Afrikanerfront nuus
Die Onteieningswet PDF Print E-mail
Written by Ben   
Saturday, 08 May 2010 17:55

Mediavrystelling: Die Onteieningswet

Die Afrikanerfront (AF) het met ontsteltenis kennis geneem dat die omstrede onteieningswet weer

aanstaande jaar in die Parlement ter tafel gelê gaan word.

Dié verwikkeling is nie onverwags nie. Toe die wet teruggetrek is, het ons gewaarsku dat dit net ‘n

tydelike skuif sou wees en dat volksgenote te wagte moes wees dat die Wet ná verlede jaar se

algemene verkiesing weer na vore gehaal sou word.

Daar word voorsien dat die wysigings wat nou aan die Wet aangebring word, van mindere

betekenis sal wees en dat die angels daarin behoue sal bly, aangesien dit die uitgesproke doel van

die ANC-regime is om “transformasie” te bespoedig en te vergemaklik.

Vir ons volk beteken “transformasie” eenvoudig dat ons vaderland en ons historiese erfenis verder

onder ons uit geroof en van ons vervreem word. Die AF is daartoe verbind om vryheidsgesinde

volksgenote saam te snoer en die Wet met die middele tot ons beskikking teen te staan.

Terwyl dit belangrik is om ons volk se stoflike en geestelike eiendomlike met al ons kragte te

behou en te beskerm, kan dit op die duur slegs gewaarborg word in ‘n eie soewereine staat wat op

Christelike beginsels gebou en regeer word en onder gesag van ons eie volk staan. Die verkiesing

van ‘n eie Volksraad is ‘n belangrike stap in die proses om dié doel te bereik en met die oog

daarop doen die AF ‘n beroep op volksgenote om in groot getalle op die volkskieserslys wat deur

die Volksraad Verkiesingskommissie (VVK) geadminstreer word, te registreer.

A.E. Breytenbach

 
Volksvergadering 13 April 2010 PDF Print E-mail
Written by Die Afrikaner   
Sunday, 02 May 2010 17:36
Die Afrikanervolk het tydens ‘n gesamentlike vergadering van die HNP, AWB en Verkennersbeweging op Dinsdag 13 April 2010 by die Willie Marais Afrikanersentrum in Pretoria, in groot mate sy padkaart na vryheid self uitgewerk.

Die drie sprekers het kardinale rigtinggewende punte aangedui, waarop die vergadering uiteindelik uitgebrei het ten einde rigting aan die pad vorentoe te gee.

Van die belangrikste sake waarin die sprekers rigting gegee het is:
Last Updated on Sunday, 02 May 2010 17:39
Read more...
 
Afrikanerfront verklaring 22 Mei 2009 PDF Print E-mail
Written by Ben   
Monday, 25 May 2009 09:16

Afrikanerfront

 

Mediaverklaring

  Die Bestuur van die Afrikanerfront het, in opdrag van die Afrikanerfront (AF) se algemene vergadering van 4 April vanjaar, byeen gekom om gestalte aan die nuwe werkswyse te gee. Tydens die vergadering van 24 April het die leiers van 24 volksorganisasies besluit dat die Afrikanerfront verskeie Volksdirektorate moet skep wat uiteindelik kan dien as ‘n uitvoerende volksadministrasie. Die volgende Direktorate is geïdentifiseer:

Last Updated on Monday, 25 May 2009 09:22
Read more...
 
Afrikanerfront-Mediaverklaring: 6 April 2009 PDF Print E-mail
Written by Ben   
Wednesday, 06 May 2009 08:54
Afrikanerfront

Mediaverklaring


Die Afrikanerfront, ‘n oorkoepelende organisasie van 24 volksorganisasies wat selfbeskikking en onafhanklikheid van die Afrikaner- of Boerevolk nastreef, het kennis geneem van die gesprek van die ANC-leier, mnr. Jacob Zuma, met verskeie Afrikaanse organisasies.  Die Afrikanerfront stel dit duidelik dat die Afrikaanse organisasies geen mandaat gehad het om namens die hele Afrikanervolk aan die gesprek deel te neem nie, en die feit dat ‘n meningsopname deur Beeld daarop gedui het dat soveel as 97% van die respondente Zuma as ‘n manteldraaier beskou en hom nie vertrou nie, kan ‘n aanduiding wees dat van die organisasies wat aan die gesprek deelgeneem het, uit voeling is met die gevoel van hulle lede.

 
Die Afrikanerfront het egter met waardering kennis geneem van die feit dat die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) dit uitdruklik aan Zuma gestel het dat ‘n beduidende deel van die Afrikanervolk nie daarin belangstel om in een staat met die ANC-president te woon nie, en dat die Afrikaner sy eis op selfbeskikking nooit sal laat vaar nie.

 
Tydens die Afrikanerfront se vergadering wat Saterdag in Pretoria plaasgevind het, is besluit om solank ‘n uitvoerende gesag daar te stel wat Afrikaners se belange kan bevorder.  Verskillende Direktorate sal binne die volgende twee maande gevestig word, waaronder ‘n Direktoraat vir Volksonderwys, ‘n Direktoraat vir Volksveiligheid, ‘n Direktoraat vir Volksekonomie en verskeie ander.

 
Sodra die VVK sy Volksraadsverkiesing suksesvol afgehandel het, sal dit die wetgewende gesag uitmaak wat dan saam met die uitvoerende gesag sal werk, wat nou reeds in plek gestel word.

 
Daar is ook besluit dat Afrikaner studente op die tradisioneel Afrikaanse universiteite, saamgesnoer sal word in ‘n nuwe Afrikaner Studente-organisasie wat hulle sal bystaan met sake wat vir hulle van belang is.


Henk van de Graaf

Sekretaris
Last Updated on Wednesday, 06 May 2009 22:08
 
Die Doel van die Afrikanerfront PDF Print E-mail
Written by Ben   
Tuesday, 05 May 2009 18:21

Afrikanerfront

Die doel is die herstel van die Afrikanervolk se vryheid in ‘n eie soewereine staat. Ons wil dit bereik deur:

 

(a)  vryheidsgesinde Afrikaners in eendragtige optrede ter bereiking van dié doel saam te snoer.  Die optrede behels alle geoorloofde middele wat die bereiking van dié ideaal bevorder, insluitende ordelike versetoptrede teen handelinge van die regime of enige ander instansie wat hierdie ideaal onderdruk, teenstaan of misken

 

(b) saamwerkende volksorganisasies te ondersteun sonder inperking van elkeen se outonomie.

Last Updated on Thursday, 07 May 2009 22:03