Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Rusie na afloop van liefdadigheidskonsert  (Read 85 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Rusie na afloop van liefdadigheidskonsert
« op: January 26, 2012, 07:46:26 PM »
Oorlog oor konsert vir siek Christa Steyn
2012-01-25 21:44


Christa Steyn


Philip de Bruin

’n Oorlog het losgebars ná ’n “geld­insamelingskonsert” in Stellenbosch vir die siek pianis en liedjieskrywer Christa Steyn.

Van die sangers wat in November sonder betaling opgetree het, is woedend en daar is reeds sprake van hofgedinge.

Die organiseerders van die konsert, Maniac Music, het byna twee derdes van die wins self gevat en net ’n derde aan Steyn oorbetaal.

37 kunstenaars het hul dienste verniet vir die konsert beskikbaar gestel. Onder hulle is David Kramer, Valiant Swart, Anton Goosen, Dowwe Dolla en Anna Davel.

Die Hoër Meisieskool Bloemhof het die perseel vir die konsert gratis beskikbaar gestel.

Die geld sou aan Steyn geskenk word om te help betaal vir die baie duur kankerbehandeling wat sy tans kry. Sy het borskanker wat reedsna die borsholte en lewer versprei het.

Volgens die amptelike inkomste-en-uitgawestaat wat me. Rika Vermeulen van Maniac Music ná die konsert aan die sangers beskikbaar gestel het, was die bruto inkomste R39 402.

Die wins daaruit was R16 902. Dit is verder verdeel: Maniac Music het R5 648 gevat, nog R5 648,89 is aan Anele du Plessis (ook van Maniac Music) betaal vir “organisasie en verhoogbestuur” en net R6 105 is aan Steyn oorbetaal.

Vermeulen het gister gesê: “Daar word gerugte versprei wat leuens is en ek het regsadvies ingewin.”

Al word daar nie in haar biljette genoem dat Maniac Music ’n hap van die wins gaan vat nie, “weet enige kunstenaar dat so ’n konsert se wins aan die begunstigde oorbetaal word nadat kostes gedek is”, het sy gesê.

Steyn se seun, mnr. Douw Steyn, met wie die organiseerders geskakel het, het gister gesê hy “gaan nie nou al kommentaar lewer nie omdat die kwessie by ons regsadviseurs is”.

Kramer het gesê hy is baie geskok en teleurgesteld oor hoe die wins verdeel is.

“Ja, daar was seker vir hulle ’n bietjie uitgawes, maar dit is gewoonlik minimaal. Ek het nie gehuiwer om verniet op te tree nie omdat ek gedink het al die geld gaan na Christa.”

Goosen het gesê hy sou beslis nie opgetree het as hy vooraf geweet het die wins gaan nie ten volle na Steyn nie.

“Ek is stomgeslaan oor wat hier gebeur het. Ek dink al die kunstenaars, en veral arme Christa, is vir ’n ride gevat.”

Davel het gesê: “My begrip van geldinsameling is dat alle wins aan die begunstigde gaan en dat almal, waar moontlik, hul dienste, tyd, energie en talent verniet gee.

Rika het Christa se siekte en mediese koste 100% as motivering gebruik om 37 kunstenaars gratis op die verhoog te kry.”

Davel het op haar eie koste van Johannesburg na Kaapstad gevlieg vir die vertoning.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal