Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Zuma swyg oor Afrikaners  (Read 107 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Zuma swyg oor Afrikaners
« op: February 10, 2012, 09:49:11 AM »
deur Herman Toerien
 2012-02-10 08:18
President Jacob Zuma se staatsrede sal in die annale van die geskiedenis ewe veel onthou word vir dit wat verswyg is, as dit wat gesê is.

As na die krisisse gekyk word wat die land nou kenmerk, was die staatsrede grootliks ‘n oefening in volstruispolitiek. 

Kom dit by die oorsake vir die vervreemding wat die Afrikaner ervaar, en selfs die blankes, was die president doodstil, en is al die polariserende elemente soos haatspraak, die bedreiging van onderrig in Afrikaans, die uitsluiting uit blankes met gestremdhede uit ekonomiese bemagtiging, plaasmoorde en plaasaanvalle, was dit nie net tot relevansie gereduseer nie, dis geheel verswyg.

Die feit dat die president hom tot die grondwet verbind het, beteken ongelukkig niks. Hy het immers die ampseed afgelê en trou aan die grondwet uitgespreek, maar verskeie kere sy mond oor die grondwet uitgespoel. Die Afrikaner kan dus nie gerustheid put uit die waarborge wat die grondwet veronderstel is om te bied nie.

Die Afrikanerkultuur is ook geheel uitgesluit uit die museumprojekte wat vermeld is, en daar was uiteraard geen verwysing na die voeteslepery met staatsfondse vir die Voortrekkermuseum nie.

Die president het wel ‘n hand na die Khoisan-gemeenskap uitgesteek.

In die geheel is die nuus oor die skepping van ‘n klimaat van vrede in die land egter bedroewend, en was die verwysings na vredesdoelwitte uitsluitlik op Afrika gerig, met so ‘n vredesarmpie wat oor die Suezkanaal na Israel uitgewerp, maar ook net ten opsigte van Egipte.

Soos verwag is, het die president heelwat aandag aan kwessies soos werkskepping en ekonomiese groei geskenk. Die mees beduidende konkrete aspek hiervan is die R10 miljard wat die NOK oor die volgende vyf jaar beskikbaar sal stel.

Waarnemers was gou om die president se versekering dat dit ‘n mededingende mynbousektor voorstaan, as ‘n nekslag vir nasionaliserings-planne te vertolk. Dit is egter nog te gou om te bepaal of dit wel so vertolk kan word, en of dit die deur ooplaat vir ‘n persepsie binne die ANC-alliansie dat nasionalisering nie noodwendigheid mededingendheid in die voet skiet nie.

Die president het die waarde van mynbou in die land op $2,5 triljoen gestel.

‘n Interessante aspek is dat by infrastruktuurplanne gekoppel aan nywerheidsontwikkeling, die beginsels van die eertydse desentralisasiebeleid afgestof is. Areas wat hiervoor geïdentifiseer is, is onder meer areas in Noordwes en Mpumalanga, asook die korridor tussen Gauteng en die Durban-Pinetowngebied met die Vrystaat wat skynbaar voordeel kan put.

Die groen-industrie en toerisme is ook spesifiek vermeld sonder dat genoeg inhoud gegee is.

Wat die landbou betref, was die enigste beduidende verwysing na die ontwikkeling van die kleinplaassektor, wat landbou basies bloot verder deel van die land se probleme in plaas van die oplossing maak. Dit is ook kommerwekkend dat die president skynbaar die gebrekkige groenskrif oor grondhervorming as finaal aanvaar soos ‘n witskrif beskou. Hy het klaarblyklik nie sy ore vir pleidooie en vermanings uit die georganiseerde landbou en dele van die kabinet uitgeleen nie.

Die voorneme om Eskom se arm vir bekostigbare tariewe te draai, moet verwelkom word. Dit hang dus grootliks af wat Nersa as die maksimum toegewings beskou om steeds Eskom se uitbreidingsbehoeftes te bevredig. 

Swart bemagtiging gaan verskerp word, en maatskappye wat swart mense bloot as SEB-fronte gebruik, gaan aan die pen ry. Die doodsklok lui skynbaar vir arbeidsmakelaars as dié praktyk nie die tipe werksomstandighede skep wat die regering en vakbonde in gedagte het nie. Die verbintenis tot die stryd teen misdaad, met korrupsie wat spesifiek genoem is, moet verwelkom word. Die president het egter ook hieroor ‘n skadu gewerp deur te wys op ‘n 5 % afname in ernstige misdaad volgens die jongste statistiek, sonder om te vermeld dat handelsmisdaad – en dus ook korrupsie – steeds jaarliks skerp toeneem.

Die behoefte aan ‘n morele grondslag om die land betreklik misdaadvry die toekoms in te lanseer het geen vermelding gekry nie... ‘n blatante klap wat na gelowiges in die land gemik is. 

Die land sal ook duime vashou dat die aangekondigde planne realiseer om staatsuitgawes so te herstruktureer dat dit beter waarde vir geld bied. Dis egter ‘n gereelde belofte wat danksy die regering se kaderbeleid nog strykdeur agteruit boer.
 
In die geheel beskou was dit ‘n politieke toespraak eerder as ‘n staatsrede wat bo die politiek uitstyg. Dit faal skromelik daarin om nasionale kohesie te bevorder, en die laaste oorblyfsels van die Mandela-reënboog is nou pikswart geverf. Politieke oorlewing in die ANC se magstryd weeg klaarblyklik swaarder as landsbelang.

Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Zuma swyg oor Afrikaners
« Antwoord #1 op: February 10, 2012, 09:57:52 AM »
Boe-hoe. Die liberalis huil nou oor die toestand van die land waarvoor hulle gestem het en waarteen ons hulle gewaarsku het.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Zuma swyg oor Afrikaners
« Antwoord #2 op: February 10, 2012, 11:06:55 AM »
Aanhaling
Die Afrikaner kan dus nie gerustheid put uit die waarborge wat die grondwet veronderstel is om te bied nie.
Was dit dan al ooit anders?

Aanhaling
die laaste oorblyfsels van die Mandela-reënboog is nou pikswart geverf.

Dis omdat die Mandela-blindheid solank geheers het onder baie Afrikaners dat die swart reenboog nie van die begin af raakgesien is nie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal