Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: 'Afrikaners te bang om na SA terug te keer'  (Read 78 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
'Afrikaners te bang om na SA terug te keer'
« op: February 22, 2012, 11:26:29 AM »
Johannesburg – ‘n Wit, Afrikaanse familie wil vlugtelingstatus in die VSA hê, omdat hulle "slagoffers van rassisme" sal wees as hulle na Suid-Afrika terugkeer, het The Times berig.

Volgens die berig probeer die familie se prokureur akademici in die VSA oorreed om geloofwaardigheid aan die familie se bewerings te gee.

Die familie wou nie met die koerant praat nie as gevolg van “kommer oor privaatheid en veiligheid,” het hul prokureur, Rehim Babaoglu, gesê.

‘n Akademikus by die Universiteit van Memphis het die versoek verwerp om die “wit, Afrikaanse boere” in hul hofaansoek te help.

“Ek stel nie daarin belang om Afrikaners wat beweer dat daar teen hulle gediskrimineer word in ‘n nie-rassistiese, demokratiese, post-apartheid Suid-Afrika, by te staan nie,” het prof. Mark Behr gesê. Behr is ook ‘n wit Afrikaner.

“In my vakkundige opinie is daar geen basis vir hul bewering nie, wat ook al hul getuienis mag bied.”

Behr het aan die koerant gesê hy dink geen ander akademikus sal hul bewerings ondersteun nie.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Afrikaners-te-bang-om-na-SA-terug-te-keer-20120222
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: 'Afrikaners te bang om na SA terug te keer'
« Antwoord #1 op: February 22, 2012, 11:31:34 AM »
“Ek stel nie daarin belang om Afrikaners wat beweer dat daar teen hulle gediskrimineer word in ‘n nie-rassistiese, demokratiese, post-apartheid Suid-Afrika, by te staan nie,” het prof. Mark Behr gesê. Behr is ook ‘n wit Afrikaner. http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Afrikaners-te-bang-om-na-SA-terug-te-keer-20120222


Die slapgat gemors!! Ek wonder hoe lank het hy gevat om homself van hierdie snert te oortuig? Ek wonder wat maak hy dan self in die buiteland as dit so wonderlik in die NSA is (wat hy klaarblyklik help skep het)?

O nee wag, professortjies soos hy is seker bang om "geAbelMalan" te word.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1624
  • Verkenner
Re: 'Afrikaners te bang om na SA terug te keer'
« Antwoord #2 op: February 22, 2012, 11:50:03 AM »
Hoekom is die meeste akademici ook liberaliste?  ???
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal