Nuusflits


Skrywer Onderwerp: Só werk pensioen vir weermag-veterane  (Read 2792 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 3496
  • Verkenner
Só werk pensioen vir weermag-veterane
« op: Julie 05, 2012, 08:22:05 am »
Marietjie Gericke
GERUGTE wil dit hê dat alle Suid-Afrikaanse oudsoldate pensioene en voordele van die regering gaan ontvang, maar dit blyk slegs behoeftige soldate gaan hierby baat vind.

Lt.kol. Godfrey Giles, voorsitter van die raad vir militêre veterane-organisasies (RMVO), sê enige oudsoldaat in Suid-Afrika kan hom of haar as militêre veteraan registreer. ’n Pensioen of voordele sal egter bepaal word deur sy of haar finansiële posisie.

Hy sê oudstryders wat nie behoeftig is nie, gaan nie kwalifiseer vir ’n pensioen nie.

Die voordele is gemik op behoeftige oudstryders wat nie selfonderhoudend is of ’n ander pensioen ontvang nie.

“Toetse sal ook gedoen word om te bepaal of ’n oudsoldaat wat nie vir ’n pensioen kwalifiseer nie, moontlik vir ander voordele kwalifiseer.”

Soldate wat hulle kan regis-treer vir die departement van militêre veterane se datalys en wat om pensioene mag aansoek doen, sluit in voormalige lede van die ou weermag (SAW), ouddienspligtes, en oudstryders van die ANC se Umkhonto weSizwe (MK), die PAC se Azanian Peoples’ Liberation Army (Apla), veterane van die destydse verdedigingsmagte in die ou tuislande asook veterane van die destydse Azanian National Liberation Army (Azanla).

Hulle moes tussen 1960 en 1994 diens gedoen het.

Oudsoldate wat in die Tweede Wêreldoorlog geveg het, kwalifiseer ook. Voordele sluit in pensioene, behuisingsubsidies, die vervoer van kinders na skole en tersiêre instellings, mediese voordele en opleiding en ontwikkeling.

Giles sê veterane wat hulle vir die databasis registreer, gaan almal ’n medalje ontvang.

Hy sê die regering het altesaam R1,6?miljard vir voordele aan veterane bewillig. Altesaam 57000 veterane is reeds op die databasis geregistreer.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Karina

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2483
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Só werk pensioen vir weermag-veterane
« Antwoord #1 op: Julie 05, 2012, 12:21:45 pm »
Net behoeftige soldate? Kom ons noem maar die ding op sy naam, Geen BLANKE soldate sal kwalifiseer vir pensioen en voordele nie!!

Hoekom nie, want die blanke het voorsorg getref vir sy oudag en vir hom 'n pensioenfonds uitgeneem wat hy uit sy salaris betaal het elke maand, terwyl die sogenaamde "behoeftige" soldate elke maand hul salarisse verkwis het asof daar nie 'n môre is nie. Hulle lewe mos net van dag tot dag.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8194
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Só werk pensioen vir weermag-veterane
« Antwoord #2 op: Julie 05, 2012, 02:04:03 pm »
 
 
Mediaverklaring
 
Veterane pensioen, dekmantel vir finansiering van oud-terroriste
 
 
Nuwe wetgewing maak dit moontlik vir die regering om aan sogenaamde militêre veterane pensioen ten betaal. Die doel van die projek was oorspronklik om aan lede van MK en APLA, die terroriste organisasies wat terreurdade gepleeg het soos om bomme te plant vergoeding te gee. Weens druk is die oud SAW lede ingesluit maar blyk dit nou dat inkomste uit ander bronne 'n bepalende faktor sal wees of 'n sogenaamde veteraan kwalifiseer vir hierdie pensioen.
 
Plaasaanvallers se inkomste word nie verklaar nie en gevolglik sal hulle kwalifiseer vir hierdie pensioen. Dit beteken in wese dat plaasaanvallers nou gefinansier gaan word deur die regering, met belastingbetalers se geld.
 
Die tyd is naby dat belastingweerhouding oorweeg sal moet word as 'n manier van selfverdediging.
 
 
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal