Regtelike Sake > Departement van Arbeid
NSA Arbeidswette
(1/1)
Sanderis:
'Wet knou wit gestremdes’
2012-02-07 22:27
Alet Rademeyer
As die voorgestelde wysigings aan die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB-wet) deurgaan, sal dit op “gruwelike, ongrondwetlike diskriminasie” neerkom.
Dit sal tot die algehele uitsluiting van wit gestremdes uit die Wet op Billike Indiensneming se definisie van aangewese groepe lei.
Die vakbond Solidariteit het gister teen die wysigings uitgevaar en gesê dit is ondenkbaar hoe daar teen gestremdes op grond van hul ras gediskrimineer kan word.
Diskriminasie teen gestremdes ken geen kleur nie, het dr. Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit, gesê.
Kommentaar op die voorgestelde wysigings het gister gesluit. Solidariteit het in sy voorlegging aan dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, gevra dat wit mense met gestremdhede ingesluit word in alle vorme van bemagtiging wat ten doel het om onbillike diskriminasie te pak.
Wit gestremdes is op die oomblik deel van die definisie van die aangewese groep in die Wet op Billike Indiensneming, wat regstellende aksie reguleer, maar is nie meer deel van die definisie van die aangewese groep in die BBSEB-wet nie.
Ingevolge die nuwe wysigings dra die BBSEB-wet meer gewig en sal dít geld as daar enige spanning tussen die twee wette se definisies van die aangewese groep ontstaan.
In die praktyk beteken dit dat as ’n maatskappy ’n werklose wit gestremde aanstel, sal die maatskappy nie punte vir sy swartbemagtigingstelkaart kry nie. As hy ’n nie-gestremde welvarende swart persoon in diens neem, sal dit ingevolge die BBSEB-wet punte vir die aanstelling verdien.
As die wit gestremde die maatskappy ingevolge die Wet op Billike Indiensneming hof toe sleep, sal die BBSEB-wet se definisie van die aangewese groepe, wat wit gestremdes uitsluit, geld.
Volgens Hermann is gestremdes deel van die benadeelde groepe op grond van hul gestremdheid en nie ras nie.
“Die paradoks is nou dat wit mense met gestremdhede uit die definisie van aangewese groepe gehaal word op grond van hul ras en nie gestremdheid nie.
“Swart gestremdes bly egter deel van die bevoordeelde groep en spesiale voorsiening word vir hulle gemaak op grond van hul gestremdheid.”
Hy het gesê die uitsluiting van wit gestremdes maak van Suid-Afrika se bemagtigingsproses bloot ’n rasseproses en nie ’n bona fide-proses teen teendiskriminasie nie.
Verskeie gestremdes wat die mediakonferensie bygewoon het, het hul misnoeë met die wysigings uitgespreek en gesê dit is vir hulle nog ’n struikelblok, want in die werkplek word reeds teen hulle gediskrimineer op grond van veronderstellings oor hul vermoë en prestasie en die ontoeganklikheid van die werkplek.
Me. Chantel Venter, dr. Dirk Hermann van Solidariteit, mnr. Deon du Plessis, mnr. Johan Kruger van Solidariteit en me. Janie Fourie op ’n mediakonferensie waar kapsie gemaak is teen die uitsluiting van wit gestremdes uit alle vorme van bemagtiging. Voor is die gidshond Jedi. Foto’s: Deaan Vivier
Me. Janie Fourie, ’n gesiggestremde, lees ’n verklaring in braille op die mediakonferensie.
Mnr. Piet de Witt, me. Chantel Venter, dr. Dirk Hermann van Solidariteit, mnr. Deon du Plessis, mnr. Johan Kruger van Solidariteit en me. Janie Fourie, by ’n mediakonferensie waar kapsie gemaak is teen die uitsluiting van wit gestremdes in alle vorme van bemagtiging. Voor is die gidshond Jedi.
Bittereinder:
Kan ons nie nou maar almal ons ogies oopmaak en sien dat wit velle nie welkom is hier nie? En nadat die ou ogies oop is, sommer dan ook besef dat dit beter is om in verset te kom as om doellose speletjies te speel met doelgerigte kommuniste nie?
Navigation
[0] Message Index
Go to full version