Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Blou bulle  (Read 379 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Blou bulle
« op: February 16, 2012, 03:43:51 PM »
Ek het betroubare inligting ontvang dat die Blou bulle nou deur Dairymaid geborg word. Dis hoekom hulle soos roomysse moet lyk.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Blou bulle
« Antwoord #1 op: February 16, 2012, 04:06:42 PM »
Wie's jou meid??

Skuus SP, ek het gedog die klem gaan op Dairymaid val, toe lees ek die res...
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Blou bulle
« Antwoord #2 op: February 16, 2012, 04:54:02 PM »
SP? Speel die Leeus of soos julle hulle noem die Lions nie al jare lank in pienk nie?

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Blou bulle
« Antwoord #3 op: February 16, 2012, 09:30:49 PM »
Dan is dit die roomys bulle en in sommige bakkies is daar vanilla en ander sjokolade roomys as die kleur in ag geneem word.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Blou bulle
« Antwoord #4 op: February 17, 2012, 08:18:55 AM »
SP? Speel die Leeus of soos julle hulle noem die Lions nie al jare lank in pienk nie?

Bittereinder, sover ek weet speel Transvaal in wit en rooi.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Blou bulle
« Antwoord #5 op: February 17, 2012, 09:26:55 PM »
SP? Speel die Leeus of soos julle hulle noem die Lions nie al jare lank in pienk nie?

Bittereinder, sover ek weet speel Transvaal in wit en rooi.

Jammer SP. Dis seker maar die manier waarop hulle speel wat die rooi vir my soos pienk laat lyk het. ;)

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Blou bulle
« Antwoord #6 op: February 18, 2012, 04:17:20 AM »
Die pienk moes gebeur. Manne kan nie week na week vir mekaar Liefling sing en dan verwag dat dinge dieselfde bly nie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Blou bulle
« Antwoord #7 op: February 18, 2012, 02:13:08 PM »
Die pienk moes gebeur. Manne kan nie week na week vir mekaar Liefling sing en dan verwag dat dinge dieselfde bly nie.

Pragtig Alwyn! Ek het nou lekker gelag. Jy wen, ek weet nie eers hoe om terug te slaan na so kommentaar nie.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Blou bulle
« Antwoord #8 op: February 21, 2012, 11:15:33 AM »
Nou kyk, ek dink daar is niemand wat my kan beskuldig dat ek die Bulle ondersteun nie, maar hierdie kan my amper oortuig.

Fanie van Rooyen
Die Bulls-flank CJ Stander het sy spanmaat Adri Jacobs ná ’n woordewisseling verlede week katswink geslaan nadat dié glo “slegte taal” voor vroue gebruik het.

“Hulle ken mekaar al jare lank en is eintlik boesemvriende.

“Ons het Vrydag ’n interne tugverhoor gehad, maar die twee het lankal vrede gemaak en blad geskud,” het mnr. Barend van Graan, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), gister gesê.

Stander sal waarskynlik Vrydag vir die Bulls in die Superreeks teen die Sharks debuteer nadat die flank Dewald Potgieter se arm die naweek by ’n troue deur ’n vensterruit oopgesny is.

Potgieter sal ses weke buite aksie wees en daar word verwag dat Stander in sy plek as flank sal uitdraf.

Die onderonsie tussen Stander en Jacobs, wat mekaar al lank ken en saam vir die Suid-Afrikaanse o.20- en die Blou Bulle se o.19- en o.20-span gespeel het, was Dinsdag voor die Trademarx-restaurant langs die Loftus Versfeld-stadion.

“Die Bulls se voorspelers het tydens ’n Valentynsgeleentheid krieket teen die agterspelers gespeel,” het Van Graan gesê.

“Adri het na bewering in die teenwoordigheid van dames slegte taal gebruik, wat CJ aanstoot gegee het.

“CJ het Adri gevra om dit nie te doen nie en daar was ’n woordewisseling tussen die twee.”

Daar was glo ’n stampery en Stander het Jacobs met ’n enkele hou geslaan, waarna Jacobs glo ’n paar sekondes “deurmekaar” was.

“Die spelers het onmiddellik daarna vrede gemaak,” het Van Graan gesê.

“Die BBM het reeds tugstappe gedoen.

“Die tugstappe was ’n interne proses waarop ons nie verder kommentaar wil lewer nie.”

Jacobs se enkel is dieselfde aand, kort ná die onderonsie met Stander, beseer en hy sal gevolglik vir ses tot agt weke buite aksie wees.

CJ Stander

Adri Jacobs
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Blou bulle
« Antwoord #9 op: February 21, 2012, 12:37:18 PM »
Hierdie sinnetjie steek my dwars in die krop:
"Hulle ken mekaar al jare lank en is eintlik boesemvriende"

... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Blou bulle
« Antwoord #10 op: February 21, 2012, 08:04:41 PM »
Vriend OomDoom, so het ons maar almal ons moeilikhede met name en vanne en so aan......
Kennis is mag

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Blou bulle
« Antwoord #11 op: February 21, 2012, 08:22:28 PM »
Vriend OomDoom, so het ons maar almal ons moeilikhede met name en vanne en so aan......
;D ;D ;D
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Blou bulle
« Antwoord #12 op: February 22, 2012, 07:18:40 AM »
Vriend OomDoom, so het ons maar almal ons moeilikhede met name en vanne en so aan......
;D ;D ;D

Sies, ek het ok mos 'n binneste!  :'(
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Blou bulle
« Antwoord #13 op: February 22, 2012, 08:10:16 AM »
Vriend OomDoom, so het ons maar almal ons moeilikhede met name en vanne en so aan......

...en weet ek en oom Clem dit nie.... ;)
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Blou bulle
« Antwoord #14 op: February 22, 2012, 10:15:01 AM »
My magtig Alwyn, ek besef nou eers die implikasie van wat ons gedoen het, ons het 'n De Klerk as SP aangestel!!

Ek verstaan nou hoekom jy nie jou van saam met jou naam hier links bo laat vertoon nie.

(Ag ek spot sommer, ons weet darem uit watter stoffasie die twee De Klerks en die een Adri gemaak is...)
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: Blou bulle
« Antwoord #15 op: February 22, 2012, 10:49:55 AM »
Karina, dis hoeka al 'n gespot as ek en oom Clem saam by volksorganisasie vergaderings opdaag. Die feit dat die manne een de Klerk tussen hulle toelaat is al 'n saak tot kommer, maar twee! Ons sê altyd hulle moet net tyd gee, dan onderhandel ons hulle organisasies onder hulle sterre uit. ;D

Terloops, ek en oom Clem is nie familie nie. Ons het mekaar maar ontmoet weens albei se betrokkendheid by volksake.

As ek daarvan praat om die Bravoland te transformeer, gee ek die volksraad toestemming om my te fusileer!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: Blou bulle
« Antwoord #16 op: February 22, 2012, 01:06:11 PM »
Moet nie bekommerd wees nie SP, ons weet as daar ge-rubicon word kom daar moeilikheid. ;)
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal