Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Oom se haelgeweer klop skurk se plastiekpistool  (Read 97 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Oom se haelgeweer klop skurk se plastiekpistool
« op: January 27, 2012, 08:25:23 AM »
Nelspruit. – ’n 70-jarige pensioentrekker het ’n rower doodgeskiet toe dié hom met ’n plastiekpistool probeer beroof het.

Mnr. Corrie Potgieter, wat op ’n plaas naby Karino, wes van Nelspruit, woon, het gister omstreeks 07:30 gehoor sy tuinier, mnr. Fana Mashalela, praat met iemand buite die huis.

Hy het deur die kamervenster geloer en twee mans by Mashalela gesien staan. Hy het ’n 12 boor-haelgeweer uit die kluis gehaal en na die kamervenster gegaan.

Die mans was weg, maar hy het onraad vermoed omdat Mashalela op sy knieë op die stoep gestaan het.

Die volgende oomblik het een van die rowers van onder die vensterbank opgespring en ’n pistool op Potgieter gerig.

Potgieter het ’n skoot afgevuur en die rower in die gesig getref.

Die man is op slag dood.

By die polisie se aankoms is ’n plastiekpistool (BB gun) wat plastiekballetjies vuur, langs sy lyk gekry.

Volgens sers. Gerald ­Sedibe, polisiewoordvoerder, het Mashalela gesê daar was inderwaarheid drie rowers. Die ander twee het weggehardloop.

Die aanval was een van tientalle gewapende voorvalle die laaste paar weke op kleinhoewes rondom Nelspruit.

Die gebiede wat die ergste deurloop, is Karino, Hermansburg, Cairn, Cromdale, The Rest en Alkmaar, het mnr. Vernon Lancaster, hoofbestuurder van Hi Tech Sekuriteit in Nelspruit, gesê
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 564
  • Verkenner
Re: Oom se haelgeweer klop skurk se plastiekpistool
« Antwoord #1 op: January 27, 2012, 09:16:19 AM »
Bravo !!! Jammer sy makkers het nie styf teen hom gestaan nie.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Oom se haelgeweer klop skurk se plastiekpistool
« Antwoord #2 op: January 27, 2012, 02:17:08 PM »
Nogal iets anders.  Wat die gebiede kort is n radiostelsel met elk sy eie nr bv. K1.  My oom op Komatiepoort toets elke Donderdag of almal se radios werk.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Sanderis

  • Gas
Re: Oom se haelgeweer klop skurk se plastiekpistool
« Antwoord #3 op: January 27, 2012, 07:56:27 PM »
Wat die gebiede kort is n radiostelsel met elk sy eie nr bv. K1.  My oom op Komatiepoort toets elke Donderdag of almal se radios werk.

Soms raak die mense te gemaklik /lui en vergeet van die radios ; as jy dit dan wel nodig het is die ondersteuningsnetwerk nie daar nie - persoonlike ondervinding .


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal