Header image alt text

Welkom in Bravoland

Uit die Volk , vir die Volk

Dit is alom bekend dat die ANC/SAKP regime besig is om die strop om die nek van sy teenstanders te kry. Uiteindelik sal die totale kommunistiese ideologie toegepas word in Suid-Afrika onder die dekmantel van die nuwe “demokrasie” in die Nuwe Land.

 Die strop raak al nouer. Tot hede kon verontregte blankes hulle wend tot die howe (diegene wat dit finansieel kon bekostig). Die laaste remedie is besig om verlore te gaan. Die regbank is nie meer die regbank nie want te veel sake word op vreemde wyse tot beslissing gebring.

 Daarmee as agtergrond, kan ons sien wat vorentoe gaan gebeur. Die nuwe Muilbandwet gaan die media, en in besonder Die Vryburger, aan bande lê om nie te rapporteer oor korrupsie, ANC-parlementariërs se wandade, die onreg teenoor blankes in die werkplek, die diefstal van blanke eiendom en wat nog meer genoem kan word nie.

 Ja, dit klink absurd – dit klink na valse propaganda, dit klink na regses wat wil terug gryp na apartheid….

 As die howe jou nie meer ’n regverdige verhoor gee nie en as die media ook nie mag rapporteer oor die onreg teen jou nie, en as jy dan maar moet staan en toekyk hoe jy onteien word “in belang van Suid-Afrika”, dan het dit nag geword vir enige Boere-Afrikaner wat kan onderskei tussen reg en verkeerd.

 Wat gaan in plek kom van dit wat tot hiertoe nog gegeld het?

 Jy kan “wettig” onteien word van ’n woonhuis, ’n plaas, of ’n sakeonderneming. In belang van die land se veiligheid mag daardie onteiening nie deur die media bekend gemaak word nie. Beskik jy oor die geld, wend jy jou tot die howe – wat jou nie goedgesind is nie.

 Die oplossing: Die vryheidliewende volksgenote moet ’n eie land, ’n eie regering en ’n eie infrastruktuur kry om werklik ’n vrye volk te wees.

 Die VVK het aangekondig dat ’n volksverkiesing weer in 2014 gehou moet word om weer ’n Boere-Afrikaner Volksraad aan te wys. Dit maak een saak baie belangrik. Die Boere-Afrikaners sal moet sorg dat hulle name op die kieserslys vir die VVK volkstemming is.

 Sterk vryheidsmanne en vroue moet beskikbaar wees as kandidate om die veldtog tot vryheid vir ons volk verder te neem.

 Volksgenote moet nou, met veel groter erns, die Oranje-Projek van Oranje Sake Instituut met oorgawe steun. Dit beteken dat instellings soos Oranjekas en Oranje Sakekamers sterk ondersteun moet word.

 Meer sakekamers moet gestig word. Meer persone uit ons volk moet nou met erns, meer aandele koop in Oranjekas. Groter ondersteuning sal nodig wees in Oranje Nywerheids Ontwikkelings Kooperasie (ONOK) sodat ons op elke terrein finansieel sterker kan word.

 Selfs Die Vryburger verdien groter finansiële steun want die Muilbandwet gaan ook ’n negatiewe invloed uitoefen op die finansies.

 ’n Nuwe benadering sal nodig wees om behoudende regslui saam te snoer ten einde ’n kragtige weerstand te vestig om strydende volksgenote te beskerm teen onregmatige handelinge.

 ’n Subkomitee behoort aangewys te word deur die Boere-Afrikaner Volksraad wat nou indringend kan kyk na alle moontlikhede om ’n grondgebied te identifiseer en saam daarmee ’n gesaghebbende dokument op te stel wat sal dien as geregverdigde motivering en handeling om daardie gebied te bekom, te bewoon en te bewerk as soewereine onafhanklike gebied.

 Die tyd van toeskouer speel en grootbek wees, is verby – slegs daadkrag sal van waarde wees!

Dit is alom bekend dat die ANC/SAKP regime besig is om die strop om die nek van sy teenstanders te kry. Uiteindelik sal die totale kommunistiese ideologie toegepas word in Suid-Afrika onder die dekmantel van die nuwe “demokrasie” in die Nuwe Land.Die strop raak al nouer. Tot hede kon verontregte blankes hulle wend tot die howe (diegene wat dit finansieel kon bekostig). Die laaste remedie is besig om verlore te gaan. Die regbank is nie meer die regbank nie want te veel sake word op vreemde wyse tot beslissing gebring.

 Daarmee as agtergrond, kan ons sien wat vorentoe gaan gebeur. Die nuwe Muilbandwet gaan die media, en in besonder Die Vryburger aan bande le om nie te rapporteer oor korrupsie, ANC-parlementariers se wandade, die onreg teenoor blankes in die werkplek, die diefstal van blanke eiendom en wat nog meer genoem kan word.

 Ja, dit klink absurd – dit klink na valse propaganda, dit klink na regses wat wil terug gryp na apartheid….

 As die howe jou nie meer ’n regverdige verhoor gee nie en as die media ook nie mag rapporteer oor die onreg teen jou nie, en as jy dan maar moet staan en toekyk hoe jy onteien word “in belang van Suid-Afrika”, dan het dit nag geword vir enige Boere-Afrikaner wat kan onderskei tussen reg en verkeerd.

 Wat gaan in plek kom van dit wat tot hiertoe nog gegeld het?

 Jy kan “wettig” onteien word van ’n woonhuis, ’n plaas, of ’n sakeonderneming. In belang van die land se veiligheid mag daardie onteiening nie deur die media bekend gemaak word nie. Beskik jy oor die geld, wend jy jou tot die howe – wat jou nie goedgesind is nie.

 Die oplossing: Die vryheidsliewende volksgenote moet ’n eie land, ’n eie regering en ’n eie infrastruktuur kry om werklik ’n vrye volk te wees.

 Die VVK het aangekondig dat ’n volksverkiesing weer in 2014 gehou moet word om weer ’n Boere-Afrikaner Volksraad aan te wys. Dit maak een saak baie belangrik. Die Boere-Afrikaners sal moet sorg dat hulle name op die kieserslys vir die VVK volkstemming is.

 Sterk vryheidsmanne en vroue moet beskikbaar wees as kandidate om die veldtog tot vryheid vir ons volk verder te neem.

 Volksgenote moet nou, met veel groter erns, die Oranje-Projek van Oranje Sake Instituut met oorgawe steun. Dit beteken dat instellings soos Oranjekas en Oranje Sakekamers sterk ondersteun moet word.

 Meer sakekamers moet gestig word. Meer persone uit ons volk moet nou met erns, meer aandele koop in Oranjekas. Groter ondersteuning sal nodig wees in Oranje Nywerheids Ontwikkelings Kooperasie (ONOK) sodat ons op elke terrein finansieel sterker kan word.

 Selfs Die Vryburger verdien groter finansiële steun want die Muilbandwet gaan ook ’n negatiewe invloed uitoefen op die finansies.

 ’n Nuwe benadering sal nodig wees om behoudende regslui saam te snoer ten einde ’n kragtige weerstand te vestig om strydende volksgenote te beskerm teen onregmatige handelinge.

 ’n Subkomitee behoort aangewys te word deur die Boere-Afrikaner Volksraad wat nou indringend kan kyk na alle moontlikhede om ’n grondgebied te identifiseer en saam daarmee ’n gesaghebbende dokument op te stel wat sal dien as geregverdigde motivering en handeling om daardie gebied te bekom, te bewoon en te bewerk as soewereine onafhanklike gebied.

 Die tyd van toeskouer speel en grootbek wees, is verby – slegs daadkrag sal van waarde wees!

Die grap van 2013

By Clem de Klerk
Filed Under Bravoland, Uncategorized  | Tagged With: , , , | | 1 Comment»

’n Brief in die volkskoerant, Die Vryburger, het talle mense ontstel en ander weer laat glimlag.

 Die briefskrywer raak kortliks aan die onderwerp wat die GHA se siening is oor volksleiers, soos uiteengesit in hulle nuwe dagboek wat te koop aangebied word. .

 In die dagboek is daar ’n klompie mense wat werklik nie voldoen aan die omskrywing vir leiersfigure nie. Van wanneer is ’n ekonoom wat nêrens anders op die volksakker gesien of gehoor word, ’n volksleier? Is iemand wat ’n boek geskryf het, of dalk tien geskryf het, vanweë sy skryfkuns ’n volksleier?

 As dit iemand is wat ten nouste betrokke is by die volk se werksaamhede en sy stryd om die volk tot vryheid te lei, dan het so ’n persoon reeds ’n paar punte versamel. Dit maak nog nie van die persoon ’n volksleier nie!

 Wat dan van iemand wat in die kamp van die liberaliste is – is dit ’n volksleier?

 Iemand lewer toe kommentaar op Bravoland se forum en spreek hom duidelik uit dat mense soos Flip Buys, Willie Spies, Gert Opperman, Marinus Wiechers, Marianne Roos, Kallie Kriel of Jaco Kleynhans bepaald nie sy volksleiers is nie!

 Dit is heelwaarskynlik die algemene siening en standpunt van Bravolanders. Dit is waarskynlik ook die mening van die deursnit Boere-Afrikaners!

 Dit laat die vraag ontstaan: Wat sou die GHA daartoe beweeg het om sy dagboek in te klee met mense waarvan ’n deel sterk behoudende volksgenote is en ander is links-liberaal, maar hulle is volksleiers – of hulle iewers betrokke is in die volk se stryd al dan nie!

 Dit kon tog nie  wees omdat hulle die aantyging wou besweer “dat die Afrikaners nie oor volksleiers beskik nie?”

 Daar moet ’n ander rede ook wees – maar wat dit is, kan hoogstens geraai word.

 Miskien is dit ’n gawe manier om die dagboek verkoop te kry?  

 ’n Mens wil onwillekeurig met die briefskrywer in Die Vryburger saamstem:

Die GHA het sy naam krater gemaak.

 Iemand beduie toe en sê dit is seker die GHA se 2013 Aprilgrap. Iemand anders sê dit is ’n klap in die gesig van die volk. ’n Derde reken dit is vernederend en ’n vierde verwys daarna en sê dit mag die GHA se leiers wees, maar beslis nie syne nie.

 Wat maak van iemand ’n volksleier? Sekerlik iemand wat alom bekend geword het weens sy betrokkenheid by die volk se sake, sy gedrag en handelinge in die openbaar, sy ondersteuningsbasis uit die volk en sy geloofsoortuiging. Dit is maar enkele faktore uit ’n lang lys van faktore wat van belang is.

 Dit is jammer dat so ’n blaps gemaak is deur ’n kultuurorganisasie wat werklik van beter moet weet! Ons hoop die Boere-Afrikaners glimlag maar net oor die blaps.

Wik en weeg!

By Clem de Klerk
Filed Under Uncategorized  | | 2 Comments»

Om te wik en te weeg kan klink na ’n negatiewe besluitloosheid oor belangrike en selfs minder belangrike sake. Maar is dit werklik negatief?

 Om te wik en te weeg beteken ook dat daar nie getel word nie – daar word wel oorweeg en geweeg!

 Nou is dit so dat ’n paar mense blykbaar per geleentheid byeen gekom het om oor een belangrike saak met mekaar te praat – en hulle het die tersaaklike inligting wat na vore gekom het tydens die gesprek, gewik en geweeg, daarna ’n uiters belangrike besluit geneem.

 Dit was glo, volgens die bron wat dit bekend gemaak het, ’n besluit wat verrykende gevolge sou inhou vir ons volkie….

 Die besluit is geneem om Die Vryburger as volkskoerant tot stand te bring.

 Nou kan ek sonder vrees vir teenspraak sê : Die mense wat daardie besluit geneem het nadat hulle die feite oordink het, toe gewik en geweeg het, het heelwaarskynlik hul huiswerk deeglik gedoen, want dit was nie net ’n wonderlike gedagte nie, dit was ook ’n tydige en ’n wyse besluit …

 Die besluit is waarskynlik net so weldeurdag as die besluite wat geneem is toe Oranjekas en Oranje Sake Instituut tot stand gebring is. Net soos wat daardie instellings in belang van die volksekonomie is om ons volk op die pad na volkome vryheid te plaas, net so is die koms van Die Vryburger tydig en doelmatig.

 Die gewik en geweeg het wysheid gebaar. As dit nie tot hede besef is nie, dan het die wysheid van die besluit nou duidelik geword, want skielik wil al wat Afrikaanse koerant is, Die Vryburger se voorbeeld navolg.

 Met een verskil: Die Vryburger is sonder geld tot stand gebring en te midde daarvan, gratis aan sy lesers beskikbaar.

 Die geld baronne van die reuse in die Afrikaanse koerantwese gaan hulle e-koerante se inhoud beskikbaar stel teen betaling – blykbaar kos dit R100 per maand vir nie minder as 15 verskillende e-tydskrifte nie.

 Vir my wil dit lyk asof duisende lesers van daardie links-liberale koerante uiteindelik maar genoodsaak sal wees om Die Vryburger as hul bron van inligting te gebruik!

 Een besondere les kan ons hieruit leer: Volkseie inisiatief verdien ons ondersteuning, ons samewerking en ons ywer om dié nuweling sterker en beter te maak.

 Hoe doen ons dit?  Ons lees die koerant, ons vertel almal rondom ons daarvan, ons maak ons bydraes deur nuuswaardige inligting aan hulle te stuur, en so dan en wan wik en weeg ons en stuur ’n paar Rand vir hierdie klomp manne en vroue wat baanbrekerswerk verrig!

Kleinserig?

By Clem de Klerk
Filed Under Bravoland  | | 1 Comment»

Daar was ’n tyd toe die Nasionale Party van PW en FW redelik liggeraak was as iemand dit sou waag om kritiek te lewer op die doen en late van die leiers en hul Party in die algemeen.

 Heelwat later sou Boere-Afrikaners ’n nog meer liggeraakte lot ontdek. Dit is die Nuwe Ruwe Suid-Afrika se regeerders met hulle kamtige nuwe demokrasie van onderdrukking en diewery…

 Die ANC / SAKP alliansie hou niks van kritiek nie – of dit geregverdig is, is nie belangrik nie. Kritiek dui op ondergrawing van die kommunis se nuwe demokrasie.

 Om te dink jy kan jou uitspreek oor moorddadigheid, of oor korrupsie, is so goed as om die regeerders te vloek – dit word net nie geduld nie. Waag dit om die President se doen en late te bevraagteken en jy word heel gou gebrandmerk as een wat apartheid wil terug wens in die nuwe demokrasie waar onreg die norm is…

 En nou, sowat ’n week gelede vind ons nog ’n klompie wat uiters, werklik uiters sensitief is vir enige vorm van kritiek. Dit het daartoe bygedra dat ’n hewige debat ontketen is, maar die spannetjie wat die kritiek wou afweer, was hopeloos te klein, en te eina-eina in hulle argumente om die stortvloed van kritici te oortuig of te snoer.

 Dit is die drietjies waarna ek verwys – wat in Die Vryburger alles probeer het om die duisende lesers te oortuig van iets – nugter weet wat – want die argumente het later deur tweetjies van die drietjies geëindig by beskuldigings teen Die Vryburger dat hulle ’n spul is uit die kamp van die regering se NI korps.

 Die optrede van die tweetjies in besonder het ’n mens onwillekeurig terug geneem na die dae toe ou FW mense beskuldig het van verraad terwyl hy self daarmee doenig was.

 Die debat het een ding na vore gebring: Die Soliforum klomp hou nie daarvan dat hulle multikulturele samestelling bekend gemaak word nie. Die feit dat hulle by geleentheid ewe netjies gestaan het by die aanhoor van die volksvreemde lied, is ook iets wat liefs nêrens genoem moet word nie…

 Dan die belangrikste: Moenie die liggeraaktes reguit vrae vra nie, dit is lastig en ’n mors van goeie suurstof, want jy gaan nie ’n reguit antwoord kry nie – jy gaan iets van FW beleef, iets soos ’n beskuldiging dat jy ’n NI agentjie is.

 Oor jare het behoudendes dit duidelik omskryf: Dit is gewoon kleinserigheid. Of is dit dalk ’n misleiding wat probeer word – ons veg vir jou regte, ongeag jou ras, want ons is self veelrassig!

 Kom ons gee die briefskrywer wat die debat veroorsaak het met sy brief darem die kompliment dat hy op die liddoring getrap het wat tot hede redelik goed verbloem was.

 Miskien kom ander briefskrywers ook mettertyd na vore met iets wat sinvolle debat ontlok, en wat daarmee saam die waarheid na vore bring. Al is daar kleinserigheid by enkeles te bespeur!