Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Hoort ons in Afrika?  (Read 196 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Hoort ons in Afrika?
« op: February 06, 2012, 01:53:12 PM »
Nooit het ek gedink ek sou hierdie vraag vra nie...

Ek is 'n Afrikaner-Nasionalis in murg en been en ontsettend lief vir my land en vir my taal.

Maar vandag kry ek uiteindelik tyd om na Henk se video oor die mediavrystelling te kyk, en wát sien ek daar!!? Net WITMENSE! Die klomp (slegs) witmense in die agtergrond het my so gefassineer, dat ek na minuut #2 nie 'n enkele woord gehoor het wat Henk gesê het nie, al was ek hóé beïndruk met Henk se behendigheid met die Nederlandse taal. Ek het net vir die mense in die agtergrond gekyk.

Ek sal nie stry dat 99,9% van daardie mense liberaal is nie, maar ten minste weet hulle nie wat "Afrika-mentaliteit" is nie.

Meer as 'n derde van die Noord-Kaap se inwoners se enigste inkomste is die geld wat hulle van die staat af kry elke maand (R270 per kind, R1140 pensioen, R1140 gestremdheid [en ek verseker julle elke tweede een is gestremd, tot TB tel ook as gestremdheid!])

Hierdie fondse kom natuurlik uit die belastingbetaler se sak, en raai hoeveel persent van die NK se bevolking betaal belasting? 'n Skamele 1,6%. Nou hoe werk hierdie som? Ek weet nie, voel net vir my of ons in 'n afwaartse spiraal is.

Terug by die punt. Wat soek ons in Afrika? Ek vermoed ons is hier geplaas vir 'n rede, maar ek dink ons het klaaglik misluk, wat die rede ook al was.

Ek sien elke dag in die verbygaan maklik 4000 nie-blankes, van alle rasse. Maar ek sien seker nie eens 100 blankes altesaam nie. Dan praat ek nie eens daarvan as jy vir groot maatskappye werk nie, jy word in 'n werksomgewing saam met nie-blankes ingedwing en jy is geforseer om met die goed te praat en saam met hulle te werk asof julle voëls van eenderse vere is.

Dalk is ek net mismoedig en moet ek vasbyt tot ons eendag ons Volkstaat het. Wie was al in die buiteland en hoe was julle ervaring? Ek weet oom Clem het eendag 'n mooi verhaaltjie van Doebai geskilder.
« Laaste verandering : February 06, 2012, 01:57:38 PM deur Karina Marais »
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Hoort ons in Afrika?
« Antwoord #1 op: February 06, 2012, 05:43:33 PM »
Katryn, daardie Doebaai het ook sy pyne. Kom ons hou bietjie by die onderwerp van witmense. Die gevoel wat jy gekry het met Henk se video het ek n paar jaar gelede ervaar - en glo my, dit was bloot toevallig dat ek die TV aangeskakel het en toe uiteindelik vasgenael gesit het en net gekyk en gekyk - dit was die opening van die Olimpiese Spele in Australia.

Hulle het die gekleurde gestuur om die fakkel aan te steek - en toe is dit daarna net witmense - witmense wat soos die Trekkers van ouds, die land daar getem het, en gebou het, en van die n wonderlike land gemaak het.....

En toe besef ek weereens hoeveel waarde is daar in volksvryheid !!!!
Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Re: Hoort ons in Afrika?
« Antwoord #2 op: February 06, 2012, 07:29:51 PM »
Hoort ons in Afrika ? Ja , ek dink so . As ek nou so vlugtig aan die mense dink waarna jy verwys in die video , sal hulle in Afrika oorleef ? Ek twyfel .
Ons voorouers het die wildernis getem tot min of meer waar dit vandag is , natuurlik was daar gedurige twis met die swart stamme en selfs paar oorloë weens die verskille tussen ons en hul plundery . Selfs die Ingelse wat ons uitgemoor het tydens die ABO's , nou is dit weereens en nog steeds die swartman wat ons uitmoor , bietjie vir bietjie .
Maar ons is nog steeds hier en as ek my vyfsent mag bydra voel ek ons as "Volk" sal iets moet doen aan ons bevolkingsgroei .

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Hoort ons in Afrika?
« Antwoord #3 op: February 07, 2012, 03:57:16 PM »
Sanderis, ja, dis 'n goeie vraag of hulle hier sal oorleef. Suid-Afrika is 'n Westerse land, of die inskroefhare dit nou wil aanvaar of nie. Hulle dra hemde en broeke, ry met Duitse/Japanese motors, kyk DStv terwyl hulle in hul lugversorgde dubbelverdieping-baksteenhuis op hul Cori Craft-leerbanke lê. Hulle het 'n Westerse leefstyl. My punt is, ek dink enigiemand kan (hierdie) Afrika oorleef.

Bevolkingsgroei is 'n ander storie. Dis duur om 'n kind groot te maak. Ek gaan nou nie vir jou syfers gee nie, want dit gaan jou verveel.

Al wat ek probeer sê is, twee salaristrekkers in 'n huishouding kan maksimum 2 kinders bekostig, en dan gaan dit al broekskeur.

Ek het al die vraag gevra of dit regverdig teenoor 'n kind is om in hierdie land gebore te word? Is ons as ouers nie selfsugtig om 'n kind in hierdie omstandighede in te bring nie?

Ons volk het ons vryheid verkoop vir minder as 'n pot lensiesop, nou moet ons dit ten duurste terugkoop.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Hoort ons in Afrika?
« Antwoord #4 op: February 07, 2012, 04:31:57 PM »
Karina,

Jy het my byna laat verlang na Europa en sy Westerse standaarde, en toe tref dit my, ek is hier gebore, derduisende mense het gely en gebloei vir daardie geboortereg in Suid-Afrika. Hierdie land is in ons bloed en in ons harte. Daar is GEEN plaasvervanger vir land wat met bloed gekoop is nie.

Ja ons het natuurlik genetiese bande met daardie mense in die noordelike halfrond, maar hulle is net nie my mense nie. Deesdae is my mense maar 'n bedreigde spesie, want hulle wat hulself ophou met die sirkus van duiwelse NSA politiek lyk soos ek, ruik soos ek, maar dink nou maar eenmaal nie soos ek nie. Daarenteen staan 'n handjievol stryders, stryders wat nie net praat nie, maar doen. Mense met eienskappe wat jy van lees in ons geskiedenis boeke. Hierdie eienskappe is nie te bespeur in ons Europese broeders en susters nie. Hoe kan hulle hierdie eienskappe hê? Hulle het nie die bloed van doelgerigte Voortrekkers, en mense soos Genls De la Rey, De Wet, Maritz of standvastige leiers soos Pres. Kruger en Genl. Hertzog, of kinders soos Lizzie van Zyl en Racheltjie de Beer in hulle are nie. Ons voorvaders was miskien volgens sekere mense die afval van Europa, laat ek jou vandag vertel, met die geskiedenis van ons Volk as riglyn, dat hulle verkeerd was! Ons is die nasate van die room van Europa.

Waarom ons deur eeue heen vervolg moes word en tot vandag met bloed moet betaal vir die kleinste voorreg, is 'n saak tussen elke individu binne hierdie grootse volk en ons Skepper. Hy maak nie foute nie. Nadat hulle wat landuit gevlug het en duisende vermoordes se name op 'n lysie staan, hierdie vermoordes waarvan talle soos ek was, getroue Boere-Afrikaners, glo ek dat daar 'n ou klein deeltjie van ons volk sal oorbly. Nie enige deeltjie nie, die Bittereinders!

Afrika is nog nie klaar met ons nie, en hierdie volk is nog nie klaar met Afrika nie. Dinge gaan heel moontlik erger word, gereeld dink ek by myself, is dit nie verkeerd om kinders in hierdie land met al sy boosheid in te bring nie? Ek kom altyd op dieselfde antwoord uit. Nee, dis juis reg. Ons is nie hier geplaas om ons sakke vol geld te stop nie, maar om voort te plant. Daarmee bedoel ek nie dat ons twintig kinders moet hê en hulle laat krepeer nie. Allermins. Maar ek trek eerder swaar met drie of vier kinders as wat ek gemaklik lewe met een of geen.

Afrika is nie vir sussies nie, die realiteite van wat in Europa aan die gang is ook nie. So het elkeen, maak nie saak hoe wonderlik dinge op 'n ander plek lyk nie, sy en haar eie stryd om te voer. Die gras is juis groener aan die anderkant van die heining omdat daar meer mis is.

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Hoort ons in Afrika?
« Antwoord #5 op: February 07, 2012, 04:37:44 PM »
Karina, ek het al baie gewonder oor die bekostigbaarheid van kinders. My Pa hulle was agt kinders. Ons was vyf. Ons het dit nie breed gehad nie, maar was nooit honger nie. Die "ou" mense was net bereid om hul self met minder luukshede te omring  as wat ons bereid is om te doen. Ons glo ons moet nuwe motors ry, plat skerm TV's besit, n kappie op die dak he, nuwe rekenaars dan en wan. Dis ook onmoontlik om sonder n loopfoon klaar te kom sowel as n internet konneksie... Ek is seker as die sommetjie gemaak word van al die onnodige luukshede waarmee ons onsself omring, kan ons nog kinders bekostig. Ek wil die stelling hier maak dat ons volk vanwee sy gemaksug self n aandeel in die "volksmoord" het vanwee ons lae volksgroei.
Met dit gese moet ek noem dat ek self skuldig is.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Hoort ons in Afrika?
« Antwoord #6 op: February 07, 2012, 08:37:32 PM »
My oupa het altyd gese dat die Here 'n pond ekstra gee vir elke kind wat bykom....  Ek wil saam met Alwyn stem. Ons het in 'n luukse-moethê-leefstyl verval.

Ek het verlede week na Henk se onderhoud daar oor die water geluister. As ek reg verstaan, het die ander persoon wat ook teenwoordig was, iets gepraat van sanksies instel. Dit het my aan die dink gesit. As dit gebeur, sal dinge vir die swartspan liederlik begin skeefloop. Skielik sal hul beloftes van internasionale sportdeelname en sulke tipe goed leeg wees en sal die spul sportaanbidders dalk ook wakkerskrik.

Ek weet dat ons jonger geslag genoeg deursettingsvermoe sal he om dinge te maak werk en dat daar genoeg van die ouer geslag is om leiding te gee.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Hoort ons in Afrika?
« Antwoord #7 op: February 08, 2012, 02:22:20 PM »
Dankie vir die perspektief, kêrels. Al die dinge wat julle sê is waar, en as jy plaasmoord vryspring, is jou  kans seker goed om in Afrika te oorleef (dis nou as jy nie 'n sissie is nie). Meeste van julle weet ons gesin is al deur die hele plaasmoord-ding, as ek dit so kan stel. My pa is 9 jaar gelede in ons voordeur doodgeskiet deur drie MOORDENAARS (nie "inbrekers" soos ek sien die vuilgoed deesdae in die koerante bestempel word nie).

Ek wil mense vermaan om veral Sondae, wanneer jy lekker rustig is, op jou hoede te wees en maar jou buitehekke en veiligheidshekke van jou huis gesluit te hou.

Alwyn, jy het seker 'n punt beet, ons het nie al die luukshede nodig wat ons so graag versamel nie. Wanneer jou eerste kind sy opwagting maak en jy alles in jou sedan moet laai, begin lyk 'n dubbelkajuit-bakkie darem baie aanloklik. Maar as ek aan die paaiement dink, dan ruk dit my sommer vinnig in die bek.

Ek het al baiekeer gesê, ons jongmense wil ons lewens begin daar waar ons ouers nóú is. Hulle het hul  lewens lank gewerk en eers op 50 jarige ouderdom vir hulself al die luuskhede aangeskaf waarmee ons ons lewens wil afskop.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Hoort ons in Afrika?
« Antwoord #8 op: February 08, 2012, 11:44:36 PM »
Karina, jy weet, ek het drie klein kindertjies. Ek sal die laaste een wees om vir jou te sê dis maklik! Maar die eerste om vir jou te sê dis absoluut die moeite werd!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal