Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Re: Gelofte fees  (Read 1971 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
Re: Gelofte fees
« op: July 31, 2007, 03:54:03 PM »
Ek het hierdie so pas per e-pos ontvang...plaas dit hier vir kennisname:

Goeiedag almal!

U ontvang hierdie epos want u het voorheen ingeteken op die APKerk.co.za poslys.

Ek wil graag die webwerf Bloedrivier.org onder almal se aandag bring, en vra dat elkeen van u hierdie epos ook sal aanstuur aan vriende en familie.
Ons het dringend nodig om hierdie boodskap oor die hele land en Namibi렵it te kry.

Ons herdenk volgende jaar die 170ste jaar na die slag van Bloedrivier. Die Bloedrivier Gelofte-herdenkingskomitee reel \'n simboliese wa-trek vanaf Pretoria na Bloedrivier vir 2008. Ander Geloftefeeskomitees word versoek om vanuit eie geledere, in samewerking (maar as in beheer) met hul plaaslike of streeks kultuurorganisasies hul eie simboliese wa-trekke te reel.

Hiervoor word \'n vergadering gehou by die Voortrekker Monument op 18 Augustus 2007 (minder as \'n maand), en wil ons alle betrokkenes en belangstellendes uitnooi om hierdie vergadering by te woon.

Besoek asseblief http://www.bloedrivier.org vir meer besonderhede.

Terwyl u op ons webwerf is, teken ook in op ons poslys by http://www.bloedrivier.org/index.php?cmd=posl
en maak ook asseblief seker dat u plaaslike Geloftefeeskomitee geregistreer is op die webwerf. U kan dit doen deur te gaan na:
http://www.bloedrivier.org/index.php?cmd=komi

Ten slotte wil ek weer \'n beroep op u doen om hierdie epos te help versprei deur dit aan te stuur aan AL u vriende en familielede.

Groete in Christus-

Willie Smith
vir APKerk.co.za

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Gelofte fees
« Antwoord #1 op: July 31, 2007, 03:58:34 PM »
Ek hoop dept Kuns en Kultuur sal 'n afgevaardige stuur na die vergadering die 18de Aug.

Van der Walt

  • Gas
Re: Gelofte fees
« Antwoord #2 op: July 31, 2007, 04:40:04 PM »
Walter

Dankie vir die kennisgewing.  Hier is die amptelike brief wat te vinde is op www.bloedrivier.org

« Laaste verandering : July 31, 2007, 04:48:51 PM deur Sannie van der Walt »

jeug

  • Gas
Re: Gelofte fees
« Antwoord #3 op: August 08, 2007, 09:05:38 PM »
Hey jeug, ons weet nie een hoe nie, maar ons kan altyd almal koppe bymekaar sit!

Cois, ek dink ons kan maar elkeen 'n idee hier plaas en sien wat te voorskyn kom. Ek is regtig opgewonde oor die idee.

Indien ons ons eie Geloftefees wil hou, verdien die volgende dringende aandag:
-Terrein wat so "sentraa;" moontlik is
-Bravo spreker
-Reelings vir verversings - al is dit bring en deel

Dit moet nou redelik vinnig gereel word

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Gelofte fees
« Antwoord #4 op: August 08, 2007, 11:17:44 PM »
Die terrein is nie so sentraal nie, maar die rede daarvoor is dat dit 'n Bravoland kanton is.  Wat die kos betref, sal dit seker dieselfde werk as die BBB te Stillerust, die ander Bravoland kanton. Ek wil net eers kyk of hierdie prinsiep werk.

Wat die sprekers en die program betref, die sal nog kom. Ek dink dit is 'n agendapunt op die volgende VR vergadering.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Gelofte fees
« Antwoord #5 op: October 08, 2007, 08:24:15 PM »
Minister Sannie, kan u asb. vir ons hier 'n uiteensetting gee van hoe die reelings vorder? Ek sal dit opreg waardeer as u my vroegtydig kan inlig waar die fees gehou gaan word, sodat ek die Volkshulp daarby kan aanpas.

Groete
Moed Vryheid Eer

Van der Walt

  • Gas
Re: Gelofte fees
« Antwoord #6 op: October 08, 2007, 09:37:00 PM »
Net ter bevestiging - Die ligging van die Geloftefees vir 2007 is bepaal - Ons gaan weer van Ben en Anneke se goedheid gebruik (of misbruik) maak, en by Lekkerus uitspan.  Die 16e Desember sal ons dan die Geloftefeesvieringe te Paardekraal bywoon.  Die feesreelings is as volg:  Die aand van die 15de Desember is daar 'n samesang en volkspele opvoering. Die 16de Desember is daar 'n diens en die voorlesing van die twee Geloftes.  Die sprekers sal later bekend gemaak word.

Dankie Ben en Anneke

Groete
Sannie


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal