Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Boere kan tronk toe as ANC sin kry  (Read 50 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Boere kan tronk toe as ANC sin kry
« op: February 06, 2012, 06:17:14 PM »
Suné Kitshoff

Boere wat arbeidswetgewing verontagsaam, kan binnekort tronk toe gaan as die ANC sy sin kry.

Wanneer vier stukke arbeidswetgewing later vanjaar in die parlement ter tafel gelê word, sal klousules oor oortredings en strawwe oor die nie-nakoming van bepalings en regulasies strafregtelike vervolging insluit.

Mnr. Elleck Nchabeleng, ANC-voorsitter van die portefeuljekomitee oor arbeid, het aan Rapport gesê die presiese strawwe sal gedurende die openbare verhore en beraadslagingsproses van die wetgewing vasgestel word. Dit kan boetes of tronkstraf insluit, afhangende van die oortreding.

Dit kom nadat die parlementêre komitee 21 plase in die Wes-Kaap besoek en by vier haglike blyplekke aangetref het waar veiligheidsmaatreëls ook nie toegepas is nie.

“Die nuwe arbeidswetgewing móét eenvoudig strenger wees en meer magte aan arbeidsinspekteurs gee.

“Ons het die kwessie al in die ANC bespreek en die gevoel is dat boere wat nie hul kant bring nie, vervolg moet word,” het hy gesê.

Nchabeleng het Dinsdag op ’n mediakonferensie by die parlement gesê die komitee wil oortredings kriminaliseer.

Vir dr. Theo de Jager, adjunkhoof van Agri SA, beteken kriminalisering van oortredings een ding: Boere gaan toenemend kies om te meganiseer.

“Dit verg baie moeite om seker te maak jy voldoen aan die regulasies. Dis amper onmoontlik vir ’n klein familieplaas om behoorlike administrasie te doen.

“Kriminaliseer ’n mens oortredings, gaan jy boere kry wat bloot ontslae gaan raak van hul werkers.  Dus sal werkloosheid en armoede op die platteland toeneem,” het hy aan Rapport gesê.

Die wysigingswetgewing is sedert verlede jaar by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac), waar onderhandelings oor vier van die ses temas tot dusver stadig gevorder het.

Een van die temas is nakoming en toepassing van arbeidsregulasies, en die huidige debat gaan juis oor “die magte van die arbeidsinspekteurs”.

Me. Annelize Crosby, Agri SA se regsverteenwoordiger, het aan Rapport gesê boere wat hulle skuldig maak aan menseregtevergrype, kan reeds strafregtelik vervolg word.

Daar is dié week berig die plaaswerkers wat van die moord op mnr. Eugène Terre’Blanche aangekla word, het in “?’n varkhok” gebly en is minder as die minimum loon vir plaaswerkers betaal.

“Ons het gehoop die departement sal kies om ’n pad te stap met boere en om hulle te help om beter administrasie onder die knie te kry,” het Crosby gesê.

Die vier stukke wetgewing onder die loep is die wette oor basiese diensvoorwaardes, arbeidsverhoudinge, billike indiensneming en die nuwe wetsontwerp oor arbeidsmakelaars.

Mnr. Musa Zondi, ministeriële woordvoerder van mev. Mildred Oliphant, het by navraag gesê die minister het die onderhandelaars laat verstaan sy wil die wetgewing voor April parlement toe stuur.

***

Die parlementêre portefeulje­komitee oor arbeid het verlede week 21 plase in die Wes-Kaap besoek. Op vier plase is die volgende aangetref:

* Nalatige hantering van chemikalieë en in sekere gevalle ook geen beskermende drag vir die werkers nie.
* Huise val uitmekaar en sommige het geen ventilasie nie. In een geval woon werkers in ou skeepsvraghouers wat net ’n deuropening het.
* Toilette word nie onderhou nie en is verstop.
* Kleutersorg het nie toiletgeriewe vir die kleingoed nie en ook nie ventilasie nie.
* Vervalle dakke en huise wat oor die algemeen onveilig is.
* Oop kragdrade in huise.
* Boere wat nie minimum lone betaal nie.
* Werknemers sonder ’n bestuurderslisensie wat plaasvoertuie bestuur.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Boere kan tronk toe as ANC sin kry
« Antwoord #1 op: February 06, 2012, 06:18:30 PM »
... en dan wonder die regering hoekom Boere nie meer werkers op hulle plase wil laat bly nie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal