departement gewys Afrikaanse skole in Fochville is onderbenut.
Me. Melanie Buys, provinsiale bestuurder van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), is egter oortuig daar is ’n politieke motief.
“In 17 jaar is daar nooit skole in die Fochville-omgewing gebou nie en nou probeer hulle die probleem oplos deur Afrikaanse skole te teiken.”
Ouers van kinders wat tot die hoërskool se Engelstalige gr. 8-klas toegelaat is, was egter verheug.
“Ek is so gelukkig, ek wil net op en af spring,” het mnr. Paulus Rakhoabe gesê.
Hy moes sy oudste kind wat nou studeer, teen busgeld van R550 per kwartaal na ’n hoërskool in Carletonville stuur. Sy twee jonger kinders se skoolvervoer na Carletonville was tot nou R600 per maand.
Mnr. Ben Habig, hoof van die Laerskool Fochville, waar die opening van die nuwe Engelse gr. 1-klas sonder voorval verloop het, het gesê daar is “groot dankbaarheid” onder die ouers.
“Hulle sien geen politiek nie.”

Of die ?

Aanhaling
Iewers tussen oordrewe reëls en géén reëls
Annemarie van der Walt
Die kind wil nie skool toe gaan nie. Die twee maande lange vakansie was skynbaar nie uitgerek genoeg nie en anyway is skool vervelig en voorskrywend en voorspelbaar.
Ek sê vriendelik dog dringend: “Pak jou tas.”
Sy druk ’n halwe week se klere en skoene in ’n koshuiskoffer die grootte van ’n smuktassie en vra wat moet sy nog leer wat sy nie reeds weet nie, want dié skool is nie so random om darem geskiedenis as vak aan te bied nie en buitendien word dieselfde geleenthede nie vir kultuurdiere gebied as vir rugbyspelers nie.
Ek stem heelhartig met haar saam g’n mens kan, onses insiens, ’n behoorlike wêreldbeeld vorm sonder ’n vak soos geskiedenis nie en dis ’n jammerlike aanklag teen ’n vervlakkende samelewing en veral teen ’n staatsbestel in durende ontkenning en ongelukkig sal sy skop teen rugby as Afrikanerkultuur tot die dood se prikkels. Maar as sy nie nou haar pakkaas in die motor kry nie, is ek op die punt om ons persoonlike geskiedenis van skietstilstande oor losgemale tot niet te roep.
By die skool aangekom, is die draaikous-kind net betyds vir die matrieks se saal­byeenkoms waartydens hulle hul gr.8-skiwi’s kan ontmoet. Vir my, op die bepaalde dag so onder die indruk van die tyd wat sienderoë jou greep ontsnap, is dit soos tellings later toe sy weer langs my opdoem. Sy’s uit die saal gejaag. Ek blaf: “Vir wat?” en sy bieg stert tussen die bene: “My hare is te rooi.”
Die kind is 17 jaar oud. In die doodsnikke van die eindelose vakansie het sy toestemming gevra of sy haar aarbeiblonde hare ’n tikkie rooier kan laat gloei. Rissiepit, het ek gedink, en ja geknik en gemeen in die oorlog van tienerdrange is dit ’n veldslag werd om te verloor.
“Strepies, soos in high- en lowlights,” sê die gawe en geduldige onderwyseres, “is aanvaarbaar. Kleur nié.” My eie hand is in my hare, want ek snap regulasies is nodig en veral in die anargistiese heelal van onderrig in dié land.
Maar in die hoek van my oog glip ’n meisiekind met strepies in haar hare die saal binne: Swart met spierwit stroke.
Ek steek my kop dom­astrant uit die loopgraaf: “En dié klein kwagga is aanvaarbaar? Want dis strepe?” En die onderwyseres verklaar moedeloos: “Ek wens ek kon net skoolhou en nie poelies­man speel nie . . .”
En dié sin eggo tot in die haarsalon waar ons die kind se hare skoolgereed kry, dit weerklink in Jonathan Jansen se herhaalde oproepe tot geloofwaardige skoolstandaarde, dit is in die salvo’s van my frustrasie wanneer beuselagtigereëls en oordrewe kulturele norme voorrang kry bo dit waarna die meeste van ons smag: Toegewyde onderwys. Iewers tussen die streng maar meermale benepe dissipline sinoniem met Afrikaanse skole, en boeklose bosskole waar onderwysers én die verantwoordelike departemente Gods water oor Gods akker laat loop, is die ysingwekkende weg na ons toekoms.
Beeld-deurloop


Sanderis

  • Gas
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #12 op: January 24, 2012, 08:47:27 PM »
Hier is wat Mike Smith skryf :

Thursday, January 19, 2012
Afrikaans schools and pupils under threat


By Mike Smith
19th of January 2011

Here are two reports from the Sowetan about how the stupid and useless ANC bastards have closed down more than 4,500 public schools in the country.

ANC regime closes 4,500 public schools
These schools are shadows of their former self

Most of these schools were built in the Apartheid era by whites for blacks. During Apartheid they burned the schools down. Now the ANC runs them down and closes them.

At the same time, thousands of ANC parents and supporters descended on the Afrikaans schools in Fochville in Gauteng.

ANC law maker orders attack on three Afrikaans schools in Fochville

A few years ago they tried to force the Primary School Mikro in Kuils River to allow English pupils. The court case was taken up by the Afrikaner Bond and cost R8 million. Shortly afterwards they tried it with another Afrikaans school in the Northern Cape.

It just shows that when the ANC does not get their way, they will terrorize and intimidate white school children and their parents. The aim is to destroy all Afrikaans schools.

The ANC cannot and have not built any schools. They can only destroy.

With the billions they have stolen they could have built thousands of new schools, but no... they only enrich themselves.

Further they undermine the rest of South Africa’s citizens their constitutional rights. Mother tongue education is a right of all citizens. Why is the right to Afrikaans schools being denied?

The ANC could have built thousands of black schools or English schools, but no...they want to take over the Afrikaans schools.

They might have gone too far this time. I think the Afrikaners should unite and descend on Fochville and take their bloody schools back. Show the bastards that we will not be intimidated and terrorised. Show them that we insist on our constitutional rights.


Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #14 op: January 25, 2012, 12:24:44 PM »
Ek stem volkome saam met Leon, ek wil sover gaan om te sê dis die kerke se plíg om te (help) sorg vir die opvoeding van ons kinders. Ek is skaam om te sê my kerk het, toe daar beplan word om 'n nuwe kombuis te bou en iemand voorstel dat hulle eerder klaskamers vir 'n CVO-skool bou, die idee net eenvoudig geïgnoreer het en eerder 'n kombuis wat R300 000 sou kos (en op die ou end R600 000 gekos het) gebou het. Die massiewe kombuis word 2 keer per jaar gebruik...

Nou rus die onus op my (en die mín ander ouers wat soos ek voel) om ons skool binne die volgende 6 jaar oop te maak. Ek weet ek gaan geen ondersteuning van my kerk (AP Kerk) af kry nie.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #15 op: January 25, 2012, 01:19:29 PM »
Jammer om dit te sê maar dit is 'n skande .

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #16 op: January 25, 2012, 10:13:15 PM »
Nou nie om 'n wie-se-verantwoordelikheid-is-dit gesprek aan te wakker nie, maar dis my beskeie mening dat ons kerke die leiding moet neem in die stigting van CVO skole. Ek dink nou spesifiek aan 'n kerkverband soos die APK.

Daar is reeds sulke Kerke/skole Bittereinder , ek dink bv. aan die APK Wonderboom ; kerk en CVO skool langs mekaar op dieselfde terrein . En dit lyk of hulle vooruitstrewend is .


Is daardie skool nog lid van die BCVO? Ek weet self van 'n paar skole wat CVO skole was maar tans nie meer is nie. Daar is selfs een waarvan ek weet wat op 'n APK terrein was wat steeds 'n skool is maar nie CVO nie. Hulle het weggebreek van die BCVO. En talle dink boonop dat dit steeds 'n CVO skool is. Soos Karina tereg opmerk in haar skrywe oor die onnodige aanbou van 'n kombuis. Waar lê sommige kerke se prioriteite? Want sommer vinnig word daar weer vir jou gepreek dat jy 'n plig het as verbondsouer. Moet ouers dan, om daardie plig uit te voer, gaan aanklop by die regering? Nee wat, die kerke moet hul gewig nou begin ingooi, voor dit te laat is.

Karina, daar is seker net vroue in julle gemeente, of hoe?

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #17 op: January 26, 2012, 04:30:51 AM »
Na die ondertekening van die Vredesverdrag te Vereeniging, het pres M.T.Steyn genoem dat "ons het alles verloor, maar Goddank, ons het nog ons kerke"

Ek wonder soms of ons nog ons kerke het as ek sien hoe onverskillig hulle soms staan teenoor lidmate se kinders deur CVO te ignoreer asof dit nie bestaan nie. Die Kerke sou n enorme rol kon vervul as Kerkskole weer kon begin op die BCVO basis.
Kennis is mag

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #18 op: January 26, 2012, 09:16:05 AM »
As die predikante van die kerke nie eers hulle kinders in CVO skole sit nie, hoe moet hulle die lidmate oortuig? Die predikante is in baie gevalle net so laks soos die bree publiek.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Christelike volkseie skole die antwoord!
« Antwoord #19 op: January 26, 2012, 12:55:13 PM »
Wat kos CVO teen staatskole? 

Nog n punt, hoe vollop is CVO skole as dit te ver van mense is dan tree koshuisgelde in.  Moet nie almal net kritiseer wat nie in CVO skole is nie, bv. buhmansdrif het net 1 skool en is omtrent 60 km van lichtenburg.
« Laaste verandering : January 26, 2012, 01:09:48 PM deur Johan Joubert »
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal