Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde  (Read 219 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
« op: February 10, 2012, 09:08:16 AM »
TLU SA ontvang tans toenemend navrae vanaf internasionale instellings oor plaasmoorde in Suid-Afrika.

Dit is hoofsaaklik te danke aan ’n besoek wat TLU SA se Assistent-Hoofbestuurder: Kommunikasie, mnr. Henk van de Graaf, aan Europa gebring het. Mnr. Van de Graaf is sopas terug van ’n weeklange inligtingsbesoek aan Europa, waarin hoofsaaklik klem gelê is op plaasmoorde in Suid-Afrika. Die hoogtepunt van sy toer was ’n besoek aan die Europese Parlement waar hy die hoofspreker was byb ’n openbare vergadering van Europese Parlementslede. In sy toespraak het mnr. Van de Graaf daarop gewys dat toestande in Suid-Afrika selfs slegter is as in Zimbabwe. In Suid-Afrika is tot dusver 1 554 boere vermoor, teenoor die 24 in Zimbabwe. “Instellings soos die EU was bereid om persoonlike sanksies teen mnr. Robert Mugabe en sy kabinetslede op te lê. In die lig daarvan dat sake in Suid-Afrika selfs slegter verloop as in Zimbvabwe, behoort die EU dalk ook oorweging te skenk aan die moontlikheid om soortgelyke persoonlike sanksies teen mnr. Zuma en sy kabinetslede in te stel, omdat hulle ook blatant weier om genoeg aan hierdie probleem te doen. Bowendien behoort plaasmoorde kinternasionaal verklaar te word tot ’n Misdaad teen die Mensdom,” het mnr. Van de Graaf gesê.

’n Kort uittreksel uit die dokumentêre rolprent ‘War of the Flea’ is ook aan die EU-parlementslede gewys. Veral die sanger Steve Hoffmeyr se stelling daarop dat daar in Suid-Afrika sprake is van volksmoord, het baie gewis gevoeg tot TLU SA se standpunt hieroor.

Na die besoek aan die Europese Parlement, asook die inhandiging van ’n klagte van Volksmoord teen die SA regering by die Internasionale Strafhof in Den Haag, het internasionale media en die sosiale media deeglik begin kennis neem van die situasie in Suid-Afrika rakende veral plaasmoorde. Seddertdien ontvang TLU SA se hoofkantoor al hoe meer inligting van beoogde aksies oor plaasmoorde en volksmoord, nie net in Europa nie, maar ook Amerika, Kanada en Australië.

TLU SA se SMS-lyn vir ondersteuning aan die slagoffers van plaasaanvalle lok ook die gewenste reaksie. Mense kan ’n klein bydrae van R10 maak deur die woord TLUSTOP te stuur na 48716.

Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
« Antwoord #1 op: February 10, 2012, 09:48:44 AM »
Mooi.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
« Antwoord #2 op: March 07, 2012, 04:52:02 AM »
Hier is die resultaat daarvan - of minstens die eerste positiewe reaksie op TLU SA se goeie werk.

Europa steun SA se boere
2012-03-06 22:43
Leopold Scholtz
Die Europese Parlement het die plaasmoorde in Suid-Afrika veroordeel.

Drie regse lede van die parlement het die voortou vir die verklaring geneem.

Hulle is mnre. Philip Claeys van die Vlaams Belang (België), Aldreas Mölzer van die Vrye Party van Oostenryk (FPÖ) en Fiorello Provero van die Lega Nord (Italië).

Wat egter vir Suid-Afrika van groot belang is, is dat dit breë steun oor die meeste politieke grense heen gekry het. Dit is onderteken deur 48 lede van 19 lidstate.

Onder hulle is liberale, Christen-demokrate, sosialiste, konserwatiewe, onafhanklikes en selfs ’n lid van die kommunistiese koukus. Die Groenes was die enigste koukus waar niemand dit wou teken nie.

In die verklaring word gewys op die stelselmatige karakter van die aanvalle op die wit boere. Die Suid-Afrikaanse regering word versoek om dringende maatreëls te tref om die boere se veiligheid te verbeter.

Een van die ondertekenaars, mnr. Derk Jan Eppink – ’n Nederlander wat namens Vlaamse kiesers in die Europese Parlement sit – het aan Beeld verduidelik hy het dit gedoen omdat die plaasmoorde in Suid-Afrika veels te min aandag in die Europese media kry.

“Baie mense dink dit sal wel die boere se eie skuld wees omdat hulle hul werkers mishandel. Dit is nie die geval nie; die meeste behandel hulle goed en stuur selfs die kinders skool toe.

“Die morele verontwaardiging in Europa oor byvoorbeeld die lot van die Brasiliaanse Indiane is veel groter as dié oor die plaasmoorde in Suid-Afrika. Dit moet end kry.”

Eppink het gesê dis goed dat die verklaring oor so ’n breë politieke spektrum gesteun is. “Ek hoop dat die verklaring ook die grondslag vir die betrekkinge tussen die Europese Unie en Suid-Afrika kan word.”
Kennis is mag

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
« Antwoord #3 op: March 07, 2012, 07:27:12 AM »
Ek bid hartstogtelik dat hierdie die begin van 'n vernietigende sneeubal gaan wees wat die vyande van ons volk eenvoudig sal plat vee.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
« Antwoord #4 op: March 07, 2012, 10:57:50 AM »
Iemand moet iets doen.  Watter mag het Europa om iets te doen behalwe sanksies
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
« Antwoord #5 op: March 07, 2012, 12:19:46 PM »
johan,

Dit is nou 'n insiggewende stelling. Wat stel jou voor moet gedoen word en deur wie?

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
« Antwoord #6 op: March 07, 2012, 01:52:46 PM »
Ek glo dis die werk van veral die Volksraad hulle verteenwoordig ons.  Ander volksorganisasies soos TLU kan ondersteun.  Ander lande se sosiale netwerke moet gevind en gebruik word.  Netwerke sluit bakkiesblad ens. In.  In SA help praat nie meer nie want hierdie regering het gewys dat hul net tot korrupsie en verwoesting in staat is daarom dat die buiteland genader word.  Vraag is net hoeveel mag het hulle in n sg. demokrasie?  Hul doen lyk my selfs aan Zim nie veel nie.

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
« Antwoord #7 op: March 07, 2012, 03:54:15 PM »
Dit is juis as gevolg van die organisasies en die VR dat die buiteland bewus geword het van ons probleem. Dit is juis as gevolg van ons klein minderheid se volgehoue bewusmaking dat die buiteland begin kennis neem.

Ons moet die buiteland betrek, want ons is werklik te min. Ons kan nie die wapen opneem nie, want dan draai die buiteland maar weer teen ons.

Johan, onthou dat ons nog steeds die jas van 'apartheid' om ons skouers dra. Solank as wat dit die ank pas om dit lewend te hou, gaan selfs van ons eie mense ons daarmee slaan.  Die feit dat die UN kennis neem van wat werklik hier aangaan, is al 'n ongelooflike groot stap in die regte rigting.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
« Antwoord #8 op: March 07, 2012, 04:06:58 PM »
Het die buiteland nie n ruk gelede ook kennis geneem van die werklikheid nie?
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
« Antwoord #9 op: March 07, 2012, 08:48:22 PM »
Het die buiteland nie n ruk gelede ook kennis geneem van die werklikheid nie?

Ek weet nie Johan. Het die buiteland 'n ruk gelede ook kennis geneem van die werklikheid?

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
« Antwoord #10 op: March 08, 2012, 05:21:13 AM »
Video maak ook oorsee opslae
2012-03-08 01:07
Jana van der Merwe en Estée de Villiers
Beeldmateriaal van ’n Bloemfonteinse taxi-bestuurder wat ’n voetganger wreed in ’n padwoede-voorval in Andries Pretoriusstraat aanval, maak internasionaal opslae nadat dit soos ’n veldbrand oor die internet versprei het.
Mnr. Aggrey Mojanaga (43), taxi-bestuurder van Bloemfontein, het reeds in die Bloemfonteinse landdros op aanklag van aanranding verskyn, maar die klag is deur die Vrystaatse direkteur van openbare vervolging (DOV) teen hom teruggetrek weens ’n gebrek aan bewyse. Volksblad het intussen die beeldmateriaal wat verlede week deur die sekuriteitskameras by die Brent Oil-vulstasie vasgelê is, op aandrang van die vulstasie se eienaar, mnr. Stanley Reizis, van YouTube verwyder. 
Reizis, ’n bekende sakeman en ontwikkelaar, wat tot uit Griekeland oor dié skokkende voorval gebel is, het ná berigte in Volksblad aangedring dat die video van die internet verwyder word omdat dié slegte voorval niks met sy vulstasie te doen het nie. Die voorval het in die straat by Brent Oil, wie se naam in die video te sien is, gebeur. ’n Kanadees het egter ’n kopie van die oorspronklike video wat Volksblad opgelaai het, onder die titel Brutal Road Rage Caught on CCTV in South Africa op die video-webwerf herlaai.
Teen gisteraand vroeg het meer as 58400 mense reeds na die video op YouTube gekyk.  Die video is sedertdien ook op verskeie nasionale en internasionale webwerwe gesit en was gister wyd oor radiostasies, televisie en sosiale media soos Twitter, bespreek.
Die Amerikaanse webwerf Guyism het die video onder hul humor afdeling gesit. Daar word hier gesê dat daar hopelik in Suid-Afrika klasse aangebied word vir mense om hul humeur te beteuel. Selfs Japanse en Nederlandse webwerwe het die beeldmateriaal verder versprei. Die polisie sê die ondersoek teen die bestuurder van die taxi met die registrasienommer DHK506FS gaan voort.

Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal