Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Meer moorde as padsterftes in SA  (Read 64 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Op kantoor Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Meer moorde as padsterftes in SA
« op: February 06, 2012, 08:30:49 PM »
Johannesburg – Suid-Afrika is die enigste land waar ‘n mens ‘n groter kans het om vermoor te word as om in ‘n padongeluk te sterf, het ‘n opname van die Suid-Afrikaanse Instituut van Raseverhoudinge (SAIRR) bevind.

“Dat ons moordsyfer die sterftes op paaie oortref, beteken nie dat ons padsterftesyfer laag is nie, maar eerder dat ons moordsyfer selfs hoër as ons padsterftesyfer is,” het Kerwin Lebone, navorser, Maandag gesê.

Die studie is gebaseer op inligting van die padverkeersbestuurskorporasie en die polisie in die 2010/11 finansiële jaar.

Dit het bevind dat 32 uit 100 000 Suid-Afrikaners vermoor is, terwyl 28 uit 100 000 in padongelukke gesterf het.

“Internasionale data toon die padsterftesyfer is altyd veel hoër as die moordsyfer oor die wêreld heen."

In Amerika is die padsterftesyfer byvoorbeeld drie maal hoër as die moordsyfer.

Slegs Limpopo en Mpumalanga het naby aan die internasionale standaard gekom, met twee maal meer mense wat in padongelukke dood is as wat vermoor is.

Volgens die opname het die moordsyfer wel met sewe persent afgeneem, vergeleke met die vorige jaar.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal