Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Wys jou pad maniere jou ware karakter?  (Read 274 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« op: January 27, 2012, 11:36:09 PM »
Op 'n daaglikse basis sit ek myself en vergaap aan die uiters ongedissiplineerde wyse waarop talle mense bestuur. Waar daar byvoorbeeld een baan is vir voertuie wat links draai, en 'n ander vir voertuie wat wil regs draai, kry mens alewig mense wat sover as moontlik voor wil kom met die vinniger een van die twee en dan gooi hulle skielik 'n flikker aan(soms)en druk in.

Dit gebeur selfs dat hulle die vermetelheid het om 'n hand van dank op te hou na hulle sonder gewete ingedruk het. My bloed kook sommer vinnig, en sonder uitsondering kook my bloed sommer elke liewe dag oor die selfsugtigheid waarmee so baie mense bestuur. Op 'n dag sit ek in my stadige ry en wag my beurt geduldig af om by die verkeerslig te draai. Skielik hoor ek 'n toeter en kyk toe langs my. Daar staan my vrou se neef, hy groet my beleefd en vra of hy maar voor my kan indruk. Nodeloos om te sê het ek hom vriendelik daarop gewys dat hy maar voor iemand anders moet gaan kruip vir 'n plekkie. Hy was erg ontnugter, en het later aan my genoem dat hy nie kan glo dat ek so vol strooi is nie. Tot vandag toe sien hy, en talle ander nie waarom dit nou so erg is nie.

My argument is eenvoudig. Almal wil iewers uitkom, dis vir niemand lekker om in verkeer te sit nie. Ons wat wel padmaniere het se reistyd word inderwaarheid verhoog deur ander mense wat seker voel hulle het meer reg as jy om betyds iewers uit te kom. Wanneer dit gebeur dat ek myself in die verkeerde baan bevind, bly ek maar daar en gaan draai maar by die verkeerslig in die teenoorgestelde rigting van waarheen ek eintlik op pad is. Dan ry ek maar 'n draai en keer terug in die regte rigting. Selfs as daar groot gapings is in die baan waar ek graag wil wees, sal ek nooit so vermetel wees om voor ander in te druk nie.

Die silwer rantjie aan hierdie daaglikse stryd is om te sien hoe mense vir jou tekens wys en hulle stuurwiele aanrand uit woede omdat ek seker maak niemand druk voor my in nie. Ek poog ook om die afstand tussen my en die voertuig agter my so te hou dat niemand agter my indruk nie. Dus sien ek nie my optrede as selfsugtig nie, inteendeel, dit gaan oor goeie maniere!

So as ek nou sien hoe baie mense hierdie irriterende neiging openbaar, begin ek wonder. Is dit die mentaliteit van iemand wat dink die Nuwe SA werk? Kan dit dalk die tipe mens wees wat tydens die sokker-sirkus daardie lelike vlaggies op sy motor se spieëltjies gehad het? Dit kan seker mense wees wat dink die wêreld skuld hulle iets...dalk voel hulle ek skuld hulle my plek in die tou. Of is dit die tipe mens wat die uiters irriterende en terende straatverkopers op die straathoeke hou deur hulle te ondersteun? Waarom doen mense sulke goed?

As jy een van hierdie oortreders is, verduidelik dit asb. aan my. Stel jou saak, ek dink nie jy sal my kan oortuig dat dit reg is nie, maar miskien sal mens beter verstaan hoe julle die lewe sien. As ek so daaroor voel is daar sekerlik ander wat ook so voel. Kom ons werk saam om hierdie siklus van ongemanierdheid te stop. Wat hierdie oortreders nie besef nie, is dat daar dalk êrens iemand is wat redelik moeg is vir hierdie gedrag. Daardie persoon maak dalk nie soos ek en dink voor hy doen nie, hy doen dalk iets wat ernstige nagevolge vir homself en vir jou mag hê. Dus sal jy ook skuldig wees aan wat so persoon moontlik aanvang, jy het hom immers daartoe gedryf.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #1 op: January 28, 2012, 10:42:54 AM »
Weet jy Leon, ek het dieselfde ervaar toe ek in die Kaap gebly het, maar die Kaap is mos die toonbeeld van verdraagsaamheid, almal daar is mos 12 maande van die jaar in 'n vakansieluim.

Ek het ses maande lank in Milnerton gebly voordat ek middestad toe getrek het waar my werk was. Ek het daardie eerste ses maande net 8km van my werk af gebly, maar dit het my meer as 45 minute gevat om by die werk te kom. As ek die verkeer die oggend reg vang, het dit 15 minute geneem. Ek was vir die eerste ruk 'n wetsgehoorsame, verdraagsame motoris wat maar my beurt afgewag het, maar wat gebeur is, net voordat jy op die N1 klim was daar 'n vurk in die pad en daar het die mense so hul flikkerligte aangesit en voor gaan indruk. Die een ou gee vir 'n ander motoris plek voor hom, en dan gee die man wat nóú ingedruk het, weer vir drie ander voertuie voor hom plek, dus kom die mense wat in die ry staan, nooit voor nie.

Dus het ek dit ook begin doen, hang af hoe lank die ry was. Ek weet dit is nie reg nie. En ek probeer jou ook nie oortuig nie. Dit was verkeerd.

Gelukkig het ek die volgende 4 jaar op 'n reguit roete werk toe gery, daar loop nie 'n snelweg deur Bloemfontein nie. En nog bly ek in 'n plek wat skaars verkeer het.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #2 op: January 28, 2012, 02:09:26 PM »
Karina, jy is vergewe. Kaapstad is in elkgeval Zilleville, ek sou dalk net om aspris te wees ook so daar ry. Die hele storie het my nou aan iets anders laat dink. Miskien raak mense kwaad vir my oor die volksplakkers wat op my bakkietjie geplak is. Jammer om van hulle pyne te hoor, daar is min dinge wat so mooi vertoon soos 'n Vierkleur op 'n 1400 Nissan bakkie! Klein mannetjie, klein bakkietjie, mooi groot Vierkleur! 8)

Sanderis

  • Gas
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #3 op: January 30, 2012, 08:24:46 PM »
Ek dink mense met sulke vieslike padmaniere het tien teen een geen selfrespek nie , as hul nie selfrespek het nie hoe moet hul dan ander respekteer ? Ek praat nou natuurlik van volksgenote .
Volksvreemdes is dit in hulle natuur om ongeskik te wees , moontlik beinvloed dit die volksgenote om ook so op te tree omdat dit as die "normale en alledaagse" gesien word .

Die kafee waar ek gewoonlik my alledaagse goed koop is dit dieselfde storie , volksvreemdes wat gereeld voor mens indruk by die betaalpunt ; die dame ken my en laat sulke goed nie toe nie - sy sê reguit vir hulle "staan in die ry en wag jou beurt af" .

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #4 op: January 31, 2012, 08:30:43 AM »
Bittereinder,

Ek het die slegte gewoonte om uit my baan te gaan en stil te staan op die skouer van die pad vir die vermeteldes wat aan die veerkeerde kant verby kom en dan indruk. My vrou waardeer glad nie hierdie toertjie nie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #5 op: January 31, 2012, 09:11:50 AM »
SP,

Ek het dit ook al gereeld gedoen. My vrou hou ook nie daarvan nie, dit het my op daardie oomblik groot genot besorg maar by die huis groot kopsere!

Dis maar moeilik, hoe sê die Ingelse? Damned if you do and damned if you don't!

Deesdae wil dit voorkom of ons mense so verval het in die groef van aanvaarding. Almal aanvaar dat ons uitgemoor word, en dat 'n stem vir die DA 'n goed genoeg bydrae is, en dat almal maar ook op ons paaie kan maak wat hulle wil.

Dit verg murg in jou pype om op te staan en te verklaar dat jy nie sommer net alles aanvaar nie. Die korrekte gedrag is nou die uitsondering, aanvaarding is die weg van minste weerstand.

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 564
  • Verkenner
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #6 op: January 31, 2012, 09:21:22 AM »
Die kafee waar ek gewoonlik my alledaagse goed koop is dit dieselfde storie , volksvreemdes wat gereeld voor mens indruk by die betaalpunt

Weet jy nie hoe om 'n winkelwaentjie te bestuur nie? Dit maak 'n goeie stampkar.

Sanderis

  • Gas
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #7 op: January 31, 2012, 11:31:41 AM »
Die kafee waar ek gewoonlik my alledaagse goed koop is dit dieselfde storie , volksvreemdes wat gereeld voor mens indruk by die betaalpunt

Weet jy nie hoe om 'n winkelwaentjie te bestuur nie? Dit maak 'n goeie stampkar.

;D Sal dit in gedagte hou by 'n supermark ; maar ons kafee het nie waentjies nie , nie eers mandjies nie .

Alwyn ek dink jy (en Leon) probeer net op 'n beskaafde manier padmaniere te leer vir die wie dit nie ken nie . 

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #8 op: February 01, 2012, 02:09:18 PM »
Ja Sanderis. Ek doen dit in Verwoerdburg en Alwyn doen dit aan die Wesrand. Twee mense oor 'n wye area, dit maak maar weinig verskil jong. As almal net saam wil keelvol raak vir hierdie slegte gedrag sal die probleem sommer vinnig opgelos word.

Sanderis

  • Gas
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #9 op: February 01, 2012, 11:16:09 PM »
As almal net saam wil keelvol raak vir hierdie slegte gedrag sal die probleem sommer vinnig opgelos word.

Ek weet darem nie so mooi nie ; het jy al gehoor van die sêding wat lui : jy kan 'n dier uit die bos uithaal maar jy sal nie die bos uit die dier uit kan kry nie . :)
Sekere mense se gedrag/optrede is maar natuurlik en twyfel ek of dit sal verander .

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #10 op: February 02, 2012, 06:40:52 PM »
As almal net saam wil keelvol raak vir hierdie slegte gedrag sal die probleem sommer vinnig opgelos word.

Ek weet darem nie so mooi nie ; het jy al gehoor van die sêding wat lui : jy kan 'n dier uit die bos uithaal maar jy sal nie die bos uit die dier uit kan kry nie . :)
Sekere mense se gedrag/optrede is maar natuurlik en twyfel ek of dit sal verander .

Absoluut!

Die hartseer van hierdie verhaal is dat die "diere" 90% van die tyd ligte velle het!

Dit laat mens wonder, het hulle te min lyfstraf en te veel vriendelike dissipline as kinders gekry? Ek sou sommer vinnig 'n paar klappe voel brand het as ek so ongeskik was...mense vertel altyd dat sy/haar pa eers geklap en toe gepraat het. Myne het nie sy asem gemors nie, hy het net geklap. Daardie gebaar op sy eie was genoeg vir my om te besef wat ek verkeerd gedoen het.

Ek dink nie ek het al ooit twee keer vir dieselfde ding slae gekry nie!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal